|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 44
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die natuurgeeste van die lug
44 Ek sê: “Jy het nou weliswaar baie goed gepraat, en hierdie leer, wat nou aan julle gegee is, sal tot aan die einde van die tyd by die reines en suiweres bewaar bly; maar wanneer julle dink dat dit nou met die Judeërdom anders daarvoor sou staan as wat Moses en die profete ewe duidelik tot die volk gespreek het, soos wat Ek nou tot julle gespreek het, dan sê Ek vir julle dat julle julleself erg daaroor vergis. Want as Moses en die profete tot die volk gespreek het op die manier wat Ek dit nou ook vir julle doen, dan sou die volk Moses en die profete begryp het, omdat hulle hulleself destyds slegs in beeldende taal die maklikste kon uitdruk.
[2] Destyds het selfs die baie eenvoudige en gewone volk die wetenskap van die ooreenstemming besit, hulle skrif het bestaan uit beelde, en hulle taal het hulle volgens die welbekende beelde gerig. Toe die volk egter later tot meer aardse welstand en aansien gekom het, het hulle weldra ook `n groot aantal aardse behoeftes gekry, en om dit te bevredig, moes hulle `n groot hoeveelheid natuurlike metodes daarvoor verskaf. Wel nou, die baie behoeftes en die baie metodes kry ook hulle baie eenvoudige benamings, waaragter hulle geen ooreenkomstige beelde gevind het nie. Hierdie eers later deur die mens gevormde eenvoudige name van baie behoeftes en die metodes om daaraan te voldoen het vervolgens maar al te gou die beeldskrif en die innerlike betekenis daarvan verdring; en so het nóg Moses nóg die profete skuld daaraan dat dit nie meer deur die huidige Judeërs begryp word nie. Maar dit was slegs die skuld van die mense self, wat deur hulle selfveroorsaakte en steeds toenemende wêreldse instelling, die wetenskap van die ou Skrif en die ou taal, wat steeds diepgeestelike dinge in sigself bevat het, heeltemal kwytgeraak het.
[3] As julle in die tyd van Moses so gepraat het soos wat julle nou praat, dan sou destyds nóg Moses nóg een van die ander profete julle verstaan het; aangesien die ou taal egter nou by julle, om aan julle bekend gemaakte redes in hierdie tyd geheel en al verlore geraak het, moet julle ook die rede daarin soek, waarom julle Moses en die profete nou nie kan begryp nie.
[4] Maar nou begin die eerste oggendlig aan te breek, en ons tempeldienare in die ander saal begin daar in beweging te kom om weldra op die pad te gaan na hulle huise en daar volgens hulle vaste voorneme die reëlings vir hulle vertrek te tref. Sodra hulle vertrek het, sal ons onsself na buite in die ope lug begewe en daar ons oordenking hou.
[5] En jy, vriend Lasarus, sal goed daaraan doen wanneer jy `n paar van jou knegte as geleide met die tempeldienare laat saamgaan tot by die poort van die tuin; want in hulle gedagtes sien hulle die drie leeus benede langs die pad op die loer lê, waardeur hulle bang is om verder te gaan. Laat daarom enige kneg na hulle kamer gaan om hulle te sê dat daar van die leeus geen spoor meer te vinde is nie! As hulle dan nog bedenkinge het, dan moet die knegte ook aanbied om hulle te begelei, wat die tempeldienare met vreugde sal aanneem en waarop hulle dadelik sal vertrek, en dan kan ons dadelik na buite gaan.”
[6] Lasarus doen dit onmiddellik, en binne enkele oomblikke staan die knegte al gereed en binne `n kort kwartier vind ook die vertrek van die tempeldienare plaas.
[7] Daarop roep Ek vir RafaEl na My toe en sê, vanweë die aanwesiges, hardop vir hom: “Sorg jy nou vir ons jong mense, en bring hulle vir ons uit langs die algemene gebruiklike weg na Bethanië! Wag daar op ons; want drie uur later sal ons daar aankom!”
[8] Toe begewe RafaEl hom baie vinnig na die jeug en bring alles vinnig in orde.
[9] Ondertussen het dit ligter geword en ons verlaat die herberg en begewe ons na die heuwel, wat reeds beskrywe is. Aan die hemel glans die groter sterre nog, die maan met `n reeds smal sekel en die planeet Venus, wat almal saam `n wondermooie uitsig gee.
[10] Die oggend was egter taamlik koel en die Romeine sê: “Die besondere uitsig sou egter pragtig gewees het as die oggend maar nie so vreeslik koud was nie!”
[11] Ek sê: “Dat dit so koel is, is vir die vel wel `n bietjie onaangenaam, maar dit is goed versterkend vir liggaam en siel; want nou trek die suiwerder geeste in die lug voor ons verby. Maar as dit vir julle te kil is, sal Ek wel sorg dat dit by julle van binne af warmer word. Ons ander bly egter in hierdie suiwer temperatuur!”
