|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 150
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die weg tot eenwording met die Gees en tot wedergeboorte
150 Toe ons onsself op die heuwel bevind het, op enkele leerlinge na, wat nog in die slaap gedompel was, kom die Romein Markus na My toe en sê: “Heer, sal U die dorp ook vandag verlaat? En as U dit verlaat, wil U My dan nie vertel waar U sal heengaan nie, sodat ons Romeine dit kan weet en U in die gees makliker en sekerder sou kan volg?”
[2] Ek sê: “Wat die eerste deel van jou vraag betref, is Ek te vergelyk met `n man wat baie akkers het en daarvoor moet sorg dat al sy akkers goed verbou word. Maar as hy `n akker eenmaal goed in orde het, sou hy dit dan wys vind wanneer hy van louter vreugde op die goed versorgde akker sou bly staan en nie daaraan sou dink dat hy ook nog ander akkers in orde moet bring nie? Kyk, Ek het nou ook hierdie akker, wat julle almal voorstel, goed in orde gekry en is dan ook werklik baie bly daaroor!
[3] Maar nou moet Ek na `n ander, nog braak lêende akker gaan en dit ook goed verbou en in orde kry. En so sal Ek ook na die oggendmaal met My leerlinge van hier af vertrek; maar waar Ek presies sal heengaan, sê Ek nou nog nie, sodat iemand nie by geleentheid sy mond verbypraat en Ek dan makliker voortydig deur My vyande, nou eers hier en dan weer daar, gevolg sou kan word nie; dit sou My maar net in My werk steur, omdat Ek daarby steeds volkome sinloos met My teenstanders sou moet stry. En so is dit dus baie goed dat Ek as enigste weet waarheen Ek Myself wil en sal wend; vir al die ander is dit egter voldoende om eers agterna te hoor waar Ek was en wat Ek daar gedoen het.
[4] Daarmee wil Ek nie beweer dat julle Romeine julle mond nie sou kan hou nie; maar daar is nog ander hier, wat julle nie in die deugde ewenaar nie, en daarom is dit wel beter dat hulle My nie verraai nie. Moet `n wyse veldheer ook nie dalk sy krygsplanne, selfs vir sy naaste owerste en hoofmanne verborge hou, as hy `n veldslag wil wen nie? Kyk, so doen Ek ook! Soek dus niks daaragter wanneer Ek nie aan julle die aardse plek wat Ek sal besoek, van naderby aandui nie; oral is daar nou Romeine en Grieke onder die Judeërs en hulle sal julle dan wel vinnig berig stuur oor waar en wat Ek verder geleer en gewerk het.
[5] Maar as julle My in die gees wil volg, dink dan maar diep na oor alles wat julle van My gehoor en gesien het! Handel en leef in die gees van My leer, wat die woorde van lewe in hulle dra, dan sal julle My daardeur werklik en waaragtig in die gees volg!”
[6] Toe Markus dit van My gehoor het, was hy heeltemal tevrede met die antwoord, net soos al die ander, en niemand vra My toe meer waar Ek hierdie dag met die leerlinge sou heenreis nie.
[7] Daarop gee Ek vir RafaEl `n wenk dat hy vir die jonges moes sorg en alles vir die vertrek van die Romeine in gereedheid moes kry. Na hierdie wenk verdwyn RafaEl oombliklik uit My nabyheid. Dit val die nuwelinge alweer erg op, in die besonder die hoofman uit Bethlehem en sy metgeselle.
[8] Die hoofman vra My dan ook onmiddellik: “Het ek vannag eintlik geen gelyk gehad, toe ek die jong seun, wat egter `n lewende wonderwerk is, as `n soort god beskou het nie? Sy groot wysheid, sy krag en nou die skielike verdwyning bevestig dit tog op nouliks weerlegbare wyse! Waar kom hy tog vandaan en wie is die ouers van hierdie besondere jong seun? Heer en Leraar, daaroor kan U ons wel ietwat meer opheldering gee, as U dit wil, wat ons werklik baie aangenaam sou vind!”
[9] Ek sê: “Dit sou Ek wel kon doen, as dit beslis noodsaaklik vir julle sieleheil sou gewees het; maar dit is nie. Daarom is dit voorlopig voldoende dat julle oor sy wese volgens waarheid, net dit van homself weet wat hy vir julle gesê het toe julle hom daarna gevra het. As julle hom nie glo nie, wat julle vannag tog soveel bewyse van sy waaragtigheid gegee het, dan sou julle ten slotte ook oor dit wat Ek julle oor hom sou vertel, die skouers ophaal en by julle self sê: “A, hoe is dit nou moontlik?!” Hou julle daarom aan My leer, glo in My en handel daarvolgens, dan sal julle ook weldra agter die bestaansmisterie van My RafaEl kom!
[10] Om baie te weet, terwyl jy nog `n suiwer natuurlike mens is, beswaar die hoof en hart; maar wanneer julle na baie edele handelinge, baie van die lewende waarheidslig in julleself opgeneem het, verlig dit die hart en bespaar die siel die moeisame arbeid om dikwels vrugteloos in die brein van haar liggaamlike hoof rond te woel en die ware en korrekte tog nie te vind nie.
