Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer en die eerste bekeerde priesters

85 Toe die onderwerp wat die Skrifgeleerde na vore gebring het, nou ook oor was, en al die nodige bespreek was en dit al byna aand geword het, stuur die Fariseër, wat al enige ure gelede na Bethanië gekom het, `n dienaar na Lasarus om te vra of hy vir `n goeie oorleg na hulle toe wil kom; want hulle sou nou van hom wil hoor of hulle verniet na Bethanië gekom het.

[2] Hierop vra Lasarus My wat hy nou moes doen.

[3] Ek sê: “Diegene wat daar aanwesig was, het nou baie vóór en teen My na vore gebring, maar het nou daaroor eens geword dat hulle My nie meer vyandig tegemoet wil tree nie, en daarom gaan Ek en jy en ons Romeinse vriende nou na hulle toe. Alle ander bly hier totdat ons terugkom. My RafaEl sal julle wel deurgee waaroor ons by die Fariseër sal praat. Laat ons dus na hulle toe gaan wat op ons wag!”

[4] Ek loop voor en Lasarus en die Romeine volg My.

[5] In die voorhof ontmoet ons vir Judas Iskariot en hy vra waarheen Ek gaan.

[6] En Ek sê: “Daar waar jy nie heengaan nie! Die res kan jy binne-in die huis hoor!”

[7] Daarop sê hy niks meer nie en gaan die huis binne, en ons gaan na die Fariseër. Hier gaan Lasarus vooruit en RafaEl, wat die tempeldienare al ken, begelei hom. Ek en die Romeine wag nog ewe in die voorhof.

[8] Toe ons Lasarus met RafaEl die baie ruim vertrek van die Fariseër binnekom, begroet hulle hom met die beleefdheidsvorm wat eie aan hulle was, wat ons Lasarus ook baie goed kon beantwoord en waarmee die tempeldienare ook baie tevrede was. Na hierdie wedersydse begroeting kom die gesprek dadelik op die hoofsaak, en dit bestaan natuurlik uit alles wat My uiteraard maar kon betref. 

[9] Een Skrifgeleerde, wat hom erg op sy wysheid laat gaan en wat ons al ken van die Olyfberg, sê vir Lasarus: “Vriend, julle weet dus nog goed wat ons gisteraand bespreek het en ook so goed as geheel ooreengekom het! Daarom het ons vandag so vroeg moontlik hierheen gekom. Maar, vriend, ons is werklik nie hier ontvang op `n manier wat ons genoeë doen nie. Want dit het nie baie geskeel of ons was lelik deur jou honde toegetakel, as jou dienare ons nie te hulp gekom het nie! Dit was tog egter nie die ontvangs waarmee `n mens ons tempeldienare moet ontvang nie!  

[10] Ons sou ons egter nie so erg of uiteindelik gladnie daaroor besorg gemaak het nie, as jy ons nie self beloof het dat ons die Messias vandag persoonlik sou ontmoet nie. Nou is ons al `n paar uur hier en ons het nie net niks van die uiteindelike aanwesigheid van die Messias te siene gekry nie, maar jy het ons selfs nie met jou so bekende gasvryheid ontvang, soos ook ander kere nie, en ons mag jou hoofwoning selfs nie binnegegaan het nie, maar was na hierdie vreemdelinge herberg van jou verwys - en kyk, dit was beslis nie korrek van jou nie en wel soveel te meer omdat jy, vir sover ons weet, tuis was en ook geen dringende sake te doen gehad het nie! Maar laat ons dit nie meer daaroor hê nie, omdat jy nou tog met die wonderbaarlike jongman gekom het en ons met julle beide oor die hoofsaak kan spreek!

[11] Sê ons dan nou of die Nasarener, wat die beloofde Messias sou wees, wat ons self onder mekaar as `n taamlik uitgemaakte saak beskou, hom hier êrens in Bethanië bevind, of is Hy vir sover jy weet êrens anders? Want daar is ons nou, wat onsself betref, baie daaraan geleë om nader kennis met Hom te maak. Vanmôre moes ons vanweë Hom `n groot en sware beproewing in die Hoë Raad deurstaan. Maar ons het uiteindelik behoorlik daardeur geslaag, hoewel ons self - ondanks alles wat ons gister by jou meegemaak en gehoor het - enigsins wankelrig geword in ons nuwe opvatting; maar nou het ons alle bekende omstandighede van naderby oorweeg en ons onsekerheid oorwin. Daarom sou ons nou so graag met Hom self wil praat. Gun ons die geleentheid daartoe, dan is en bly ons weer julle goeie ou vriende!” 

