|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 141
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
`n Onweersbui
141 Na hierdie goeie gefundeerde wyse les uit die mond van RafaEl bedank die hoofman, die leerlinge van Johannes en die herbergier uit die omgewing van Bethlehem hom; want hy het elke vrees en angs vir die nog steeds voortdurende raas en woed van die stormwind verloor. Maar dit duur nie lank nie, of `n magtige bliksemstraal kom uit die wind opgejaagde dik, swaar wolke en ontlaai hom en bring ernstige skade toe aan `n ou seder, wat nie ver van die huis gestaan het nie. Na hierdie eerste bliksem volg daar van alle kante nog baie, met luide geknetter en `n gedonder dat die aarde bewe.
[2] Ons hoofman vind die bliksem en die donder egter nog erger as die harde wind en raak opnuut in groot angs en vrees. Ook die herbergier en Lasarus en sy susters, asook Maria van Magdala word bang en vra My om die bose onweer te gebied om weg te trek.
[3] Ek word wakker uit My ligte sluimer en sê: “Vrees nie, kindertjies; want waar Ek is, het die onweer geen mag om skade aan te rig nie, maar alleen om van nut te wees! Dit sal nog `n kort tydjie duur, dan sal die storm en onweer ophou en môre sal ons daardeur `n suiwer en helder dag hê, en die vars en gesonde lug sal ons ledemate en ingewande versterk.”
[4] Hierdie woorde van My kalmeer die gemoedere van die vreesagtiges en Ek gee My weer oor aan `n ligte sluimer.
[5] Toe Ek daar so slaap, kyk almal wat aan tafel sit en nog wakker was na My, en die hoofman sê: “Van die Heer kan mens wel sê: si totus illabatur orbis, impavidum ferient ruinae!* Ja, ja, wanneer jy die Heer en Skepper en Instandhouer van alle skepsele is, kan jy wel vir dergelike verskynsels geen angs hê nie; maar swak en magtelose mense soos ons, kan by so `n onweer tog nie alle angs van hulle afsit nie, hoewel ons vas daarvan oortuig is dat niemand so naby aan die Heer beslis iets kan oorkom nie. Maar dit is en bly merkwaardig dat daar vannag, na `n baie mooi sonsondergang, so `n onweer kan losbars! Ek bekla al diegene wat nou êrens onderweg is, en in die besonder diegene wat hulle nou op `n skip op die groot see bevind. O, daar sal dit nou verskriklik uitsien!” *(Latyn vir: “As die hele wêreld sou instort, sou die brokstukke daarvan op die onbevreesdes val”).
[6] Toe die hoofman hierdie bedenkinge uitspreek, val ook Agricola, wat deur die harde donder wakker geword het, hom by en sê: “My skepe in Sidon en Tirus sal deur hierdie woedende hewige storm ook behoorlik toegetakel wees! Maar hoe dit ookal is - die Heer slaap en let nie op die storm nie en ons mense het geen mag oor die onstuimige geweld nie, en daarom is dit soos dit ook is! Oor `n kort tydjie, sê die Heer, sal hierdie storm gaan lê. So sal dit ook sekerlik gaan; maar tot dan kan daar nog baie onheil deur hierdie storm aangerig word! Mog die Heer so barmhartig wees om daarvoor te sorg dat daar so min as moontlik onheil en skade aangerig word!”
[7] Nou sê RafaEl: “Wees tog rustig van binne, daar sal van geen enkele regverdige mens ook maar `n haar gekrenk word nie; maar vir die goddeloses is dit goed dat hulle deur `n dergelike storm tog daaraan herinner word dat daar nog `n Heer bestaan, wat alle elemente gebied en wat Hom ook gehoorsaam soos ook troue dienare hulle Heer. Hierdie storm sal niks aan jou skepe in Tirus en Sidon doen nie; want daarvoor sorg die Heer wel. Daarom kan julle almal gerus wees; want daar sal van niemand ook maar iets verwoes word nie!
[8] Maar bo Jerusalem woed hierdie storm nou die hewigste en die bliksems ontsien nie die ydele goud van die tempel nie. Daar heers nou `n groot gehuil in en om die tempel en om mense se huise. Die bliksems slaan hier en daar in en die mense is druk besig om vure te blus. Ook in die tempel het die bliksem al op enkele plekke die droë balke laat vlam vat; maar die mense het die brand dadelik aan die begin bedwing en sodoende rig die bliksem ook in die tempel self geen skade van betekenis aan nie. Maar die angs van die Fariseërs is groot en die volk dring daarby by hulle aan om by God te bewerkstellig dat die storm gaan lê. En die Fariseërs en Priesters, Skrifgeleerdes en Leviete staan nou hard hulle gebede en opdreun, maar dit help nie, en die volk word wilder en roep allerlei bedreiginge en maak hulle, terwyl dit erg storm, vrolik oor die magteloosheid van die Fariseërs, wat al te dikwels voorgee dat hulle, net soos Joshua en Aäron, selfs mag het oor son, maan en sterre en nou nie eens die nagtelike storm kan gebied nie.
[9] En kyk, so het hierdie storm ook in die opsig beslis iets goeds, omdat hy by baie inwoners van Jerusalem, wat nog verstokte aanhangers van die tempel is, die ou duistere bygeloof vervaag en sterk verminder en hulle daartoe aangepor om lateraan die waarheid aan te neem!
[10] Behalwe wat Ek julle daarstraks oor die natuurlike rede van hierdie storm verklaar het, het ek julle dit ook nog bowendien getoon, sodat julle ook daaruit kan uitmaak dat die liefde en die wysheid van die Heer by dergelike geleenthede nie net sorg vir die vrugbaarder maak van die aarde en die suiwering van die lug nie, maar bowendien vir die morele vrugbaarder maak van die menslike hart en die reiniging van die sielelug, en dit het stellig nog meer waarde as die vrugbaarder maak van die aarde en die suiwering van die aardse lug.
[11] Wie van julle nou moed het, laat hy opstaan en saam met my `n wyle na buite gaan, dan sal hy baie daar sien en meemaak, wat hy tot nou toe nog nooit gesien en meegemaak het nie!”
[12] Agricola en ook die hoofman sê: “Om nou met jou na buite te gaan, dit sal almal wel doen; maar alleen, sonder jou, sou ons moed in ons skoene sak. Met jou het ons dan ook die moed om na buite te gaan, die woeste onweersbui in!”
[13] Daarop staan alle Romeine, die hoofman met sy metgeselle, die herbergier uit Bethlehem, die leerlinge van Johannes en ook Lasarus op.
|
|
|
|
|