[11] Ek sê vir julle: In die gees van die mens lê alle en - let wel - eindeloos baie waarhede verborge! Poog maar om alleen langs die bekende weë, wat nou reeds aan julle bekend is, tot volledige eenwording met die gees in julle te kom, dan sal julle nie meer nodig hê om te vra wie die ouers van RafaEl is of was nie; want die gees sal julle in alle waarheid binnelei.
[12] Gaan maar net na die stede van Egipte en lees daar met alle vlyt gedurende julle hele lewe hier op aarde al die byna ontelbare baie boeke en geskrifte deur, dan sal julle as uitsonderlike veelweters weer na julle vaderland terugkeer; maar daardeur sal julle innerlike gees nog lank nie één geword het in julle nie, en na die deurlees van baie duisende boeke en geskrifte sal julle van die wese van God, van julle gees en van die voortlewe van die siel eweveel weet as wat julle tot nou toe geweet het. Hier het julle in `n paar uur meer geleer en ooreenkomstig die volle waarheid ervaar, as alle wyses van die hele wêreld wat julle kan vertel en toon.
[13] Bly daarom op hierdie weg, want dit kan julle as enigste na die lewende waarheid en wysheid in alle dinge lei, en soek nie te onvanpas na dinge en hulle omstandighede, waarvoor julle nog lank nie genoeg lewensryp is om dit op die regte manier op te neem en te begryp nie; want met sulke nuttelose navorsing hou die siel maar net op om werklik steeds dieper in haar eie gees deur te dring!
[14] Poog om vóór alles julle lewensgevoel volgens My leer te ontwikkel en te versterk, voel saam met die arme in sy nood en verminder dit volgens julle krag en vermoë, troos die verdrietiges, klee diegene wat naak is, gee hulle wat honger het te ete en hulle wat dors het te drinke, help die siekes waar julle kan, verlos die gevangenes en verkondig My evangelie aan die mense wat arm van gees is - dit sal julle gevoel, julle gemoed tot in die hemele verhef, en julle siel sal op hierdie enigste ware lewensweg weldra sonder moeite één word met haar gees uit God en daardeur ook Sy Wysheid en Mag deelagtig word! En dit sal tog seker meer werd wees as om baie te weet in die wêreld, terwyl julle daarby `n gevoellose mense sal wees teenoor julle medemense en deur julle te min tot lewe gewekte gevoel aan julleself die getuienis moet gee dat julle nog baie ver af staan van die ware lewe in die gees!
[15] Ek sê vir julle: Die gees, wat die enigste lewende entiteit in die mens is, is suiwer liefde en die teerste en ewig hoogs welwillende gevoel van die liefde. Wie hulle derhalwe inspan om die liefde van die gees en haar teerste en ewig mees welwillende gevoel steeds meer in sy selfsugtige* siel op te neem en daarin ook steeds sterker, kragtiger, moediger en volgsamer word, bevorder daardeur die volledige eenwording van die gees met die siel; en as die siel dan tot suiwer liefde en wysheid in haar word, in die teerste en mees welwillende gevoel, dan is so `n siel ook geheel en al één met haar gees en is daardeur dan ook in die lewendigste besit van alle wonderbaarlike lewe- en sinsvermoë van haar gees, en dit is dan tog seker meer werd as alle skole van die wêreldse geleerdes wat die aarde deurloop het, maar daarby `n streng en gevoellose mens bly. (*”Selfsugtige” is in die grondteks agterna deur Lorber self toegevoeg.)
[16] Laat daarom voorlopig al die onnodige ondersoek na die baie omstandighede van die dinge en hulle verskynsels, oorsake en gevolge in die wêreld agterweë, want dit bring die siel selfs nog in geen honderd jaar ook maar `n millimeter nader aan haar ware lewensdoel nie; want daardeur kan jy nie tot ware, innerlike kennis kom nie, maar alleen tot `n uiterlike, oppervlakkige en versnipperde kennis en `n blinde gissing oor alles, waaruit geordende en samehangende kennis en insig nooit kan voortkom nie en waardeur die siel dus in `n voortdurende angstige soeke verkeer, wat haar weinig egte lewensheil oplewer.
[17] Wat vir julle noodsaaklik was om te weet vir die vernietiging van die erge bygeloof, wat voortvloei uit die natuur van die dinge van hierdie wêreld, dit het die mense julle dan ook nie weerhou nie, maar mense het dit getrou en waar beskrywe en as getuienis van die waarheid ook op `n wonderbaarlike manier aanskoulik gemaak. En dit moet vir julle voorlopig genoeg wees! Die verdere, tot in die oneindige, moet julle nou self poog om te bereik en te verwerf, langs die weg wat julle duidelik en waaragtig getoon is; dan sal julle dit werklik nie meer nodig hê om te vra wie RafaEl is en wie sy ouers was nie! - Het julle dit nou goed verstaan?”
|
|
|
|
|