[12] Lasarus sê: “As julle dit by julle koms hierheen net so eens gewees het as wat julle dit nou so taamlik is, het julle ook spoedig die geleentheid gehad om te praat met Die Een wat werklik die Messias is; maar julle was dit glad nie eens nie en sommige van julle was oorwegend die mening toegedaan dat dit die beste toets sou wees - om te ondersoek of Hy die Messias is al dan nie - dat `n mens Hom met geweld moes gevange neem en aan die gereg oorlewer om Hom ter dood te laat veroordeel. As Hy die Messias sou wees, sou niemand Hom kan doodmaak nie; as Hy egter maar net `n buitengewone mens was, soos wat daar ookal soveel op die wêreld was, dan sou Hy sterf en sou dit daarna in niemand se gedagtes meer opkom om Hom nog ooit as die Messias te beskou nie. Kyk, hierdie oorwegende mening van julle was dan ook die rede waarom ek julle ten eerste nie in my hoofwoning kon binnegelaat nie en ten tweede ook nie aan die Messias kon voorstel nie!

[13] Maar aangesien julle nou in eensgesindheid van hierdie slegte opvatting afgestap het en `n ander besluit geneem het, kan julle nou ook die geluk hê om die Messias te sien en ook te spreek. Kom Hom egter veral nie met `n ondersoekende hart en `n ondersoekende blik tegemoet nie, maar met geloof en liefde, dan sal Hy julle ook met Sy liefde tegemoet kom - maar in die ander geval met Sy alles deurdringende wysheid en dan sou julle in die verste verte nie in staat wees om dit te beantwoord nie! Want soos Hy ook baie goed weet met watter gedagtes julle hierheen gekom het, soos wat ek julle ook nou openlik meegedeel het, so ken Hy ook elke gedagte wat wel nog, hoe stil en geheim ook, in julle gemoed opkom. Laat dit dus vriendelike raad aan julle wees, waarvan ek hoop dat julle dit sal opvolg tot julle tydelike en ewig welsyn!”

[14] Die Skrifgeleerde sê: “Jy het nou goed gespreek en ons nogmaals verbasingwekkende dinge gesê; ons sal jou raad in ag neem; maar bring ons nou na die mees Wyse van alle wyses!”

[15] Nou maak RafaEl die deur oop en sê: “O Heer, kom binne na hulle toe wat nou na U dors!”

[16] En Ek kom saam met die tien Romeine die groot kamer binne en sê vir die Fariseër en Skrifgeleerde: “Vrede sy met almal wat van goeie wil is en nou dus ook met julle, aangesien julle in julle gemoed ook van beter wil geword het! Waarom soek julle My en wat wil julle van My hê?”

[17] Die Skrifgeleerde sê: “Heer en Leraar, waarom ons U nou soek, weet U beslis net so goed as U vooraf weet met watter gedagtes ons hier na Bethanië gekom het! Ons twyfel nou op sigself gladnie meer daaraan dat U die beloofde Messias is nie, maar ons sou nou graag uit U mond wil hoor wat ons moet doen om in ons moeilike posisie nog enigsins U barmhartigheid en erbarming waardig te wees.”

[18] Ek sê: “Mense soos Nikodemus en ook Josef van Arimatea sit tog ook dikwels in julle Raad! Wat hulle doen, kan julle tog ook doen as julle dit wil! Ek het julle al herhaalde kere in die tempel openlik gesê en deur woorde en tekens duidelik getoon wie Ek is. As julle dit in julle harte glo en ook daarvolgens handel, sal julle lewe en salig word; maar as julle nie glo nie en ook nie daarvolgens handel nie, sal julle julle lewe en julle saligheid verbeur.

