|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 112
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die genesing van die siekes in die herberg
112 Nadat Ek hulle dit alles meegedeel het, herinner die herbergier My vol vertroue aan die ou siek moeder en aan die siek kneg en vra My om aan hulle te dink.
[2] Daarop sê Ek: “Kyk, by God is alle dinge moontlik! Wanneer julle glo, sal beide die siekes, sonder dat Ek hulle aankyk of aanraak, slegs deur My wil en My woord volledig genees word!”
[3] Toe sê die man: “Heer en wonderbaarlike Heiland, Ek glo U woorde! Want `n man soos U, vervul met wysheid en waarheid soos `n profeet, het sekerlik nog nooit `n onwaarheid gespreek nie! As dit nie so was nie, sou u dit nie vir ons gesê het nie. Maar omdat U so tot ons gespreek het, glo ons ook sonder meer dat U al twee ons siekes kan genees deur die mag van U wil en woord; en daarom vra ons U om ons twee siekes slegs deur U wil en deur U woord te genees!”
[4] Ek sê: “Wel, dan wil Ek dat beide die siekes dadelik volkome gesond hulle siekbed verlaat! Gaan nou na hulle toe, gee hulle iets te ete en te drinke om hulle te versterk, en daarna moet hulle buite gaan stap! Maar sê hulle nie dadelik dat Ek dit vir hulle gedoen het nie; eers na die middagmaal sal hulle My van naderby leer ken!”
[5] Die kinders, wat dit ook gehoor het, sê dadelik: “God in Sy hemele is alle lof waardig, omdat Hy die goeie mense, wat volgens Sy gebooie lewe, so `n krag en mag gegee het! Nou is ons grootmoeder vas en seker al heeltemal gesond en ons brawe en troue kneg ook!”
[6] Daarop gaan die kinders dadelik saam met hulle ouers die huis binne na die siekes toe en tot hulle baie groot verbasing tref hulle beide volkome gesond, fris en opgewek aan.
[7] Beide verklaar eensgesind dat hulle die idee gekry het dat `n helderwit vlam hulle soos `n bliksem oor hulle uitgestort het, waarna alle pyne hulle verlaat het en dat hulle baie goed en gesond voel, en dat hulle die gevoel het dat hulle so versterk was, dat hulle gevolglik hulle beddens kon verlaat.
[8] Toe sê die meester van die herberg, wat `n seun was van die moeder wat siek was: “Daar het `n gas by ons aangekom wat sê dat julle beter sal word, die bed kan verlaat en spys en drank tot julle kan neem om verder aan te sterk; verlaat dus gerus julle beddens, trek skoon klere aan, en neem dan spys en drank en eet en drink na hartelus!”
[9] Na hierdie woorde stap beide, wat nou genees was, van die bed, klee hulle en neem daarna spys en drank tot hulle. Daarop wil hulle die onbekende gas sien; maar die seun maan hulle tot geduld en sê vir sy moeder dat sy die gas wel na die middagmaal sou leer ken. En daarmee neem beide genoeë.
[10] Maar ons rus uit onder die bome en kyk na die mooi omgewing, omdat hierdie herberg hom op `n taamlike hoë heuwel bevind, wat van hier besonder goed tot sy reg kom. Want `n klein uur hier vandaan na die suidooste lê Bethlehem met sy ou ringmure en torings op dieselfde heuwel; slegs `n dal met baie akkers, weiding en tuine skei ons herberg, waarlangs die hoofweg na Bethlehem loop, van die stad van Dawid. Maar vanaf ons heuwel sien mens nog `n hele aantal plasies en ook alleenstaande kastele en hoewes, en na die weste ook groot en goeie versorgde wingerde, en in die wye, reeds blou gekleurde omtrek was hoë berge te sien, wat in hulle majesteit `n nog groter bekoring aan die hele streek verleen het. Daarom is dit begryplik dat ons Romeine, wat groot vriende was van mooi streke en landskappe, baie geniet het om na hierdie omgewing te kyk en voortdurend gevra het wat dit of dat was, hoe dit heet, aan wie dit behoort en hoe die een teenoor die ander plek was, en wat se besondere gedenkwaardigheid in die groter plekke was.
[11] En Lasarus, ook beide herbergiers, en af en toe ook die een of ander leerling het genoeg te verklaar gehad. Die Romeine was dermate verdiep in die beskouing van die omgewing, dat hulle byna vergeet dat die hoofman uit Bethlehem, al ongeveer `n uur lank ter wille van hulle hier was en in groot ongerustheid verkeer oor wat hy alles wel van die magtige gebieders te hore sou kry.
|
|
|
|
|