|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 211
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Roclus en die rowers
211 Daarop neem Roclus die aanwesige rower hooflui onder hande en sê hulle wat hulle nou te doen staan, as hulle God se toorn wil ontvlug. Hulle was dan ook onmiddellik bereid om alles te doen wat hy as owerste van hierdie plek van hulle sou verlang; hy moes net nie iets onmoontlik van hulle verlang nie.
[2] Daarop sê Roclus: “Julle het reeds `n lang tyd op die paaie hierheen onregmatige skattings gehef en veral in die laaste ses weke `n groot buit verwerf en daarby ook selde die arm mense ontsien. Die meeste bevind hulle nog hier. Gaan gee hulle almal, die rykes en die arm mense, die afgeneemde skatting terug en verlang in die toekoms van niemand meer een of ander heffing nie, dan sal julle sonde julle ook vergewe word!”
[3] Eén van hulle sê: “Owerste van hierdie plek! Dit sal ons doen, soos u ons ook nou gebied het; maar ons maak ons nou al meer as dertig jaar skuldig aan hierdie bose besigheid en het daardeur al baie skatte verwerf, wat ons met die beste wil van die wêreld nie meer aan die regmatige eienaars kan teruggee nie, omdat ons nie weet waar hulle woon en of hulle nog wel lewe nie. Hoe kan ons nou reg daaraan doen?”
[4] Roclus sê: “Dit het julle vir die oorgrote deel van die rykes afgeneem, wat in lande ver hiervandaan woon en tog al oorlaai is met aardse goedere. Maar beheer sulke skatte van vroeër sorgvuldig en beskou dit as `n besit van die arm mense, wat dikwels hierheen kom om hulp te soek; ondersteun hulle volgens behoefte, dan sal die Heer van die hemel en aarde julle skulde kwytskeld!
[5] Bou `n herberg vir die arm mense, wat anders maar al te dikwels weke lank onder die blote hemel moet bly, dan sal julle daarmee iets goeds in die lewe roep en met behulp van die onregverdige Mammon vriende in die hemel vergader! As julle dit alles nou begryp het, gaan dan, en kom aan die werk!”
[6] Toe Roclus dit gesê het, dank almal hom daarvoor. Die rower hooflui gaan weg en bring die verlangde reeds dieselfde dag, en deur die korrekte bemiddeling word dit dan ook teruggegee aan die eienaars.
[7] Nadat die rower hooflui uit die saal vertrek het om die werk te gaan uitvoer, wend Roclus hom tot die herbergier, wat hy as `n steeds eerlike en opregte man ken, en sê: “Die geneesdes bly voortaan onder jou hoede; sorg daarvoor dat hulle ook werk kry in ooreenstemming met hulle krag! En die goud en silwer wat hier vir hulle oorhandig is, moet jy goed en regverdig beheer en wat jou toekom, sal jy van die rente kry; mettertyd sal ons wel `n goeie reëling daarvoor tref. Op die manier sal daar ook vir die onderwys van die jonges gesorg word.
[8] Doen dit as `n eerlike Judeër op die wyse van die Samaritane, uit liefde vir ons een, enige ware God en ook uit liefde vir die mense, dan sal jy `n groot genadegawe van God se liefde ontvang! En doen dit wat jy doen, met alle vriendelikheid; want `n vriendelike weldoener doen sy weldade dubbeld en sal by God vir sy daad dan ook reeds hier `n tienvoudige loon ontvang en aan die ander kant vas en seker die honderdvoudige! Aangesien ek hierdie baie belangrike saak nou in die Naam van die Heer, volgens Sy wil, in orde gebring het en dit nou al middag geword het, sal ek nou met my broeders na die herberg gaan, wat jy goed ken; want daar wag die groot Heer en Leraar op ons. Wie hulp nodig het, moet daarheen gaan!”
[9] Hierop vra die herbergier: “Vriend, is dit dalk die groot profeet uit Galilea, oor wie jy nou net teenoor die Fariseër gespreek het, terwyl julle die siekes die hande opgelê het en in Wie se Naam julle ook hierdie siekes genees het?”
[10] Roclus sê: “Ja, vriend, dit is Hy! Maar let wel: Hy is geen profeet nie, maar Hy is wat ek van Hom gesê het, naamlik - die Heer Self, wat jy en ook al hierdie geneesdes van my kan aanneem!”
[11] Die herbergier sê: “O vriend, ook ek wil Hom graag sien en hoor; want van allerlei vreemdelinge, Judeërs en heidene, wat hier deurgereis het, het ek al groot dinge gehoor! Die heidene beskou Hom almal as `n god; slegs die Judeërs sê dat Hy `n groot profeet is. O vriend! Hom sou ek graag wil sien en hoor, soos ek ook al gesê het, as dit my toegestaan sal word!”
[12] Roclus sê: Nie net jy nie, maar aan elkeen is dit toegestaan om na Hom toe te kom, en vir die geneesdes is dit meer as `n plig om Hom hulle dank vir die genesing te gaan bring; want nie ek nie, maar enkel en alleen Hy, het hulle genees deur die almag van Sy heilige wil. Maar wag nog `n paar uur; na die tyd mag julle almal kom!”
[13] Daarop sê ook die geneesdes: “O vriend van Hom, wat in die geval die Allerhoogste is, hoe kan ons sondaars na Hom toe gaan en Sy heilige aangesig sien?! So `n barmhartigheid sal ons immers ewig nie waardig wees nie!”
[14] Roclus sê, heeltemal ontroer deur die deemoed van die geneesdes: “As Hy julle sonde, waar die tempeldienare die vernaamste skuld aan het, nie sou vergewe het nie, dan het Hy julle ook nie genees nie; maar aangesien Hy julle genees en dus ook sekerlik julle sonde vergewe het, voel julle dan soveel te meer verplig om in alle liefde op die aangewese tyd na Hom toe te kom en Hom alleen dank te bring!”
[15] Na hierdie woorde van Roclus skep hulle almal moed en beloof om te kom en te doen wat hy hulle aangeraai het.
[16] Daarop vertrou Roclus die versorging van die geneesdes nogmaals aan die herbergier toe, verlaat toe met sy broeders die saal en begewe hom vinnig weer na My.
|
|
|
|
|