Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Gelykenis van die ryk van God

77 Nou sê die Romein Markus: “O Heer en Leraar, dit is vir my altans alles duidelik; maar ek sien nou ook baie duidelik in dat die mens, wat dit op een of ander manier sal hoor, dit nie sal aanneem en begryp nie; want daarvoor is daar enorm baie voorkennis nodig! Ons het dit nou in U aanwesigheid maklik, omdat U met behulp van U almag, liefde en wysheid alles so vir ons kan voorstel dat ons selfs die mees wonderbaarlike dinge kan begryp; maar ons is nie daartoe in staat nie, en dus sal ons hierdie wonderbaarlike dinge vanuit onsself moeilik of gladnie vir die ander mense begryplik kan maak nie.” 

[2] Ek sê: “Maar dit sê tog niks; want Ek het dit immers slegs aan julle onthul en bekend gemaak om die ryk van God beter te kan begryp. Aan diegene wat dit in die toekoms nodig sal hê om, vanweë die ryk van God, My werke beter te kan verstaan, sal My Gees in hulle dit wel onthul, en Sy sal hulle in alle Waarheid en Wysheid binnelei. Die ander mense doen egter al genoeg, as hulle in My glo en volgens My gebooie lewe en handel. Want weliswaar is daar baie geroep tot die ryk van God, maar daar is maar weiniges uitverkore, aan wie dit gegee is om die geheime van God se ryk te begryp.

[3] Maar as julle dit begryp, dan bestaan daar tussen My en julle en deur julle ook met die ander mense `n egte band, en aldus is Ek met julle, net soos julle in My is, en meer is voorlopig nie nodig nie.

[4] Die ryk van God is hier soos `n mosterdsaadjie, wat weliswaar één van die kleinste sade is, maar as dit in goeie aarde gesaai word, groei dit weldra uit tot `n egte boom, sodat die voëls van die hemele kan kom en hulle onder die takke en blare daarvan gaan nestel.

[5] My woord is nou daardie klein saadjie. Lê dit maar in die goeie harte van die mense, dan sal dit in hulle ook weldra ontwikkel tot `n boom, en onder die takke en blare daarvan sal die heldere insigte kom uit die hemele, en hulle intrek neem!

[6] So is My ryk ook te vergelyk met `n vrou wat, om brood te bak, drie mate meel neem en `n bietjie suurdeeg daaraan toevoeg. Toe sy vervolgens die deeg knie, word dit deur die klein bietjie suurdeeg tog weldra in die korrekte mate gesuur. Kyk, My woord is ook daarin weer die klein bietjie suurdeeg, gemeng deur baie meel, en dit is voldoende vir die insuur van baie meel! Gee daarom die mens in My Naam slegs soveel as wat voorlopig nodig is; My woord sal vervolgens die orige wel uit homself tot stand bring!

[7] Wie `n kind kry, hoef maar net te sorg vir die gesondheid daarvan; die groei hang alleen van My af.

[8] As julle My leer aan die mense deurgee in die waarheid wat julle van My ontvang het, wys hulle dan ook daarop dat mense die vrugte daarvan eers kan en sal oes, wanneer mens hom in sy hart volledig afgewend het van die liefde vir die wêreld en haar skatte; want die liefde vir die dinge van die wêreld is `n donkergrys wolk, wat hom steeds tussen die oë van die siel en die lig uit die hemele plaas!

[9] Om die rede het die meeste mense wel `n baie flou vermoede van iets hoër en bo die sinnelike, deur die swak skemering wat `n gevolg is van die suiwer, stralende hemelse lig agter die donkergrys wolk; maar omdat die genoemde wolk nie wyk nie, en in plaas van ligter meestal maar donkerder word, dikwels heeltemal duister, begryp hulle ook niks van die suiwer wysheid uit die hemele nie. Bygevolg is hulle dan ook steeds vol sorg, vol vrees en vol angs, glo in allerlei dom dinge en soek troos en gerusstelling by die dooie afgode en hulle priesters, omdat hulle nie die ware troos uit die hemele kan verwag vanweë die genoemde wolk wat nie verdwyn nie en bly lê tussen die oë van die siel en die son van die hemele. 

