Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Agricola vra vir riglyne vir die opvoeding van die jeug

21 Nagenoeg almal bevestig dit; maar Agricola kom na My toe en sê: “O Heer en Leraar, ek self begryp en erken nou volkome die suiwer goddelike waarheid van hierdie duidelike uitspraak van U en sien ook in dat die verwerplike “moet” van die wet, `n werk is van menslike blindheid en die mens onvermydelik beroof van al die hoër lig, omdat dit alle bronne verstop waardeur die suiwer geestelike lig uit die hemele in hom sou kan binnestroom, en daardeur ook sy siel met ysere geweld in die duistere materie trek en dooddruk. Maar die groot kwaad het in ons tyd tot `n sodanige mag en omvang uitgegroei dat dit waarskynlik nooit volledig van die materiële aardbodem verban sal kan word nie.

[2] As ons net uitgaan van die oormaat aan Romeinse wette, vir die strengste handhawing waarvan daar tenminste 800 000 blinde en ruwe soldate en `n nie kleiner aantal allerduistere heidense priesters met hulle onbeperkte volmagte as troue wagters optree. Om hierdie afskuwekkende dam te deurbreek en te vernietig is vir die menslike krag, ook met die beste wil en die grootste en mees wilskragtige wysheid, so goed as onmoontlik.

[3] Ek spreek hier slegs oor ons toestand, waarin soos ook bekend tot nou toe, nog die meeste beskawing te vinde is, en wil nie praat oor ander ryke op aarde nie, waar die mensdom hulle nouliks onderskei van die wilde diere. Maar wanneer ek by ons Romeine al op probleme stuit, wat voorlopig nie te oorwin is nie - hoe sal dit dan by die geheel wilde volkere van hierdie aarde moontlik wees?

[4] Ja, enkeles soos ek en seker nog ook wel verskeie ander, sal dit alles met die grootste vreugde aanneem; maar sodra hulle in die suiwer lig van die Gees groepe en gemeenskappe gaan vorm, sal die priesters by die keiser aanklop en net solank druk op hom uitoefen, tot hy selfs die swaard sal moet trek vir sulke gemeenskappe. Dan sal die ou dwingende wet eers egter met yster klemme en kettings om die arme volkere geslaan word. Wee die een wat dit dan nog sal waag om hierdie leer van U onder die mense te verbrei!

[5] En nou moet ek nog `n punt vermeld, wat my eweneens van groot belang skyn te wees, en dit is die opvoeding van die jeug van jongs af aan. Baie duisende kinders is óf deur die apeliefde van hulle ouers óf deur hulle tirannieke strengheid en ander blindheid dikwels totaal verkeerd opgevoed. Daarby kom vir die sogenaamde beter deel van die mense in die stede nog die skole, wat almal onder die heerskappy van die priesters staan, waar die kinders weliswaar leer lees, skryf en reken, maar oor iets suiwer geestelikes nooit iets anders as allerlei duister bygeloof nie.

[6] Vraag: Hoe sal mens dan te werk moet gaan, om ten eerste die ouers te laat sien en duidelik te maak, hoe hulle hulle kinders vanuit die huis moet opvoed? En as dit moontlik sou wees dat mens wat dit betref `n gunstige resultaat bereik het - hoe moet mens daarna te werk gaan om die openbare volkskole sodanig in te rig dat daar vir die mens `n ware sieleheil volgens U leer sal uitgroei? Heer en Leraar, hoe onbeskryflik goed en waar U raadgewing op sigself ook is en deur die lewende en welige algemene toepassing nog meer sou wees, so onmoontlik blyk dit byna dat die mens langs geheel natuurlike weg hulle oral daartoe sou bekeer. Daar sal U almag tog wel vir `n groot deel baie duidelik moet saamwerk, anders sal daar met die mensdom, soos dit ook nou daar saamgestel is, tot aan die einde van die tyd nie baie uitgerig word nie.

[7] Ek is wel geen profeet nie, maar as taamlike ou staatsman het ek baie ervaring opgedoen, ken ek die staatsapparaat en die volkere, en kan derhalwe ook min of meer voorspel, hoe hierdie saak langs die natuurlik-menslike weg van mondelinge uitwisseling opgeneem sal word en watter uitwerking dit sal hê.

[8] Toon U ons daarom ook, behalwe die suiwer, goddelike ware leer, waar ek nou, wat myself betref, vol van is en voortaan seker ook my hele huis, die betroubare weë en gee ons aan hoe ons, as swak mense, dit doeltreffend aan ons medemens kan meedeel! Want anders sal die mens, enkele uitsonderinge daargelaat, tot aan die einde van die tyd van hierdie aarde bly wat hulle nou is: Niks anders as diere nie, begiftig met `n effense denkvermoë en `n bietjie materiële verstand, gepaardgaande met `n sinnelike, vry en bose wil.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205