Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Dit verslag van die hoofman oor wat hy heldersienend waargeneem het

133 Nou strek ons RafaEl sy hande oor die hoofman uit en tegelyk ook oor sy metgeselle en oor die leerlinge van Johannes en op dieselfde oomblik word hulle innerlike gesig geopen, en hulle sien dadelik `n groot aantal geeste wat hulle goed ken; aan die leerlinge van Johannes verskyn ook Johannes self, wat hulle oor My leer en hulle oor hulle ongeloof teregwys.

[2] Maar aan die hoofman verskyn sy vader, wat hom gelukkig prys dat hy reeds op die materiële aarde die allerhoogste en ewige lewensgeluk vir sy siel gevind het, en hy vermaan hom baie indringend dat hy die geluk veral nooit moes opoffer aan `n verganklike aardse geluk nie. Die hoofman beloof hom dit ook baie plegtig.

[3] Daarop wek RafaEl die sieners weer uit hulle geestesvervoering, en wel met volledige herinnering aan alles wat hulle gesien en gehoor het.

[4] Toe die gewektes hulle weer in hulle natuurlike toestand bevind, sê die hoofman: “Ag dit was soos `n helder droom! Maar tog was daar `n groot verskil tussen `n droom en die visioen; want in `n droom verskyn daar aan die dromer selde mense wat al gesterf het, maar tog meestal maar net mense wat nog in hierdie wêreld lewe, en baie dikwels ook mense, waarvan mens nie weet of hy liggaamlik nog lewe of wel al gesterwe het nie. Die omgewing in drome is meestal van `n fantasie geaardheid en het op sigself geen bestaan nie, net soos die diere en plante, en verander vinnig van vorm.

[5] Maar hier was dit baie anders! Want ten eerste bevind ek my nie, soos ook in `n droom, voortdurend alleen nie, maar in `n passiewe toestand, maar in `n as`t ware volkome selfstandige aktiewe toestand, en ten tweede was alles wat ek gesien het, baie bestendig, en die mense was ook geheel en al mens. Wat hulle gesê het was goed, waar en ernstig, en hulle het my baie goed te verstane gegee dat hulle nie in `n droomagtige onwetendheid lewe ten aansien van alles wat ek op aarde dink, wil en doen nie.

[6] Tegelyk sien ek egter ook my metgeselle, die herbergier en die leerlinge van Johannes, Ek sien ook hulle meester en hoor wat hy vir hulle sê.

[7] So sien ek ook die voorouers van die herbergier, teruggaande tot in die tiende generasie, en sien onder hulle koninklike gestaltes, wat in `n meer geheime taal met hom spreek, wat ek nie verstaan nie.

[8] Die omgewing lyk `n aardse te wees. Mens sien mooi berge, velde, tuine, wingerde en `n groot aantal woonhuise, wat baie mooi en goed versorg daar uitsien, en die baie ruim omgewing was goed verlig, alhoewel ek geen stralende hemelliggame aan die helder blou uitspansel kon ontdek nie. Maar die wonderlikste was dat ek deur die baie helder waargenome geestelike omgewing heen ook baie van hierdie materiële omgewing kon waarneem, maar slegs vir enkele oomblikke, en tog bly die geestelike omgewing konstant; en dit alles bewys aan my nou wel voldoende dat dit wat ek gesien het, nie net `n los droom was nie, maar dat dit die werklikheid was.

[9] Nou kom dit alleen nog maar daarop neer of ook die ander wil vertel - maar getrou en waar - of hulle dieselfde gesien en gehoor het, wat ek gesien en gehoor het! As hulle dit net so getrou en waaragtig doen soos wat ek gedoen het, dan staan die volste waarheid meer as duisendvoudig bewys helder voor ons, naamlik dat daar na die dood van die liggaam `n sekere en bestendige voortlewe van die siel is van elke mens, hetsy heiden of Judeër.” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205