Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die eerste twee ontwikkelingsperiodes van die aarde

71 (Die Heer:) “Toe die aarde in haar oertyd nog maar sover uitgegroei was dat slegs enkele groter en kleinere eilande hulle bo haar water verhef het, wat met slik van die see bedek was, het Ek vinnig vanuit My Wysheid en My wil allerlei plantesade in die vrugbare slik geplaas. En sien, toe raak dergelike eilande toe ook weldra begroeid, en wel eers met allerlei seldsame grassoorte, kruie en met klein en later ook buitengewone groot bome!

[2] Toe die eilande so begroei was, lê Ek vervolgens ook eiers of sade in vir die vorming van `n dierewêreld, wat geskik sou wees vir so `n toestand op die aarde, wat eers slegs uit allerlei klein en daarna groter wurms bestaan het, vervolgens uit insekte en ten slotte, toe die droër geworde bodem reeds voedsel in oorvloed gehad het, ook uit reusagtige groot diere; hulle taak was om hulle met die nog baie growwe kruie en boomtakke te voed, en die bodem meer en meer met hulle mis te bemes en ten slotte ook met hulle gestorwe reusagtige groot liggame, waarvan julle van die bene ook nog oorblyfsels kan vind in die diep gate en skagte van die aarde. 

[3] Uit die vergaan van sulke diere ontwikkel daar volgens My wil ook weer `n groot aantal nuwe diere, in die vorm van kleiner en groter wurms en daaruit weer allerlei insekte.

[4] Laat ons dit nou `n afsonderlike ontwikkelingsperiode van die aarde noem. Maar dit spreek natuurlik vanself dat die aardliggaam vooraf al byna tallose kere allerlei vroeëre veranderinge moes ondergaan, omdat hierdie toestand nooit sonder hierdie prosesse kon plaasvind nie. Maar al dergelike gebeurtenisse gaan julle net so min aan as byvoorbeeld die koringsaad wat in die aarde ingelê word tot op die oomblik dat `n baie bruikbare, geheel ryp en geseënde vrug uiteindelik uit die kiem tevoorskyn kom. Kortom, Ek het julle nou die aarde getoon in haar eerste bevrugtings- en bloeiperiode, waarin daar in die boonste laag van haar bodem allerlei sade vir kruie en bome gelê was en eiers vir allerlei diere, en vir dit alles was die basis reeds lank daarvoor in die water gelê; want bepaalde en baie uiteenlopende waterplante en -diere is duidelik in alle opsigte baie ouer as die diere van die vaste aarde en die diere van die lug.  

[5] Julle het nou in My woorde die eerste vorming van `n vrugbare bodem aanskou, en daarby moet julle julleself voorstel dat daar vir beter diere, laat staan vir `n mens, op hierdie vrugbare oerbodem geen bestaansmoontlikheid was nie. Maar hierdie suur toestand was nietemin noodsaaklik, omdat daar sonder hierdie toestand geen tweede en meer volmaakte kon volg nie, ewemin as wat daar sonder die voorafgaande skraal suur knop nooit `n ryper en uiteindelik heeltemal ryp vrug aan `n boom tevoorskyn kan kom nie.

[6] Maar vir die rypword van `n boomvrug is daar na die vorming van die skraal suur knop tog seker nog `n aantal ontwikkeling­stappe nodig, wat natuurlik net My oog presies kan waarneem; en dit is sekerlik by die rypingsproses van `n hemelliggaam, eens te meer absoluut noodsaaklik die geval.

[7] Ons het nou die ontwikkeling van die aarde gesien tot op die stadium van `n skraal suur knop. Wat gebeur daar eintlik by `n boom in die vroeë voorjaar, wanneer die skraal suur knop heeltemal opswel en groen en sappig word? Kyk, dit spring oop, van binne af daartoe aangesit, werp haar eerste omhulling in `n sekere sin oorboord in die see van verganklikheid en oplossing, en ontplooi haar tot `n groter volmaaktheid, sodat die blare vervolgens uit haar midde kan ontvou, as noodsaaklike begeleiers van die daarop volgende bloei, en dit lei tot die ontwikkeling van die vrug. Al is `n boom, soos ook reeds opgemerk, maar `n uiterste skamel vergelyking vir die ontwikkeling van `n hemelliggaam, tog kan hy julle tot `n goeie beeld dien, waaruit julle in baie vereenvoudigde vorm kan aflei hoeveel daarvoor nodig is, voordat `n hemelliggaam geskik word om mense van julle soort te dra en te voed.

[8] Hierdie eerste periode of die eerste fase, van die op `n nog baie growwe en ongekultiveerde manier vrugbaar maak van die aarde, het na baie duisendmaal duisende jare ten einde geloop, soos wat julle dit nou ook op aarde bereken; want destyds het daar vir hierdie aarde nog geen bepaalde jaargetye bestaan nie, en dit wat al daar was, het ietwat langer geduur as die van nou. 

[9] Wat ons in die eerste periode gesien het, gaan ten onder as gevolg van toegelate en, nog beter gesê, noukeurige bepaalde storms van vuur uit die ingewande van die aarde, en na `n groot aantal aardse jare soos ons dit ook nou ken verhef groter stukke land hulleself uit die dieptes van die seë van die aarde, reeds voorsien van berge, en bedek met `n reeds baie vrugbaarder slik.

[10] Op die korrekte tyd word vanuit My wysheid en My wil meer volmaakte sade in die slik gelê, en weldra begin dit al weelderig daaruit te sien op die groter stukke land van die aarde wat nog altyd jonk was. 

[11] Toe daar nou nogmaals op die verskillende groter stukke land voedsel in groot hoeveelhede was, word daar deur My ook dadelik in die mees wyse ordening vir `n groter aantal reeds meer ontwikkelde, klein en groot verbruikers gesorg. Die water tussen die stukke land word deur groter diere bewoon, en die groter stukke land kry hulle groot diere, hulle eet wat die bodem aan nuwe plante, kruie en bome hulle bied.

[12] Grasse, plante, kruie, struike en reusagtige groot bome bring toe al dikwels saad voort en kon hulleself voortplant; maar die grootste deel groei nog altyd net soos die paddestoele uit die vrugdraende grond van die stukke land. Die diere het op nagenoeg dieselfde manier as julle bekende krokodille van die rivier die Nyl in Egipte ontstaan, naamlik uit eiers; hulle kon sowel in die lug, as in die water gelewe het en het hulle ook gevoed met waterplante en plante op die stukke land, waar dit egter ook nog lank nie al te droog daar uitgesien het nie. 

[13] In hierdie voortskrydende ontwikkelingsperiode van die aarde, wat op `n bepaalde manier van belang was vir die vrugdraende plante- en dierelewe, kon dit daar naamlik ewemin behaaglik droog uitgesien het, as by die meer en meer ontvouende knoppe van die boom; want as dit daar droog sou wees, dan sien dit daar met die bloei en die daarop volgende vrugsetting seker nie al te goed uit nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205