|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 107
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Dit doel van die berge
107 Nou vra Markus My nog eens: “Heer en Leraar, is dit ook nie merkwaardig dat die hoogste berge, waarvan die ronde en spitstoppe in die algemeen `n uur vroeër deur die son beskyn word en dus ook `n langer dag het as die dale, met ewige sneeu en ys bedek is, terwyl dit in die dale en vlakte warm en in die somer dikwels onverdraaglik warm word? By ons in Europa, in die weste van ons ryk, bestaan Alpe wat geen menslike oog ooit sonder sneeu en ys gesien het nie, terwyl dit in die vlaktes en in die baie dale tussen die hoë Alpe baie warm is; ja selfs in ons Sicilië het ons `n berg, wat van binne ook nog vol vuur is, dit moet wel wees, want op baie plekke rook en damp hy gedurig, en tog is sy hoogste top voortdurend met sneeu bedek. Wel, wat is nou die rede daarvoor?”
[2] Ek sê: “Ook al vertel Ek jou die ware rede, dan sou jy dit tog nie begryp nie; maar omdat jy dit My nou eenmaal gevra het, moet Ek jou wel `n antwoord gee.
[3] Kyk, as jy `n stuk metaal en tegelykertyd en stuk sagte hout in die son lê, sal hy al na `n paar uur die metaal so sterk verwarm het, dat jy nouliks met jou hand daaraan sal kan voel, maar by die sagte hout sal jy nouliks enige warmte kan waarneem.
[4] Wanneer jy byvoorbeeld die swart en klipperige oewers van die Dooie See rondom die middaguur voel, sal jy merk dat dit bykans gloeiend warm is; en as jy die water daarnaas voel, dan sal jy dit vergeleke by die oewers koud vind. Dan sou jy ook kan vra: “Ja, Heer en Leraar, hoe kan dit eintlik wees? Waarom word die metaal en die swart gesteente so sterk deur die sonstrale verwarm, terwyl daar in dieselfde tyd by die sagte hout en veral die water byna nog niks van `n besondere verwarming te bespeur is nie?”
[5] Daarop kan Ek jou, omdat by jou die voorbereidende kennis nog ontbreek, maar net sê dat kompakte liggame baie geskikter is om warmte uit die lig op te neem as die minder kompakte. En so is ook die lug `n liggaam, wat op sigself die eienskap het dat dit laer by die aarde deur die druk van die boonste, daarop liggende luglae kompakter is as hoër op in die berge; en omdat die lug laer by die aarde dus baie kompakter is as hoër op in die berge en Alpe, is dit dan ook beter te verwarm as op die groot hoogte. Kyk, dit is die baie gewone, natuurlike en vir jou nog maklikste te verstane rede waarom dit hoog in die berge, ook al skyn die son langer daar, kouer is as in die dieptes en dale!
[6] Maar daar is natuurlik ook nog ander redes wat jy, ook al sou Ek dit aan jou noem, nou nie sou kan begryp nie. Maar daar sal nog tye kom dat die mens ook die diepere redes vir dergelike verskynsels baie helder sal ontdek, bereken en insien; maar daarom sal hulle nie nader na die ryk van God wees as wat jy nou is nie, wat die baie ervare staatsliede nog lank nie sal begryp, wat in die tyd die kinders al baie goed sal kan insien en begryp nie, maar dergelike natuurkundige en wêreldse geleerdes sal hulle baie ver van die ryk van God bevind, en as hulle dit sal soek in die onthulde krag van die natuurlike wêreld, sal hulle dit moeilik of glad nie vind nie. Soek daarom boonop in julleself die ware ryk van God en sy geregtigheid; al die ander sal julle op die regte tyd vanself as `n vrye toegif ontvang!
[7] Maar die volgende kan julle daarby as `n goeie ooreenkomstige beeld onthou! Die spits en ronde toppe van die berge lyk soos die wysgere, wat baie verstandelike lig het, - maar daarby baie verwaand, trots en hooghartig is en met veragting neerkyk op die ongeleerde wêreld, ja, hulle voel hulle selfs verhewe bo hulle gelykwaardige geleerdes, wie se verhewe posisie in die maatskaplike lewe miskien nie op gelyke hoogte met hulle s`n staan nie, ook al oortref hierdie minder hooggeplaastes hulle in vrugbare geleerdheid.
[8] En kyk, daarvan is die baie hoë berge `n voortreflike voorbeeld! Hoe hoër `n berg is en hoe wyer die uitsig wat mens van sy hoogste top kan hê, hoe onvrugbaarder is so `n berg ook en koud en met sneeu en ys bedek. Nie eens `n verskrompelde mosplantjie sal byvoorbeeld op die hoogste top van die Ararat wees nie; maar op die baie laere hoogtes, in daardie omgewing sal julle wel allerlei mos- en ander rotsplantjies aantref, op die nog laere gedeeltes, reeds allerlei soorte gras en alpekruie en nog meer na benede al struike en bome.
