Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die gelykenis van die regter en die weduwee

(Lukas 18: 1-8)

161 Toe ons die dorp egter al taamlik ver agter ons gelaat het, vra die leerlinge vir My: “Heer en Leraar! Waarom het U hierdie Judeërs eintlik gladnie gehelp nie, terwyl hulle dit U tog self baie nadruklik gevra het en geen voorbidders na U toe gestuur het nie?” 

[2] Ek sê: “Moet Ek hulle nog meer in hulle ou luiheid en in hulle ongeloof en bygeloof versterk as wat hulle al sedert `n lang tyd is? Ek het hulle slegs die weg getoon wat hulle moet gaan. As hulle dit sal doen, sal hulle ook op die regte tyd gehelp word; maar as hulle dit nie doen nie, dan mag hulle ook bly soos hulle ook is en hulle huise op sand bou! Ons sal hulle werklik nie van die wysheid afbring nie; want as `n mens homself vir die advies van die wysheid skade wil toebring, geskiet aan hom geen onreg nie.

[3] By hierdie mense, wie se bede Ek nie verhoor het nie, is `n teistering met allerlei nood en leed nodig; want daardeur word hulle wakker geskud uit hulle ou traagheid en word hulle geoefen in geduld en hulle harte sal sagter en barmhartiger word as wat dit tot nou toe die geval was. Want Ek is nie altyd `n Helper nie, maar waar dit nodig is, ook `n regverdige regter.

[4] Luister nou na `n gelykenis, wat julle nog duideliker moet laat sien waarom Ek die bewoners van die plekkie, waar ons nou deurgekom het, die selfstandige bid en smeking vol vertroue so ernstig op die hart gedruk het!

[5] Daar was eens in `n stad `n regverdige regter, wat geen vrees gehad het vir God en ook vir geen mens bang was nie. In dieselfde stad was daar egter `n weduwee; sy gaan na die regter toe en sê: “Verlos My van my teenparty!” Die regter maak egter asof hy die woorde van die weduwee nie hoor nie en wil `n lang tyd nie op die wens van die weduwee ingaan nie. Maar omdat die weduwee nie ophou met haar smeekbede nie, dink hy by homself: “Al het ek ook geen vrees vir God nie en is ek vir geen enkele mens bang nie, ek wil haar tog red, want sy besorg my nou al soveel las, en anders sal sy my ten slotte nog heeltemal doof maak met haar geskreeu om hulp!"

[6] Nou sê Simon Juda: “Op hierdie manier moet `n mens, wat deur middel van sy bid en smeek iets van God gedoen wil kry, dus gewoon lastig en onuitstaanbaar vir Hom word? Maar ek dag dat daar by God, wat in U woon en vol van die hoogste liefde en ontferming is, maar net `n lewende geloof en vertroue nodig was om verhoor te word, eerder as by `n regter van hierdie wêreld?!

[7] U het ons al eens `n soortgelyke beeld gegee, en wel van die huisvader, by wie midde in die nag `n hongerige man kom, wat hom wakker maak en vanweë sy groot honger om brood vra. Die huisvader het hom op so `n tydstip ook nie uit liefde en erbarming brood gegee nie, maar slegs omdat hy van die onbeskaamde hinderlike aandringing van die nagtelike broodbedelaar ontslae wou wees.

[8] Hierdie saak kom vir my eerlik gesê wel enigsins wonderlik voor! As ons U vir iets vra, dan verhoor U ons dadelik, sonder `n byna onbeskaamde aandringing, en so het U ook heidene, tollenaars en `n groot aantal sondaars verhoor en die skuld van die egbreekster in die sand geskrywe; maar hierdie leer van U, naamlik hoe mens iets van God moet afsmeek, stem tog nie so baie goed ooreen met al die ander wat U onderrig het nie. Hoe moet ons dit verstaan?”

[9] Ek sê: “Luister dan verder na wat die regter sê, wat julle as onregverdig beskou en wat Ek, nota bene, Self is! Hierdie Regter sê: - wanneer volgens die gelykenis `n wêreldse regter die klaende weduwee reg laat geskied, hoeveel te meer sal God Sy uitverkorenes red, wanneer hulle in `n sekere sin dag en nag roep of Hy nie met hulle geduld wil hê en hulle barmhartig en medelye wil betoon nie! Ek sê vir julle: Hy sal hulle spoedig red! Maar wanneer die Seun van die mens te eniger tyd sal terugkeer, dink jy, Simon Juda, dat Hy geloof sal aantref op hierdie aarde? Ja, Hy sal, net soos in hierdie tyd, byna heeltemal geen geloof aantref en diegene wat nog in Hom sal glo, sal deur die mense uitgelag en bespot word!

[10] Maar nogtans sal daar ook baie wees wat hulle nie deur die wêreldse wysheid sal laat verblind nie en My woord openlik sal verkondig; en tot hulle sal Ek dan ook kom by dag en by nag, Ek sal My aan hulle openbaar en sal hulle beskerm teen die vervolging van die wêreld en sal hulle ook die wondergawe skenk om deur middel van die liefde die verdruktes, die gebreklikes en siekes te help. En so sal dit dan ligter en troosryker word op aarde. - Begryp jy hierdie profesie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205