Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die waaksaamheid van die siel

98 Toe Markus hierdie woorde gespreek het, word daar in die suidweste `n vurige rooi skynsel sigbaar, wat van agter `n berg opstyg.

[2] Almal vra My wat dit was en wat dit beteken.

[3] Maar Ek sê: “Vriende, dit is nouliks die moeite werd om aan `n dergelike doodgewone natuurlike verskynsel ook maar die minste aandag te skenk! Aan die agterkant van die nie al te hoë berg het skaapherders vandag `n hoop droë hout versamel en hulle het dit nou aangesteek omdat dit al baie donker geword het, en dit verbrand nou en sal ook weldra heeltemal verbrand wees. Dit is die betekenis van die verskynsel.”

[4] Agricola sê: “Daarin is werklik nie baie vir die heil van die mens nie!” 

[5] Ek sê: “Dit sekerlik nie; maar die Fariseërs het tog ook die vuur vanuit Jerusalem opgemerk en weet om allerlei betekenisse daaruit te haal. Oor die heuwels is nou reisigers op weg na Tirus, wat op die terugweg Jerusalem sal besoek, en deur hulle sal die Fariseërs weer geloënstraf word, wat nog die beste effek van die verskynsel sal wees.

[6] Maar in die huis is ons kokke nou ook gereed met die aandete; hierdie nag sal ons weinig meer besienswaardig bied, laat ons daarom in die huis gaan en daar die aandete nuttig!” 

[7] Ek het dit nog maar net gesê, of daar kom al `n dienaar uit die huis om ons te sê dat die aandete berei was; ons gaan dan ook dadelik die huis binne, gaan aan tafel sit en neem die goed toebereide visse tot ons, asook die brood en die wyn. Elkeen was opgewek, omdat Ek ook opgewek was.

[8] Maria van Magdala vertel vir Maria en Martha verskeie verhale oor die tempeldienare, en hoe hulle baie moeite gedoen het om haar te verlei en aan hulle kant te kry, en wat se groot geskenk hulle haar gebring het. Sy het egter gedink: “Dit kan die arm mense goed gebruik”, en so was sy dan ook enkel en alleen vanweë die arm mense die tempeldienare ter wille gewees. Maar selfs hierdie manier om haar tot sonde te laat verlei het haar sleg bekom; want kort daarna was sy in besit geneem deur sewe bose geeste, en daar moes sy baie verduur en lyding gehad het. En sy vertel nog baie dinge uit die tyd van haar lyding en ook, hoe Ek haar van die bose geeste verlos het, by watter geleentheid sy haar ook weer in alle liefde, met alle innigheid van haar hart tot My wend.

[9] Maar Ek kalmeer haar en sê haar dat sy nou moes eet en drink.

[10] Hierop vra Markus My weer of die bose geeste, wat uit hierdie vrou verdrywe was, ook van die soort was soos die in Illirië.

[11] Ek sê: “Baie verseker; want slegs sulke nog uiterste materiële geeste of, hier beter gesê, siele doen so iets wanneer hulle die geleentheid daartoe kry. En hoe dergelike geleenthede ontstaan, het Ek vir julle getoon, vir sover dit vir julle nodig was om te weet. Ons sal dus ook nie verder daaroor praat nie; want Ek wil My hier meer rus gun as wat op die Olyfberg die geval was. Maar kyk eers: Ek het hier met julle meer te doen gekry as op enige dag op die Olyfberg. Maar dit sê nou niks; want solank dit dag is, moet mens ook werk; eers daarna as die nag kom en die duisternis, waarin nooit goed gewerk kan word nie, kan mens jou rus gun. Maar wie snags rus moet nie te vas slaap nie, sodat hy kan hoor of daar nie miskien diewe sy huis binnedring nie, wat hulle die besit van die diep slaper wil toe-eien!”

[12] Nou sê Petrus: “Heer en Leraar, wanneer mens in die aand van die swaar inspannende werk baie slaperig word, dan is dit wel baie moeilik om tydens die slaap oor homself te waak. Hoe kan mens daarvoor sorg?” 

[13] Ek sê: Natuurlik nie soos jy dit ook begryp het nie; maar al slaap die liggaam van `n mens hoe vas, dan waak sy siel, wat sterk in My is, tog, en sy sal die liggaam wel wek wanneer dit nodig is. 

[14] En Ek het dit nou vir julle gesê, sodat julle julle siele suiwer sal hou; want `n onrein siel is ten slotte net so materieel as haar liggaam en kan nie daaroor waak nie, aangesien, ook die gees wat hom in die siel bevind, nie oor haar kan waak as jy vas slaap nie, omdat die siel dan niks van sy invloed kan en wil merk nie.”

[15] Nou sê Thomas: “Heer en Leraar, ons weet baie goed dat ons siele nog lank nie rein genoeg is nie, maar wat moet ons doen om te sorg dat sy so suiwer word dat U tevrede en bly daaroor sal wees?” 

[16] Ek sê: “Wel, dit het Ek julle al wel baie kere gesê en getoon! Handel maar altyd daarvolgens, dan sal die vuur van julle liefde vir God en julle naaste julle siele baie spoedig alles verskaf, wat julle nog ontbreek! As Ek eenmaal opgevaar het en My Gees oor julle sal uitstort, sal julle siele ook rein word soos suiwer goud; maar tot dan moet julle volhard in volle liefde en egte geduld!”

[17] Daarmee was die leerlinge tevrede en hulle vra My die aand niks meer verder nie. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205