Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die aankoms van Kado, die seun van die herbergier

172 Terwyl elkeen nou halsoorkop druk besig was, kom die herbergier weer na My toe, bedank My nogmaals vir die berig en sê baie vriendelik: “Heer en Majesteit, Ek is die tweede blinde, wat U nou ook siende gemaak het; want ek begin nou die groot skat sien wat bo alles verhewe is, en goed te begryp dat die grootste heil my huis ten deel geval het. Ja, wanneer mens hierdie skat bekyk met die hart en die verstand, dan sien mens wel hoe volkome waardeloos alle aardse skatte is, en hoe leeg, hoe weersinwekkend! Maar wat kan `n mens, wat teen wil en dank reeds in die diepste nag en in volslae onwetendheid op hierdie wêreld gebore is, daaraan doen dat hy die mees waardelose as kosbaar beskou en hom dag en nag afmat om groot hope van die aardse slyk te versamel?

[2] Gee die mens reeds vanaf sy jeug `n goeie lig, en leer hom die ware God en homself ken, dan sal hy nie gretig verlang na aardse skatte nie, maar na die skat van die lewe! Maar waar is die leraars, wat in staat sou wees om die mens te toon wat hy die mees nodigste het? Daarom vra ek u, beste Heer en Majesteit: stuur leraars met U wyse van handel onder die mense in, sodat hulle deur hulle egte mense kan word!” 

[3] Ek sê: “Nou het jy goed gespreek, en wat jy teenoor My as wens uitgespreek het, sal nou ook ten uitvoer gebring word; maar `n boom val nie met één hou nie, en soos vir alle ander groot en goeie werke ook, is tyd en geduld daarvoor nodig, volgens God se ewige orde. Maar elke mens, wat vir homself die waarheid van die lewe ingesien het, kan en moet dit ook aan sy medemens meedeel, dan sal dit daardeur maklik en weldra lig word in die harte van die mense.

[4] Wie die ware lewensgebooie, wat deur My aan jou getoon is, aanneem en ook getrou in ag sal neem, sal ook weldra tot die volste lewenslig kom. Meer hoef Ek jou nie te sê nie; doen dit, dan sal jy die ewige lewe ontvang!

[5] Maar nou kan jy met jou mense wel gaan kyk op die plek, waar die ou en die nuwe pad mekaar kruis! Sodra julle daar aankom, sal julle ook julle seun Kado ontmoet. Neem egter `n fakkel saam, sodat jou seun jou vinnig kan herken, en jy hom ook! Maar bring hom daarna hierheen; want Ek moet ook met hom praat!” 

[6] Na hierdie woorde verlaat die herbergier die sitkamer in alleryl en gaan met sy mense en verskeie bure sy aankomende seun tegemoet. Hy het nog maar nouliks op die aangeduide plek aangekom, of daar kom sy seun Kado ook, sittend op `n muildier; hy herken sy vader dadelik, en aan die omarming en liefkosing kom byna geen einde nie.

[7] Eers daarna begin die seun vir sy vader te vra, hoe hy eintlik gehoor het dat hy nou sou opdaag.

[8] Toe sê die vader: “Liefste seun, op `n baie wonderbaarlike manier! Maar ek kan jou nou nie meer vertel nie; wanneer julle tuis sal wees, sal julle al die ander ook hoor.”

[9] Daarop trek hulle almal vinnig na die stad en kom ook weldra onder luide gejuig by ons aan.

[10] Toe die seun Kado met sy vrou en sy kinders ons sitkamer binnekom, was die eerste wat hy doen, te vra wie van die aanwesige gaste Die Een was, wat so baie presies geweet het van sy aankoms in Jerigo.

[11] En die vader lei hom dadelik na My toe en sê: “Kyk, my geliefde seun, hierdie man is die Heer en die groot Majesteit! Maar kyk ook eens na ons ou, blinde bedelaar, wat jy nog goed ken! Die Heer en Majesteit het hom die volledig lig in sy oë teruggegee en hy het Hom daarvoor van geen ander middel bedien as sy woord en wil nie. Wat sê jy nou daarvan en wat dink jy van so `n mens?”

[12] Die seun kyk nou eers `n rukkie met groot oplettendheid na My en dan weer na die bedelaar, wat nou weer heeltemal siende was, en sê toe: “My geliefde vader, ek sal my seker nie vergis, wanneer ek sê dat dit die man moet wees, oor wie ek reeds in Griekeland, in Klein-Asië en selfs langs die Asiatiese oewer van die groot Pontus* baie buitengewone dinge gehoor het. Ter wille van hom het ek alles in Athene verkoop en het ek na Palestina getrek, om My hier te vestig, hoofsaaklik om persoonlik met die groot Wonderman kennis te maak - en kyk nou net, Die Een wat ek boonop wil soek, bevind Hom nou reeds bykans verseker in ons huis! *(Die Pontus was in die ou tyd die Noordoostelike deel van Klein-Asië langs die Swart See. In 63 v.Chr. deur Pompeius onder Romeinse bewind gebring. )

[13] Jy weet, liewe vader, dat ek die afgelope veertien jaar flink handel gedrywe het en daardeur ook groot rykdomme verwerf het. Dat ek nou egter al meer as twee jaar niks van my kon laat hoor het nie, het as rede dat ek my handelsake in Klein-Asië en oor die hele Pontus bedryf het; daar het ek soveel oor die Wonderman gehoor, dat ek baie gou die besluit geneem het om al my handelsake saam met die huise en ander goedere aan `n broer van hierdie liewe vrou van my te verkoop, en hierheen te verhuis en die beroemde Man te leer ken.

[14] In die afgelope tyd, nouliks `n halfjaar gelede, doen ek sake in Frigië met `n sekere koning Abgarus van die gebied, en ek vertel hom toe ook baie van wat ek op my groot reis oor water en oor land alles meegemaak het. Onder ander kom dit toe ook ter sprake oor ons groot Wonderman, en ek was nie weinig verbaas toe die vroeër genoemde koning my oor die man, oor wie hy as `n goddelike wese gespreek het, meer vertel het as ek vir hom, en hy my selfs op sy erewoord verseker het dat hy hom persoonlik ken en sy vriend was. Hy beskryf my ook die gestalte en die kleding van die Wonderman en dit kom presies ooreen met wat ek nou aan hierdie ware godsman gesien het. En dit bring my dan juis ook daartoe om te sê dat hy baie verseker die man sal wees, ter wille van wie ek gedoen het wat ek julle vroeër vertel het.

[15] Maar nou is daar nog iets belangrik; as dit ook sou ooreenstem, dan het ek wat ek hier kom soek het! Die vroeër genoemde koning, aan wie ek die volste versekering gegee het dat ek so spoedig moontlik alles in werking sou stel om die groot Wonderman self te leer ken, het `n brief geskryf met die opskrif: “Aan die goeie Heiland Jesus van Nasaret in Galilea”.* Hierdie brief het ek by my en ek sal Hom dit dadelik laat sien. Maar eers moet ek nog `n omstandigheid vermeld, wat My tog van wesenlik belang blyk.” *(Sien ook die boekie “Briewe van Jesus en Abgarus”) 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205