[10] Want kyk! Die mens is soos `n reisiger wat op `n sombere dag reis, wanneer daar digte newels oor dale en berge lê. Hoewel sulke newels die hele origens pragtige omgewing totaal onsigbaar maak, bestaan die omgewing wel; die suiwer beelde daarvan kan die oog van die reisiger nie bereik nie, en kan hy hom dus ook geen voorstelling vorm van wat die digte newel vir sy oë verberg nie. Hy kyk wel na die weg en sien aan die vae sigbare tekens op die weg dat hy waarskynlik wel op die goeie weg loop. Maar skielik kom daar afdraaipaadjies en dit vervul hom dan weer met vrees en sorg, omdat hy nie presies kan weet watter weg eintlik die goeie weg is nie. Hy wag, of daar nie `n ander reisiger hom tegemoet kom nie. En daar kom ook wel enkeles; maar dit gaan met hulle net soos met hom, wat wil hoor watter die goeie weg is. Die één dink dat die middelste weg waarskynlik wel na die genoemde plek sal lei; `n ander sê dat die weg wat na die genoemde plek gaan, na regs is; `n derde beweer die teendeel, en `n vierde gee die volgende mening: “Ons almal hier weet niks van die regte weg nie; laat ons daarom `n regsomkeer maak en op die plek bly vanwaar ons vertrek het, totdat die newel wegtrek; daarna kan ons ons tog met sekerheid begin!”  

[11] Kyk, die beeld laat julle nou baie goed sien, hoe dit teenswoordig met die meeste mense gaan op hulle reis na die ryk van God!

[12] Die pas genoemde newel van die liefde tot die wêreld bedek die suiwerste landskappe en velde, berge, dale, tuine en stede, strome, klein en groot riviere, mere en seë vir die oë van die siel. Laat dit daarom julle taak wees, omdat Ek die newel in julle weggevee het, dat julle ook dieselfde doen, veral by diegene aan wie julle My woord sal verkondig; want as julle dit agterweë sou laat, sou julle huise op sand bou; wat nie sou bly staan wanneer daar storms, wolkbreuke en oorstromings sou kom nie, maar dit sal instort en deur die rasende water meegesleur word. 

[13] Maar wanneer julle by die verbreiding van My woord eers die newel wegvee, sal julle huise op rotse bou; en ook al kom daar dan storms, wolkbreuke en oorstromings, dan sal dit die huise, wat op vaste rotse gebou is, nie kan skaad nie. 

[14] Kyk, niemand kan twee meesters dien wat mekaar vyandig gesind is nie; want hy moet óf die een óf die ander een kies en moet daarom ook `n vriend of `n vyand van die een of van die ander wees! So kan niemand ook die wêreld en haar dooie Mammon dien nie, en tegelyk ook nie God se lewende ryk nie; want dit is onmoontlik. 

[15] Daarom moet die een wat God se ryk wil dien, die ryk van die wêreld uit sy hart ban! Hoe dit moet gebeur, het Ek julle almal alreeds getoon, nie alleen met duidelike en lewende woorde nie, maar ook deur allerlei dade. Doen julle dan ook dieselfde, dan sal julle baie goeie vrugte oes!

[16] Die oes sou groot en baie ryk kan wees, en daar staan reeds baie koring ryp om gemaai te word; maar daar is nog maar weinig maaiers. Vra daarom die Heer van die oes dat Hy spoedig baie maaiers vir sy velde in diens sal neem!

[17] Uit dit alles sal julle nou tog wel duidelik geword het wat julle veral by die verspreiding van My leer by die mens moet bewerkstellig; die baie buitengewone hoef julle nie aan alle mense te verkondig nie, maar slegs aan diegene wat julle in die amp sal opvolg! Wat Ek julle nou as riglyn gegee het, sê dit ook vir diegene wat julle sal volg in die amp, wat Ek julle toevertrou het, dan sal alles goed gaan! - Het julle dit nou alles goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205