[19] Maar die tempel, soos dit ook nou is en bestaan, is al lankal geen godshuis meer nie, hy het `n rowershool en `n moordkuil geword. Julle Fariseërs, hoëpriesters en Skrifgeleerdes het hom so gemaak; daarom kan daar ook uit die tempel vir geen enkele mens nog enige heil vir die ewige lewe voortkom nie. Nou is Ek die lewende ark van die verbond, en Ek is ook die tempel en die heil en die waarheid en die ewige lewe! Wie in My glo en volgens My leer leef, sal ook die ewige lewe in hulle hê en salig word in My ryk.

[20] My ryk sal egter nie `n ryk van hierdie wêreld wees nie, maar `n ryk van `n ander wêreld, wat julle nog nooit geken het nie; want as julle hierdie wêreld ooit sou geken het, sou julle My ook herken het, toe Ek by julle in die tempel gekom het, en as julle My herken het, sou julle ook Die Een herken het wat My gestuur het, van wie julle sê dat Hy julle God is. Maar die Vader, wat My gestuur het, het My nie gestuur soos wat mense in hierdie wêreld `n mens stuur nie, maar sodanig dat hier die gestuurde en die stuurder één is!

[21] Wie glo dat die Vader in My en Ek in die Vader is, kan sê dat hy die Vader en die Seun gesien en gespreek het; van ken kan egter eers sprake wees as Ek My binnekort weer volkome in My ryk sal bevind en Ek My Gees sal uitstort oor hulle wat in My glo, My woorde bewaar en daarvolgens lewe en handel.”

[22] Nou sê die Skrifgeleerde: “Heer en Leraar, U woorde is vasberade en beslis gespreek! Wanneer dit so deur `n mens gespreek sou word, sou dit as die hoogste godslastering beskou word, waarop Moses die doodstraf gestel het; daarom is onder die Judeërs ook nog nooit gehoor dat iemand hulle die hoogste waardigheid en eer van God aanmatig en aan homself toeken nie, behalwe die heidense koning Nebukadnezar, wat daarom egter ook deur God getugtig is.

[23] Maar U is nie bang vir die wet en nog minder vir die mens nie, en U dade, waarvan ons al baie gehoor het en wat ons gedeeltelik self meegemaak het, getuig dat alle magte en kragte van hierdie wêreld en ook die van die hemele aan U wil onderworpe is; ons moet dus by onsself wel glo dat U Die Een is, wat U gesê het om te wees, soos U ons ook reeds in die tempel en nou hier weer uiteengesit het, ooreenkomstig alles wat die profete oor die komende Messias voorspel het.

[24] Ons glo nou in U en daarom glo ons ook dat U ons nou, net soos in die tyd van die Babiloniese gevangenskap, weldra uit die nog harder gevangenskap van die Romeine sal bevry en ons weer tot `n vry, selfstandige en vir altyd magtige volk sal maak. As U dit doen, sal alle Judeërs in U glo, andersins egter maar weiniges!”

[25] Ek sê: “Salig sal alleen diegene word wat hulle nie vir My sal vererg nie, en glo dat Ek die beloofde Messias is! Maar Ek het nie gekom om vir die Judeërs nogmaals `n aardse en verganklike ryk te stig nie, maar `n geestelike ryk in die liefde tot God en tot die naaste en derhalwe een ryk van Lig en alle Waarheid uit God, sonder leuens en sonder bedrog.

[26] Wie egter dink dat Ek nou `n aardse ryk sal stig, maak `n groot vergissing. Die Romeine is nou julle aardse heersers en sal dit ook in die toekoms net so lank bly as wat dit God sal behaag. Maar wanneer julle teen hulle in opstand kom, sal hulle julle breek en vermorsel.

[27] Wie hulle egter in My ryk sal bevind, wat nou ook aan die Romeine gegee word, sal vir geen mag ter wêreld bang hoef te wees nie, soos wat Ek ook vir geen enkele wêreldse mag vrees koester nie. Hier aan My sy staan reeds tien Romeine met die hoogste aardse posisies van Rome; hulle kan vir julle ook van My getuig of Ek ooit na `n wêreldse heerskappy gestreef het, en hulle sal julle ook sê wat hulle as heidene van My dink!”

[28] Toe die Fariseër hierdie woorde van My gehoor het, word hulle onseker vanweë die aanwesige hoë Romeine en hulle weet nie wat hulle nou moes doen nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205