[9] En so is dit ook gestel met al die vername wysgere en natuurkundiges, veral as hulle, vanweë hulle geleerdheid, bowendien nog deur die staat in `n hoë posisie geplaas is; is hulle vol eiedunk, vol hoogmoed, kyk op alles neer, is daarom koud en gevoelloos, en het geen liefde nie, behalwe die starre liefde vir hulleself en vir hulle eie hoogheid. Maar daarom is hulle ook, ondanks hulle lig, wat geen lewenswarmte bevat nie, volkome onvrugbaar en dien die hoof van die staat weliswaar as `n soort paradeperd, maar prakties gesproke dien hy tot weinig of meestal heeltemal niks nie, terwyl die laer geplaastes wel werk en deur die praktiese toegepaste kennis van nut is vir die staat, en die nog laer geplaastes nog meer werk en die staat en die mens ook onteenseglik van nog baie meer nut is.
[10] So is die hoë berge in `n land weliswaar pragtig om te sien, en die reisiger wat hulle in die oog kry, verbaas hom oor hulle hoogte; maar as mens die ekonomiese vraag sou stel watter praktiese nut die land van sy hoë berge het en watter vrugte hulle oplewer, sal die antwoord daarop beslis net so kaal en magtiger uitval as wat die hoë berge self is.
[11] Daarmee wil Ek nie sê dat die hoë en hoogste berge van die aarde volkome nutteloos en doelloos sou wees nie. Met betrekking tot die hele aarde is hulle uiters noodsaaklik, want hulle dwing die atmosferiese lug daartoe om hulle saam met die hele aarde in die vaste tyd van dag en nag om haar middelpunt te draai, omdat vanweë die hewigheid van die permanente lugstroming geen skepsel anders sou kan bestaan nie. Want hier, waar ons onsself nou bevind, is die beweging van die aarde om haar as al so vinnig dat ons elke oomblik ongeveer twee uur van die weste na die ooste verplaas word.
[12] As die aarde nou heeltemal glad sou wees en geen berge en heuwels sou gehad het nie, dan sou die lug wat haar omgeef, in `n sekere sin stilgestaan het en nie met die aarde saam beweeg het nie; maar die stilstaan van die lug sou dan tog nog `n voortdurende stroom van die lug teweeg gebring het, wat selfs die hewigste orkane verreweg sou oortref, waarby, soos ook gesê, op die oppervlak van die aarde die lewe en bestaan van skepsele absoluut onmoontlik sou maak.
[13] Maar omdat die aarde nou veral in die omgewing van haar middelste gordel, wat bygevolg ook die gordel van die grootste draaiing is en wat die latere geoloë, ekwator (ewenaar) sal noem, tewens meestal in wyd uitgestrekte kettings die hoogste berge besit, waarvan die toppe ver bo die wolke uitsteek, dwing dit die lug tot `n voortdurende saam beweeg om die as van die aarde, en daarom merk julle niks van die baie hewige lugstrominge nie; maar dat die lug desondanks af en toe in `n stroming raak, wat soos nou ook vanmôre as wind waarneembaar was, daarvan het Ek julle al die oorsaak en die rede van ontstaan getoon en Ek hoef nou nie weer daaroor te praat nie.
[14] Kyk, dit is dan nou die een nuttige doel van die hoë berge, uiteengesit met betrekking tot die hele aarde! Maar daarnaas het die hoë berge, en eweso hulle sneeu en ys, `n aantal ander doeleindes, wat ook deur die latere natuurkundiges ontdek sal word; maar vir julle is dit nou nog nie die tyd om in alle geheime van die natuurlike wêreld ingewy te word nie; en al sou Ek dit vir julle vertel en verklaar, dan sou julle dit nie kan vat nie, omdat die nodige voorbereidende kennis julle daarvoor ontbreek.
[15] Ek kan julle alleen nog sê dat in en rondom die aarde `n voortdurende onsigbare krag stroom, wat uiters noodsaaklik is vir die tot lewe wek van die minerale-, die plante- en die dierewêreld, waartoe ook die mens behoort wat sy liggaam betref, en die krag word eweneens gereël en gelei deur die berge en hulle plantegroei, natuur en gesteldheid, vandaar dat die bewoners van die berge ook altyd gesonder en kragtiger is as die bewoners van die groot vlakte en diep dale.
[16] Daarmee was Ek nou vanmôre `n natuurleraar vir julle gewees, vir sover dit voorlopig vir julle nodig is, sodat julle nie in julle ou dwalinge hoef te bly nie; maar wanneer die gees van die volle waarheid en van die lewe in julle één sal word met julle siel, dan sal dit julle wel verder in alle wysheid binnelei. - Het julle dit goed verstaan?”
|
|
|
|
|