Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die handelskaravaan uit Damaskus

157 Ons kyk nou egter weer ongesteurd na die oggendtafereel, aangesien die oggend hierdie keer buitengewoon suiwer en helder was, omdat die nagtelike storm die lug van die atmosfeer grondig gesuiwer het.

[2] Mens kon die hoogste toppe van die baie ver alpe en berge daarom ook goed onderskei, wat anders by `n meer van dampe versadigde lug nie moontlik was nie, en so kon ons onsself op hierdie môre vanaf ons heuwel met baie genoeë geniet aan `n pragtige seldsame uitsig. Slegs hier en daar, waar dit deur die nagtelike onweer ontstane groter brande nog nie uitgedoof was nie, was die lug deur die rook vertroebel, wat egter geen afbreuk gedoen het aan die mooi uitsig nie.  

[3] Toe ons nou die omgewing baie rustig vanaf ons heuwel bekyk, sien ons hoofman dat daar op die breë heerweg, wat van Bethanië na Jerusalem lei, `n groot groep mense verbytrek met allerlei lasdiere, soos esels, pakperde, osse en kamele. Hy vra Lasarus wat hierdie stoet kon beteken en watter rigting hulle sou neem.

[4] Lasarus, wat self verras was deur die groot aantal mense wat op die ongewone tydstip voortrek, sê: “My beste vriend, dit weet ek ook nou nie; want so `n groot karavaan gedurende hierdie tyd is iets ongewoon. Die stoet is ook nog te ver weg om te kan vasstel of dit Jode, Grieke, Perse of Egiptenare is. Maar ek sou dit nie so aangenaam vind as hulle hier in Bethanië wil rus en selfs van my herberg wil gebruik maak nie. In hierdie geval sou ek hulle vandag die dal in moet stuur na my vriend en buurman!” 

[5] Die eweneens aanwesige herbergier uit die dal sê: “O my beste broeder, hierdie karavaan, waarvan die einde nog nie eens in sig is nie, sou by my moeilik versorg en nog moeiliker ingebring kan word! Maar jy het hier in hierdie plek, wat tog vir die grootste deel aan jou behoort, sewe groot herberge, en dan is jou groot stamhuis nog nie eens bygereken nie; bowendien is daar hier nog `n paar klein herberge, daarom kan so `n groot karavaan hier baie beter en makliker bedien en in `n kort tyd ingebring word as by my in die dal. Origens hoef ons nog gladnie by voorbaat daarvan uit te gaan dat hierdie karavaan, wat al vóór sonsopkoms onderweg is, nou al hier sal rus nie. Laat ons dit maar afwag, dan sal dit wel duidelik word wat ons te doen staan”

[6] Hierop rig Lasarus hom tot my en sê: “Heer en Leraar, sê U ons tog wat hierdie groot karavaan beteken, waar hulle op hierdie tyd heengaan en waar hulle vandaan kom!”

[7] Ek sê: “Nou toe, waarom sou ons onsself bekommerd maak oor hierdie handelaars uit Damaskus, wat met alle produkte van hulle vlyt hier verbytrek na die stede aan die oewer van die see, om dit daar te verkoop? Laat hulle ongestoord verder trek!”

[8] Met hierdie woorde het Ek die hoofman, Lasarus en die herbergier uit die dal heeltemal gekalmeer, en ons kyk nou weer baie rustig na die oggend en ook na die karavaan, wat die dorp nader en op die onderweg natuurlik ook `n aansienlike stofwolk opwerp; want die voortdurende berede en beloopte heerweë in die Judese land het nooit gebrek aan stof en ook al het die storm dit oornag vir die grootste deel opgewaai en ver weggedra, is daar op die weg tog baie stof oor.

[9] Toe die voorhoede die dorp bereik, en sonder om stil te staan verder trek, duik die son ook al bo die verre horison op en verlig die hele omgewing met haar strale; ook die stof van die weg, waarop die lig van die sonstrale nou val, en was baie mooi om te sien.

[10] En die hoofman sê: “Og, die lig verheerlik tog werklik alles waarop dit skyn! Ook die stof van die weg, waaraan tog niks moois is nie, word vanaf `n sekere afstand tot iets verkwikkend, as dit in die strale van die son opstuif!”

[11] Ek sê: “Ja, ja, jy het nou `n baie goeie en leersame opmerking gemaak! Die wêreldse mens lyk in meer as één opsig soos die stof van die weg; want ten eerste is hulle traag in die doen van die goeie en vul die weg van die lewe met hulle onbeduidendheid, maar hulle word baie hinderlik vir die lewensreisiger wat ywerig sy beste doen om goed te handel. Slegs `n egte storm van die oordeel bring sulke mense tot enige aktiwiteit, vee daardeur die lewensweë skoon en dra die stof weg na uitgestrekte boulande, akkers en velde, waar dit dan vervolgens ook weldra tot vrugbare aarde word. 

