|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 159
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Onderweg na die herberg
159 Net die herbergier van die groot herberg aan die heerweg, wat na Tirus en ook na ander stede aan die see gelei het, was nog aanwesig by die herbergier in die dal; want die Romeine het van hier die weg na die noorde ingeslaan, waardeur mens in Galilea kom - watter weg RafaEl ook met die jonges geneem het - en daarom was dit vir die herbergier aan die suidelike heerweg nie so nodig om hom na die huis te haas nie. Maar aangesien Ek met die leerlinge hierdie weg moes neem om in die plekke te kom wat Ek hierdie keer uitgekies het, trek die herbergier, wat nou al byna sestien dae nie tuis was nie, nou met ons saam en vra My van vooraf al vir die barmhartigheid, om op hierdie dag in sy huis van sy gasvryheid gebruik te maak.
[2] En Ek sê vir hom: “Daarvan kan jy wel verseker wees. Maar ons sal nie by jou oornag nie; want Ek moet My haas om vandag nog `n groot ent verder te kom, omdat daar nog belangrike werk op My wag!”
[3] Die herbergier was met die antwoord tevrede en vra My of hy miskien vooruit moes gaan, sodat alles by My aankoms in gereedheid sou wees en Ek dan nie te lank sou hoef te bly nie.
[4] En Ek sê: “Baie goed, vriend, - as jy aansienlik baie vinniger kan loop, kan jy wel vooruitgaan; want ons loop almal teen `n rustige tempo. En omdat jy van so `n goeie wil is, wil Ek dat jou voete hulle diens nie weier nie, probeer dus maar hoeveel vinniger jy gaan as ons!”
[5] Hierop begin die herbergier, wat `n groot man was en lang bene gehad het, sy pas sterk te versnel en is na `n halfuur sover op ons voor dat ons hom gladnie meer kon sien nie; en so kom hy dan ook ruim `n uur vroeër as ons in sy herberg aan.
[6] Toe hy egter tuis kom, begin syne hom eindeloos te vertel van alle skrik en angs wat hulle tydens sy afwesigheid moes deurmaak; in die besonder het die ware vuurstorm van hierdie nag, waardeur ook verskeie huise in die omgewing baie erg toegetakel was, hulle en alle bewoners van die dorp so bang gemaak, dat hulle daardeur geheel bewusteloos en byna doodgegaan het.
[7] Maar die herbergier sê: “Daarvan weet ek alles en ons sal daaroor praat wanneer dit die korrekte tyd daarvoor sal wees; maar nou is daar iets belangriker te doen! Oor ongeveer `n uur kom die groot Heer en Leraar met Sy leerlinge hier aan, sorg daarom nou vir `n goeie en ryklike middagmaal vir minstens veertig persone - haas julle, sodat Hy, as Hy kom, alles in gereedheid sal vind! Want julle weet almal wat se groot weldaad Hy ons huis die vorige jaar bewys het, en daarom is dit nou ook ons hoogste plig om Hom so goed as moontlik ons dank te betoon!”
[8] Die herbergier het dit nog maar nouliks gesê, of jonk en oud begin dadelik die werk aan te gryp, en weldra word alles so gereël dat ons by ons aankoms reeds `n ryk en welbereide middagmaal aantref.
[9] Onderweg na die genoemde herberg het egter niks besonder vermeldinswaardig hom voorgedoen nie en daarom is dit ook nie nodig om spesiaal iets daaroor te vermeld nie. Die leerlinge praat met mekaar oor alles wat daar in hierdie dae in en rondom Jerusalem voorgeval het en vra My ook baie gou vir `n nadere toeligting op die een of ander, wat Ek hulle ook gee; en so word hierdie anders ietwat saai weg in `n egte opgewekte stemming afgelê.
[10] Ongeveer `n paar morge land vóór die herberg sit twee egte beroepsbedelaars, wat ons vir `n aalmoes vra.
[11] Maar Ek sê vir hulle: “Dit is nie mooi van julle om hier te bedel nie; want julle het geen aalmoes nodig nie! Waarom het julle eintlik julle huise en stukke grond in die omgewing van Samaria vir baie geld verpag en die geld vervolgens vir woekerrente op die wisselbank geplaas; julle het ryk mense geword en bedel nou in arm klere in `n vreemde streek, sodat julle julleself groot woekerrente bespaar en ook die egte arm mense van hierdie streek nog ontneem wat hulle toekom! Het julle as Judeërs dan nie uit die wet verneem dat mens God bo alles en sy naaste soos homself moet liefhê nie? Is dit lewe en handel volgens die wet, wanneer mens doen soos julle ook nou doen? Staan beide van hierdie plek af op, julle huigelaars en bedrieërs, anders sal dit met julle sleg gaan!
[12] Slegs wie werklik arm en ook nie meer tot werk in staat is, vanweë sy hoë leeftyd of vanweë verlamming van sy ledemate of sy gees, het van God die reg om aanspraak te maak op die barmhartigheid van sy ryker medemens. En wie hom iets gee, die sal God dit ook vergeld, en vir die een wat dit ontvang sal Hy die gawe seën en hom ook die loon gee vir sy geduld, waarmee hy sy egte armoede verdra het. As God egter ook die barmhartigheid sal beloon van die een wat julle in sy onwetendheid `n aalmoes aangereik het, omdat hy julle as egte arm mense beskou het, dan sal Hy julle as bedrieërs en huigelaars soveel te meer en skerper tugtig hier en aan die ander kant.
