|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 67
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die Heer wek `n kneg op uit die dood
67 Toe Ek dit hardop vir die Skrifgeleerde sê, kom die een suster van Lasarus, naamlik Martha, byna uitasem na ons toe op die heuwel en bring ons die berig dat daar `n kneg van `n hoë steier afgeval het, waarop hy iets moes doen, en dat hy nou geen teken van lewe meer toon nie. Sy vra My om hom te kom help.
[2] En Ek sê: “Nou goed, laat hom deur die ander knegte hierheen bring, dan sal Ek sien wat Ek kan doen!”
[3] Na hierdie woorde haas Martha haar weer na benede, en die doodgevalle kneg word, lêend op `n draagbaar, binne enkele oomblikke voor My neergesit.
[4] En Ek sê: “Het Ek julle nie vooraf gesê dat ons weldra iets anders te doen sou kry nie?”
[5] Hierop sê Ek vir die Skrifgeleerde, wat sy blik strak op die dooie rig: “Ondersoek hom, omdat jy ook op die vakgebied kundig is, en kyk of hierdie kneg wel geheel en al dood is!”
[6] Hierop bekyk en bevoel hy die dooie van kop tot toon en stel vas dat hy volkome dood was; want hy het vanaf die steier op sy kop geval; sy skedel was ingedruk en sy nek heeltemal gebreek.
[7] Toe die Skrifgeleerde by die dooie sulke besliste dodelike beskadiging aantref, sê hy: “Heer en Leraar, hy kan alleen deur God weer lewend gemaak word; met menslike hulp is hy nie meer tot lewe te wek nie!”
[8] Ek sê: “Wat dink julle, wat is makliker om te sê: “Jou sondes is jou vergewe!”, of om vir hierdie dooie te sê: “Staan op met `n geneesde liggaam en loop!” en daarvoor te sorg dat dit ook gebeur?”
[9] Die Skrifgeleerde sê: “Heer en Leraar, die eerste is duidelik makliker as die tweede! Want die eerste kan elke mens sê vir die een wat voor hom gesondig het, en dit geld volgens U leer dan ook sekerlik vir God; maar om die tweede te sê en te laat gebeur is slegs vir God moontlik en miskien ook vir diegene aan wie God die mag daartoe sou verleen.”
[10] Daarop sê Ek: “Sodat jy egter goed kan sien en ervaar dat aan My ook die mag toekom om `n sondaar wat sy lewe verbeter het, sy sonde vir ewig geldend te vergewe, sê Ek nou vanuit My hoogs eie mag aan hierdie dooie: Wees genees, staan op en loop!”
[11] Op hierdie oomblik rig die dooie homself op, sien My voor hom en dank My innig vir die genesing.
[12] Die Skrifgeleerde sê egter vir die nou weer lewende: “Man, jy was volkome dood, en die Heer het jou nie net genees nie, maar Hy het jou ook weer heeltemal opnuut tot lewe gewek; dank Hom daarom ook vir jou nuwe lewe!”
[13] Ek sê: “Wie vir die genesing dank, dank ook vir die lewe, en dit is genoeg!”
[14] Hierop wend Ek My weer tot die opnuut tot lewe gewekte kneg en sê vir hom: “Wees `n volgende keer versigtig en klim nie op `n hoë steier sonder spesiale noodsaak nie! Wanneer daar op so `n hoë getimmerte geklim moet word, laat dit dan oor aan hulle wat daarin geoefen is; want elke onnodige opkloutery straf homself altyd, soos nou ook by jou die geval was.
[15] Maar bowendien moet jy nog `n ding onthou en dit is: sorg dat jy nooit meer deur allerlei waagstukke probeer om beter te wees as jou medeknegte nie, en om deur jou werkgewer as eerste kneg gesien te word en dan oor jou medeknegte te kan heers nie, maar wees maar net trou en vlytig in wat jy moet doen, dan sal jy nooit meer die ongeluk hê om van die hoogte na benede te val en jou nek te breek nie, waaraan die dood van die liggaam verbonde is! Want wie hoog styg, val ook diep na benede.”
