Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Weerverkynsels en hulle oorsaak

144 (RafaEl:) “Die “elektron” is dus, duidelik gesê, niks anders as in die eerste plek die deur druk en wrywing versteurde rus en vervolgens as tweede die opgewekte aktiwiteit van die etergeeste nie. Hierdie is vir `n deel suiwer geestelik en vorm vir `n deel ook die natuurlike ligte lewenstof in die lug van die aarde, in die hele liggaam van die aarde self en daardeur ook in alles wat sy dra en voortbring; hulle begin hulle eers op `n opvallende manier te uiter, wanneer hulle op die vroeëre beskrewe manier beledig word.

[2] Wanneer julle nou twee stukke hout neem en dit kragtig teen mekaar begin te vryf, dan word die genoemde geeste, wat deels in die hout self sit en deels ook deur middel van die omringende lug die hout omgewe, klaarblyklik beledig, uit hulle rus gehaal en daardeur aangespoor tot aktiwiteit, wat vir hulle steeds dieselfde is; en by die te kragtige gevryfde hout sal julle al baie gou hulle aanwesigheid en aktiwiteit kan waarneem, deurdat die hout gaan gloei en ten slotte verbrand.

[3] As `n behoorlike groot deel van die etergeeste egter aktief geword het, dan word die vooraf nog rustige geeste ook daardeur saam in beweging gebring en word aktief, en deur hierdie aktiwiteit word die hele stuk hout vervolgens vernietig; en as julle vervolgens ook nie die gevryfde hout blus nie, dan word die geeste daarvan ook aktief en vernietig dit, en hoe meer sulke geeste `n stuk hout besit - wat by harshout die geval is - soveel vroeër en vinniger word dit vernietig.  

[4] Nou het ek julle net `n konkrete voorbeeld gegee van wat die “elektron” eintlik is. Maar laat ons nou verder gaan!

[5] As ons twee harde klippe neem en dit met groot krag teen mekaar vrywe, dan sal julle onmiddellik `n groot hoeveelheid vonke met groot snelheid en lewendigheid daarvan sien afspring. Wat is hierdie vonke anders as die in en rondom die steen aanwesige beledigde en daardeur aktief geworde etergeeste! Metale, wat baie hard is en hard teen mekaar gevryf word, sal julle dieselfde verskynsel laat sien en voel.

[6] As twee winde met groot hewigheid met mekaar bots, wat maklik kan gebeur in streke waar hoë en steil rotsgebergtes is, omdat die wind daar maklik van die harde wande afkets en sodoende met groot hewigheid vir homself begin te woed, sal julle weldra ook `n groot aantal vuurverskynsels waarneem. As die hewigheid minder groot is, wel nou, dan verloop dit geleideliker en dan sal julle af en toe daar, waar `n hewige op mekaar botsende winde plaasvind, `n bliksem uit die wind sien skiet en hier en daar `n werwelwind ontwaak, wat met groot gemak één of ook wel meer sterk bome sal ontwortel. As `n dergelike met homself vegtende wind egter die groots moontlike hewigheid bereik het, op `n gunstige punt in `n daarvoor geskikte omgewing, dan ontbrand alle aanwesige etergeeste deur die aktiwiteit daarin en dan word `n werwelwind ook geskep, soos sopas genoem, tot `n alles vernietigde vuursuil; voor die geweld daarvan sal dan die magtigste bome, stewige kastele en selfs rotse bewe en aan stukke geslaan word.

[7] Wat is nou so `n alles vernielende vuursuil? Alweer niks anders as ons “elektron” oftewel die daadwerklike uiting van die etergeeste wat te veel in hulle rus gesteur is. Hierdie op die hoogste wyse aktief geworde etergeeste trek vervolgens ook weldra hulle gelykes uit die wye omgewing na hulle toe, sowel van bo as vanuit alle rigtings in die wye omtrek, wat hulle in `n sekere sin te hulp snel, en so rig hulle gewoonlik in `n bepaalde streek op aarde `n so erge verwoesting aan, dat hulle spore baie jare daarna, ja af en toe wel gedurende baie eeue nog goed waar te neem en op te merk is.

[8] As daar so `n windgeveg op see voorkom, veral digby die kus, dan word, deur die werwelwind, natuurlik ook die maklik in beweging gebringde water meegesleep en daardeur ontstaan die sogenaamde watersuile, waarvoor elke skipper hulle moet beskut; want as `n skip in so `n watersuil sou beland, dan sou dit reddeloos vernietig word. In die warm streke op aarde kom ook dikwels vuurwerwelwinde bo die see voor, waarvoor elke skipper hulle nog meer in ag moet neem.

[9] Ons het nou van die verskillende verskynsels op aarde, wat julle gesien en beleef het, nog eens gesien waardeur hulle voortgebring en tot stand gebring word, wat die oorsaak daarvan is en wat hulle op sigself volgens waarheid eintlik is. Maar om julle verstand nog meer op te helder, wil ons hierdie saak nog verder opvolg en uitsoek, want die vernaamste grondbeginsel in die leer van die Heer aan alle mense van hierdie aarde en ook vir alle geeste en hemele lui, vir ewig geldend: Slegs die suiwerste waarheid in alle dinge kan en sal julle vry en lewend maak! Maar dergelike verskynsels manifesteer hulle op hierdie aarde noodsaaklikerwys in allerlei vorme en gedoentes en dus ook met allerlei effekte en uitwerkings en bring die blinde mens tot allerlei verkeerde gissinge ten aansien van die oorsaak en dus ook tot allerlei bygeloof. Daarom is dit dan ook sekerlik `n goeie saak dat die mens, behalwe die ken en aanneem van die goddelike wil, ook die verskynsels, wat hy dikwels op aarde teëkom, vanuit die standpunt van die waarheid, en nie vanuit duistere menslike bedenksels beoordeel en herken nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205