|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 117
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die herbergier vertel oor die eerste besoek van die Heer
117 (Die Heer:) “Kyk, `n jaar gelede was Ek hier en het toe in die omgewing baie lammes, kreupeles en blindes genees! Toe Ek vervolgens na Galilea trek, gaan daar baie van die volk saam met My tot in Kapernaum. Die volk wou My onderweg tot koning verhef, omdat hulle die tekens gesien het wat Ek gedoen het. Maar toe Ek hulle in Kapernaum in `n sinagoge getrou diepsinnige woorde uit die Gees laat hoor, begin hulle hulle almal te vererg, en sê dat dit `n harde leer was, en vra hulle af wie dit moes hoor en begryp, waarop hulle My verlaat het en weer na hulle huise gegaan het. Aangesien jy sommiges van hulle ken en sekerlik ook baie daaroor gepraat het, sou Ek nou graag van jou wil hoor hoe hierdie mense nou oor My oordeel.”
[2] Die herbergier sê: “O Heer, wat die hart en niere van die mens toets, wat sal Ek U nou nog kan vertel wat U waarskynlik eindeloos baie beter weet as ek!?”
[3] Ek sê: “Ja, My beste vriend, dit gaan nie daaroor of Ek dit al van lankal af weet of nie, maar dit gaan hier om die verligting van jou eie hart en die volledige suiwering van jou gedagtes en woorde, en daarom wil Ek graag hoor dat jy dit uitspreek! Bowendien sou dan in My bewussyn alle mense as`t ware stom moet rondloop, want diegene wat My eenmaal herken het, sal dan altyd daarvan kan uitgaan dat Ek alles weet wat daar in hulle omgaan.
[4] Maar Ek wil dat jy ook praat en openlik uiter wat daar in jou omgaan; en so kan jy nou in My teenwoordigheid ook alles kortliks vertel, wat jy so hier en daar van die mense gehoor het!”
[5] Die herbergier sê: “Ja, God, Heer en Leraar, dit sou alles wel in orde gewees het, as dit mooi was om alles wat die mense oor U sê, hier in die teenwoordigheid van hierdie mense aan U oor te vertel; maar die saak lê heelwat anders!”
[6] Ek sê: “Hoe dit ookal is, dit maak hier niks saak nie; spreek nou maar openlik!”
[7] Die herbergier hervat: “God, Heer en Leraar! Die mense met wie ek oor U gepraat het, sonder dat ek U geken het soos nou, sê dat `n groot profeet, wat in Jerusalem en ook in hierdie streek baie wyse leringe vir die volk voorgehou het, en wat ook sulke tekens gedoen het, in die besonder die genesing van allerlei soorte siekes, wat nog nooit voorheen deur `n mens gedoen was nie. Hierdie mense was die groot profeet - soos wat hulle U ook genoem het - baie toegedaan, volg hom per voet en beleef ook `n groot genoeë aan hom, omdat hulle baie goed ingesien het dat hy geen vriend van die reeds algemeen gehate Fariseërs was nie. Tot by Kapernaum het hulle niks aanstootlik aan hom gevind nie, behalwe dat hy op `n berg, waar hy hulle vooraf nog op wonderbaarlike wyse met `n paar brode en vissies gespysig het en hulle hom tot koning wou uitroep, maar vandaar het Hy weggegaan en sy ou leerlinge verlaat, maar later in die nag tog weer na hulle toe gekom, moontlikerwys op wonderbaarlike wyse op die golwende see, lopend asof dit droë land was.
[8] Almal was baie bly dat hy weer later gekom het en verheug hulle op die komende dag en op sy leringe en dade. Maar hierdie verwagtingsvolle vreugde was geheel tot niet gemaak; want die volgende dag het hy in `n sinagoge sulke onsinnige woorde tot die volk gespreek, dat selfs sy ou leerlinge hulle daaroor vererg het en hom op enkeles na, almal verlaat het, en so ook alle mense wat hom van hier af gevolg het. Want hulle was vas daarvan oortuig dat hy tot waansin verval het; want hy sou in sy toespraak almal in volle erns opgeroep het om sy vlees te eet en sy bloed te drink, waarsonder niemand die ewige lewe sou kon ontvang nie; want hy sou slegs diegene op die Jongste Dag tot die lewe opwek, wat sy vlees sou eet en sy bloed sou drink.
[9] Ja, dit was natuurlik wel ietwat te sterk, en ek kon die mense, wat andersins baie vir al die hoëre dinge oopgestaan het, egter nie kwalik geneem het dat hulle na die preek daarvandaan gegaan het en hulle teenswoordig nog bekla dat God dit toegelaat het dat so `n onmiskenbare groot profeet, aan wie die mense tog al soveel goed te danke gehad het, skielik waansinnig moes word.
[10] Maar as U dan so `n toespraak gehou het, dan wou U die mense daardeur sekerlik `n verborge waarheid meegedeel het, op die wyse van die ou profete, soos wat ek dit ook vir my voorgestel het. Maar as ek ook `n jaar gelede in die geselskap sou gewees het, sou ek ook seker ook met die ander daarvandaan weggegaan het.
[11] Maar nou kan ek my goed voorstel wat U die mense daarmee wou gesê het, en ek dink dat ons nou weldra U vlees en bloed materieel tot ons sal neem, soos ons ook nou geestelik uit U mond werklik U vlees en bloed tot ons geneem het. En so het ek dan nou volgens U wil sonder enige voorbehoud gespreek.”
[12] Ek prys toe die herbergier en alle aanwesiges beleef groot genoeë aan hom, en My ou leerlinge staan verbaas oor sy verstand, net soos die Romeine.
|
|
|
|
|