Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer verklaar die wese van besetenheid

32 Ek sê: “Jou ervaring is waar, en Ek het Self hier in die land van die Judeërs en ook by die Grieke verskeie mense van dergelike kwale bevry. Daar bestaan dus werklik sulke mense, wat op `n bepaalde tyd deur bose geeste in besit geneem word, egter maar net wat hulle liggaam betref, sonder dat die siel van so `n besetene ook maar in die minste daardeur geskaad kan word. 

[2] Die slegte geeste wat die vlees van `n mens in besit neem, is in werklikheid siele van gestorwe mense, wat hier op die wêreld `n verdorwe lewe gelei het, en dit terwyl hulle baie goed geweet het dat dit sleg was waarhulle mee besig was.

[3] Besetenheid kom egter slegs voor by mense wie se geloof in `n God en in die onsterflikheid van die siel verdwyn het.

[4] Hierdie voorvalle, wat voorkom in tye dat die geloof steeds minder word, wat op sigself erg verontrustend daaruit sien, word toegelaat sodat die ongelowiges daarmee `n kragtige vermaning kry dat hulle ongeloof vrugteloos is, en dat daar na die afval van die liggaam `n sekere voortlewe van die siel van die mens bestaan en sekerlik ook `n God, wat ook aan die ander kant baie goed in staat is om die slegtigheid en domheid van die mens te tugtig.

[5] Die boosaardige gees wat die vlees van `n mens in besit neem, ervaar ondanks sy bose verset `n verdeemoediging wat vir hom nouliks te verdra is en word dan sagter en ligter in homself; die een wat getuie is van sulke toestande, word as te ware met geweld uit hulle materiële en duistere lewenswandel geruk, begin oor die geestelike na te dink, en word beter in hulle doen en late.

[6] En so het dit onder die mense in so `n saak wat voorkom en wat baie ernstig uitsien in tye van die grootste gebrek aan geloof, ook absoluut sy goeie kante, soos wat jy dit ook sekerlik self by jou Illiriërs waargeneem het. 

[7] Die twee priesters, wat die volk voorheen met allerlei magiese bedrieëry aan hulleself probeer bind het, en self niks glo nie, maar tog belangrike skatte vergader, is deur die besetene op baie ander gedagtes gebring en het in `n belangrike mate van hulle bedrieërye afgesien; want die bose gees het hulle al meer kere toegebrul dat hulle baie armsalige bedrieërs was, en dat hy baie beter as hulle was, wat hom in hulle magteloosheid wil bestry.

[8] Die twee priesters glo nou sonder meer dat die siel na die dood van die liggaam voortleef en glo nou in één God, omdat die gees hulle ook verskeie kere dit na die hoof geslinger het, dat hy self as bose gees baie belangriker was as tienduisend legioene van hulle ingebeelde afgode, met wie se hulp hulle hom wou uitdryf; maar dat daar slegs één ware God was, aan wie hy sou gehoorsaam as die hom sou beveel om uit die vleeslike huis te vertrek.

[9] Dit het die ander mense egter ook gehoor, en daardeur het hulle geloof ook verander en beter geword, en daarom is so `n besetenheid nie altyd so baie sleg nie en as`t ware ten onregte deur God toegelaat, soos wat die menslike verstand hom dit ook voorstel.

[10] By mense wat `n ware en lewende verligte geloof het, kom besetenheid nooit voor nie, omdat die siel van die mens en ook die gees daarin, die liggaam sodanig deurdring dat daar geen vreemde en stellig ook nog geen bose gees in `n suiwer en van die gees deurtrekte vlees kan binnedring nie. Maar wanneer die siel van `n mens duister, vleeslik en materieel geword het en daardeur ook angstig en vreesagtig, siek en swak, sodat sy geen weerstand kan bied aan `n vreemde indringer nie, dan kan dit ook maklik gebeur dat die slegte siele, wat hulle na die uittrede uit hulle liggaam meestal ophou en hulle bose praktyke uitoefen in die laer vlakke van hierdie aarde, waar mense slegs in die vlees lewe, soms in die liggaam van `n swak mens binnedring; hulle nestel hulle dan meestal in die mees sinlike onderliggaam en begin hulle as vreemde en steeds slegte geeste deur middel van die vlees van die besetene na buite toe te uiter.

[11] Wat die siel betref, ly die besetene egter nooit enige skade nie, soos wat Ek ook dadelik al in die begin opgemerk het, en so is besetenheid, soos ook reeds gesê, nie so erg as wat die mens dink nie. 

[12] Wanneer julle egter in die vervolg sulke besetenheid sal aantref, moet julle hulle in My Naam die hande oplê, dan sal die slegte geeste die besetene verlaat. As julle egter iemand teëkom wat deur `n hardnekkige gees beset is, bedreig dan die gees, dan sal hy onmiddellik gehoorsaam aan wie hom ernstig en in volle geloof in My Naam bedreig het! Want waar My leer deur julle aan die mense verkondig sal word, sal dit nie meer nodig dat ook die duiwels vanuit die vlees van `n besetene die gehele verval van die geloof by die mens moet oprig nie. Waar engele onderrig, moet die duiwels op die vlug gejaag word!

[13] Wat nou egter die Illiriese besetene en ook sy omgewing betref: hy leef nog en is nou van sy plaag bevry, en sy omgewing glo nou in één, aan hulle weliswaar nog onbekende God, asook in die onsterflikheid van die siel, en as iemand van julle binnekort in My Naam daar sal kom, sal hy dit by die mense en ook in die wye omtrek van die land maklik hê om die mense tot die ware geloofslig te bekeer en hulle bygeloof ten gronde te rig. - Het jy, Agrippa, dit nou goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205