[12] Sulke wêreldse stofmense is ook mooi om te sien wanneer hulle deur die lewenslig verlig word; maar eers as hulle soos vrugbare aarde geword het, is hulle met `n goeie lewensreisiger te vergelyk. Solank hulle egter enkel as nuttelose stof van die wêreldse weë somaar ietwat praal in die suiwer lewenslug en glinstering in die strale van die lewensson, waarvan die lig maar net hulle uiterlike, maar nie ook hulle innerlike verlig nie, vorm hulle vir die egte lewensreisigers steeds `n las en lyk hulle baie soos die Fariseërs en ander heidense afgodepriesters; wanneer daar maar êrens bo hulle en om hulle heen `n lewenstorm of `n ander lewensaktiwiteit opkom, verhef hulle hulleself ook altyd, hinder en bevuil die lewensweë en die reisigers en vertroebel en verswak die lig wat die weg verlig.

[13] Vanaf `n bepaalde ligte afstand wek hulle weliswaar die indruk dat hulle ook verlig en baie draaglik is en menigeen sou kan dink en sê: “Ja, eintlik is hulle tog aktief besig en het lig!” - maar dit is nie so nie! Want of hulle nou rustig op die weg lê of deur die wind opgewaai, hulle bly tog traag en passief; maar deurdat hulle hulleself verhef, word hulle altyd lastig en waar moontlik selfs skadelik vir die egte lewensreisiger. As julle ook dus voortaan by die bewandel van My lewensweë so verstandig sal wees om hierdie versigtigheid in ag te neem dat julle die breë heerweë van die wêreld vermy en julle op die meer stoflose en smal voetpaadjies voortbeweeg en selfs daar met rus, geduld en gelatenheid optree, dan sal julle met die stof van die wêreldse weë, weinig onaangenaam hoef deur te maak!

[14] Maar as julle die lewensweë bewandel soos die van die karavaan, wat daar benede op die breë heerweg verbytrek en met groot haas en baie lawaai voortspoed, om maar vinnig in die plekke te kom waar hulle miskien wêreldse gewin kan behaal, dan sal julle ook menige lastige en bose stryd met die stof te verduur kry. Onthou hierdie les, wat Ek julle tydens hierdie geleentheid gegee het, en as julle dit in ag neem, sal dit vir julle van groot nut wees!”

[15] Hierop sê die hoofman: “O, hoe waar en treffend was, o Heer en Leraar, hierdie woorde van U weer! Oral op die weë van die lewe is nou wel `n nouliks ondraagbare hoeveelheid van die lastige wêreldse stof, en mens moet werklik baie versigtig wees om dit tydens die loop nie al te sterk laat opstuif nie! O, hierdie les sal ek besonder goed ter harte neem!”

[16] Ek sê: “Doen dit, dan sal julle goed vooruit kom en `n helder sig behou!”

[17] Toe Ek dit vir die hoofman gesê het, kom daar meteens `n bode, wat ons uitnooi vir die oggendmaal.

[18] Maar omdat die karavaan nog nie verby was nie, sê Ek: “Ons sal hierdie stowwerige en lawaaierige wêreld nou heeltemal die dorp laat verbytrek; want as ons nou dadelik na benede sou gaan, sou sommiges ons opmerk en ons die een of ander vra; maar as ons nog enkele oomblikke hier bly, ontkom ons aan die gevaar.”

[19] Daarmee was alle aanwesiges natuurlik volkome tevrede, en sodoende bly ons nog `n klein halfuur op die heuwel; en in die tyd het die karavaan verbygetrek en kon ons onsself dan ook dadelik ongehinderd na benede begewe en die huis binnegaan vir die oggendmaal.

[20] So gaan ons dan in goeie orde na benede, neem plaas aan die groot tafel en neem, nadat Ek eers die spys en drank geseën het, die ryklike en goed smakende oggendmaal tot ons; die Romeine laat hulle die wyn goed smaak, sodat Lasarus hulle bekers verskeie kere tot die rand moes vul, waaroor hulle hulleself egter verheug.

[21] Agricola, wie se tong deur die wyn losgemaak was, sê vir My: “Heer en Leraar, vergeef my dat ek by die oggendmaal al `n paar bekers wyn meer gedrink het; maar ek het dit saam met my metgeselle maar net gedoen om die naderende afskeid van U draagliker te maak! O, kon ek tog maar altyd by U bly! Al my aardse goedere en al my wêreldse waardighede en ampte sou ek daarvoor gee!” 

[22] Ek sê: “Jou wens en wil het by My ewe veel waarde as wanneer jy dit ook sou gedoen het; maar jy bewys My en baie mense `n groter diens as saakwaarnemer oor die aardse goedere en die geestelike skatte wat aan jou toevertrou is, wat Ek julle almal hier in eiendom gegee het. As julle dit alles wys volgens My advies sal gebruik, dan sal Ek ook in die gees by julle wees en julle op elke oomblik gee wat julle nodig het; later in My ryk sal julle egter as My ware vriende ewig by My woon en in My nabyheid werksaam wees. Neem dit ook aan as werklike troos en tot volledige versterking van julle siele in julle harte!” 

[23] Hierop staan ons op van tafel en Ek lê die Romeine die hande op en seën en versterk hulle. Daarop word almal opgewek en vol goeie moed en bedank My nog eens mondelings vir alles wat hulle in die paar dae by My ten deel geval het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205