[16] Na hierdie woorde van My bedank die kneg My nogmaals en gaan met sy medeknegte, wat hom op die draagbaar na My toe gebring het, weer na benede met die voorneme, om My woorde sy lewe lank op te volg.
[17] Hierop sê Ek egter nog vir die Skrifgeleerde: “Hierdie teken, wat Ek slegs gedoen het om julle geloof te versterk, moet julle vir julleself hou en vóór die korrekte tyd aan niemand anders vertel nie! Ek weet waarom Ek dit so wil hê. Nou kan julle met die leerlinge weer daarheen gaan, waar My Gees julle sal bring! In die dal sal julle by die herbergier almal te ete en te drinke kry.”
[18] Hierop vertrek hulle weer, en ons begewe ons ook na die middagmaal, aangesien dit al taamlik laat was.
[19] Ons daal nou die heuwel af en gaan die huis en daarin die groot eetsaal binne, waar `n goeie maal reeds vir ons berei was. Ons gaan aan tafel sit en Ek roep vir RafaEl om ook enkele jongeres, wat almal in `n ander huis van Lasarus ingebring was, te sê dat hulle na ons toe moet kom om aan ons tafel deel te neem. RafaEl gaan en bring twaalf jong seuns en twaalf meisies saam, wat van `n besondere skoonheid was en deur My invloed ook al die Hebreeuse, Griekse en Romeinse taal magtig was. Hierdie vier-en-twintig word aan `n spesiale tafel geplaas met RafaEl aan die hoof.
[20] Toe Agricola `n tyd met groot genoeë na die mooi jong geselskap gekyk het, sê hy baie ontroerd: “O Heer, met hierdie geskenk het U My werklik meer as `n groot vreugde besorg; want op die manier het ek nou vader van baie kinders geword en ek sal vir hulle net so goed en nog beter sorg as vir my eie kinders! Ek vra U slegs vir nog `n baie lang en gesonde lewe, sodat ek almal wat U aan My toevertrou het, geestelik en ook liggaamlik goed kan versorg; aan die wil daartoe sal dit my nooit ontbreek en ook nie aan die optrede nie!”
[21] Ek sê: “Daaroor is Ek ook bly en Ek sal jou ook gee waarom jy My vra; maar jy sal tuis weinig tyd hê omdat jy - soos Ek ook al vir julle aangekondig het - weldra na Brittannia sal moet gaan en daar baie te doen sal kry. Wat sal jy dan met die jonges doen?”
[22] Agricola sê: “Heer, dan sal ek soos altyd My in my hart tot U wend, en U sal My nie sonder raad laat nie!”
[23] Ek sê: “Jy het so baie goeie gedagtes en My baie goed geantwoord! Maar wanneer jy na Brittannia gaan, kan jy hierdie vier-en-twintig jongelinge met jou saamneem; jy sal hulle `n goeie diens bewys. Maar laat ons nou eet en drink!”
[24] Daarop eet en drink ons welgemoed en bespreek allerlei goeie en besondere dinge met mekaar.
[25] Maria, die jongste suster van Lasarus, gaan op `n lae stoel naas My, aan My voete sit, en luister na My woorde, soos wat die ander dit ook doen.
[26] Maar omdat daar hierdie keer baie gaste was en Martha haar begin te bekommer dat sy die baie hoë gaste alleen stellig nie goed genoeg sou kan bedien nie, kom sy na My toe en sê: “Heer, kyk, Ek is druk besig; sê tog vir my suster dat sy my help!”
[27] Toe sê Ek: “Martha, Martha, jy is nog steeds dieselfde, alhoewel Ek jou al `n paar keer oor dieselfde rede My mening gegee het! Jy maak jou erg besorg oor dit wat van die wêreld is, maar Maria het die beste plek gekies; daarom moet sy ook hier by My bly. Ons het immers tog in oorvloed te ete en te drinke. Waarom maak jy jou nou besorg oor nog meer?”
[28] Martha sien haar vergissing baie vinnig in, laat Maria by My en met gemak doen sy alleen met die bediendes wat daar nog gedoen moes word.
|
|
|
|
|