[12] Toe sê die Romeine: “O, dan bly ons ook; want `n groter versterking vir liggaam en siel kan vir ons Romeine ook nie skadelik wees nie!”
[13] En so bly almal opgewek en tevrede, en niemand let meer op na die koeligheid nie.
[14] Toe sê Agricola vir My: “Heer en Leraar, het die geeste wat nou voor ons verbytrek eintlik ook op sigself `n staande gestalte, of vloei hulle so vormloos inmekaar, soos ook in die see die een druppel water in die ander?”
[15] Ek sê: “My vriend, dit sal wel `n bietjie moeilik wees om jou in hierdie opsig `n volkome verstaanbare antwoord te gee; maar ons sal dit op `n ander manier probeer! Ek sal weer vir julle Romeine die innerlike gesig vir enkele oomblikke open, dan kan julle vir julleself `n ware antwoord gee deur wat julle sien!”
[16] Dit vind die Romeine goed en Ek open dadelik hulle innerlike sig, ook by Agrippa en Laius, wat ons vanuit Emmaus hierheen gevolg het en nog steeds by ons was.
[17] Nou sien hulle allerlei ontelbare gestaltes dig op mekaar voor hulle langs swewe, en Agrippa sê: “O, dit is tog baie eienaardig! Wat `n groot aantal onbeskryfbare vorme en gestaltes! Daar is allerlei kruie en plante te sien, en ook sade daartussen! Op die plante sien jy `n groot hoeveelheid eiers van allerlei insekte, hulle larwes en ook reeds volgroeide insekte. Binne-in die vorme, sowel in die plante en die saad daarvan, asook in die insekte-eiers en in die larwes, maar ook in die al volledig uitgegroeide insektevorme sien jy as`t ware helder opgeligte puntjies, en tussen die genoemde vorme sien jy onmeetlik baie klein ligpuntjies wat saam swewe. En dit krioel alles in `n bont mengelmoes deurmekaar, en niks meng hulle met iets anders nie. Is dit dus die suiwerder natuurgeeste?”
[18] Hierop sluit Ek weer die innerlike sig van die Romeine, en hulle sien weer niks anders as die suiwer lug nie.
[19] Toe sê Agricola: “Heer en Leraar, wat se spesiale bestemming het hierdie geeste eintlik? Ontstaan in die materiële wêreld uit hulle eers al dit waarvoor hulle kennelik die aanleg in hulle vorm in hulle dra, of is dit in `n sekere sin die siele van gestorwe plante en kruie en bome en insekte?”
[20] Ek sê: “Nie die tweede nie, maar die eerste wel, op die manier wat julle hulle ook nou deur middel van die innerlike gesig gesien het!
[21] Hulle intelligensie, wat hulle ook in die vorm openbaar, stimuleer hulle om hulle te verenig met al dit wat reeds op hierdie aarde bestaan, wat baie nou verwant is met hulle eie vorm. In die plante word hulle vervolgens aktief en van hulle aantal en die intensiteit van hulle werksaamheid hang dan ook die rykdom van die een of die ander oes af, soos ook van die aantal van die mees uiteenlopende klein diere, wat julle muggies, insekte en wurmpies noem. Dit is egter ook steeds die eerste diere van `n aarde in ontwikkeling, en die vereniging van hulle siele roep dan eers die grotere diere van `n aarde tot lewe.”
[22] Agricola sê: “Heer en Leraar, maar waarom kon ons nou eintlik geen siele van reeds gestorwe mense van hierdie aarde sien nie?”
[23] Ek sê: “Om twee redes. Ten eerste het Ek julle innerlike gesig maar net so ver geopen dat julle die al meer in die materie oorgaande natuurgeeste kan sien, wat tot die laagste graad van die innerlike beskouing behoort, wat die baie eenvoudige mens van nature besit. Met hierdie graad van innerlike beskouing is die siele, in die besonder wat al meer voleindig is, nie te sien nie, omdat hierdie beskouing nog meer tot die materiële as tot die suiwer, geestelike beskouing behoort.
[24] Wat egter, in die tweede plek, die onsuiwer siele betref, wat julle kon sien met die innerlike beskouing wat julle nou vir `n oomblik deur My gegee is: daarvan is daar geeneen op hierdie plek nie en dus het julle ook geeneen kon sien en waarneem nie; want dergelike siele voel die plek van My persoonlike en volle aanwesigheid aan en vermy dit uiters sorgvuldig. - En nou ken julle beide die oorsake, waarom julle by hierdie geleentheid geen oorlede siele kon sien en waarneem nie!”
[25] Met hierdie verklaring was alle Romeine volkome tevrede en vra My verder nie meer na dergelike dinge nie.
|
|
|
|
|