[13] Daar staan ook geskrywe: “Wie goed van hart is en `n profeet en leraar `n loon gee en hom `n offer bring, sal later ook die loon van `n profeet ontvang!” Is julle dan dalk profete, verlig deur God se gees, om as `n lig uit die hemele die mense op aarde voor te lig, wat in die nag van hulle sonde wandel? O, dit was julle nooit gewees nie, alhoewel julle om meer aalmoese van die liggelowige mens te vang, julle al verskeie kere as sodanig voorgedoen het, sonder dat julle in God glo, omdat julle albei al lank die geloof van die blinde Sadduseërs het! Maar daarom is julle te meer strafbaar, omdat julle hier die egte arm mense van hierdie streek ontneem wat hulle toekom! Staan dus maar gou op en gaan weg van hier, anders sal julle die mag leer ken van Die Een wat dit nou vir julle gesê het!”
[14] Hierop staan beide bedelaars vinnig van hulle bedelplek af op, omdat hulle baie erg geraak voel.
[15] En één van hulle, wat My in sy gemoed gelyk begin te gee, sê: “Heer! U moet `n groot wyse en selfs `n profeet wees, omdat u nie langs `n ander weg so maklik te wete kon kom, hoe dit met ons gestel is nie. Wat my betref, dank ek u vir hierdie teregwysing en gee U hier ook getrou en openlik my belofte dat ek nie net nooit meer sal bedel nie, maar alle arm mense in hierdie streek met my vermoë sal gedenk en hulle tienvoudig sal vergoed wat hulle deur my tekort gekom het. Maar as U `n profeet en dus `n vriend van God is, vra dan ook vir my dat Hy my sonde vergewe!”
[16] Ek sê: “Gaan heen en handel volgens die belofte wat jy My nou gedoen het, dan sal jou sonde jou vergewe wees!”
[17] Nou sê die tweede ook: “Kan ek ook vergewing van my sonde verwag as ek doen wat my buurman wil doen?”
[18] Ek sê: “Jy moet wel `n baie groter offer bring, as jy vergewing van jou swaar en baie sondige lewe wil verkry; want jou buurman het die vermoë dat hy besit op `n eerlike manier geërf het, maar jy het jou vermoë as `n straatrower na jou toe geraap, deur arm weduwees en wese op die skandelikste wyse af te pers. Sorg dus dat jy die skuld in die oë van God en die mense sal vergoed en delg; want anders sal jy geen vergewing van jou sonde verkry nie!”
[19] Toe die tweede die oordeel van My verneem het, raak hy erg in verleentheid en sê ten slotte: “Dan sal daar vir My niks anders oorbly as om self `n egte bedelaar te word nie.”
[20] Ek sê: “Dit sal nie nodig wees solank jy nog voldoende krag besit om te werk nie! Gaan heen en werk, dan sal jy jou daaglikse brood hê!”
[21] Nou sê die eerste en beste van beide: “Laat ons nou gaan en volg ook jy die raad van hierdie ware profeet op; en as jy alles gedoen het, sal ek jou opneem en werk gee!”
[22] En Ek sê: “Wat hy by jou sal vind, wanneer hy alle skade wat hy aangerig het weer goedgemaak het, dit sal jy te gelegener tyd ook by My vind! Maar gaan nou en handel ooreenkomstig dit wat julle aan My beloof het!”
[23] Daarop begin beide bedelaars en trek in vlieënde tempo oor die berge na hulle land.
[24] Ons gaan nou egter ook verder en bereik weldra die groot herberg. Toe ons dit nader, ontdek die buitengewoon vriendelike herbergier ons ook al en hy kom ons met ope arms tegemoet. Toe hy ons bereik, bedank hy My vir die barmhartigheid, wat sy huis deur My besoek ten deel geval het.
[25] En Ek sê vir hom: “Ja, oor jou huis het nou werklik `n groot heil gekom. Maar dit was nie nodig gewees om `n kalf te slag en om vir My en My leerlinge `n middagmaal te berei nie, want Ek kyk slegs na `n edel hart en na `n volkome goeie wil; waar Ek dit aantref, soos ook by jou, daar is geen geslag en gebraaide kalf en nog verskeie ander welbereide spyse voor nodig nie. Maar jy het dit uit vreugde gedoen, omdat jy weet dat Ek vanmiddag jou gas sou wees, en daarom neem Ek jou geskenk dan ook met vreugde aan. Maar lank sal ons onsself nie in jou huis ophou nie, aangesien ons nog `n lang weg voor ons het.”
[26] Die herbergier sê: “O Heer en Leraar, alles geskied volgens U wil en welbehae! Ek het met my gesin egter `n bietjie bang geword dat U miskien tog `n ander weg sou ingeslaan het; want volgens my berekening sou U met die leerlinge al ruim `n half uur gelede hier aangekom het.”
[27] Ek sê: “Dit sou ook gebeur het, as Ek julle heerweg nie van `n reeds lank bestaande onsuiwerheid moes reinig nie. `n Dergelike goeie en noodsaaklike werk het ons ietwat opgehou en sodoende moes Ek hier `n bietjie later aankom; maar tog het Ek, soos ook altyd, op die regte tydstip aangekom.”
[28] Die herbergier sê: “Maar, Heer en Leraar, waarom wil U Uself dan besig hou met die gewone werk om die weë skoon te maak - want dit is werk vir ons laagste knegte?”
[29] Ek sê: “O vriend! As Ek jou lewensweg nie sou reinig, vee en orden nie, dan sou dit met die heil van jou siel gedaan wees! Ek is dus `n baie belangrike, goeie en egte bouer en skoonmaker van weë. Waar Ek die weë nie baan en reinig nie, daar is oftewel heeltemal geen weë, of as daar al skynbare weë is, dan is dit tog so vol vuil en modder dat geen reisiger daarop kan vooruit kom nie, maar genoodsaak is om te keer of onderweg in die vuil om te kom. - Begryp die beeld goed, dan sal dit vir jou wel duidelik word hoe en waarom Ek `n weëbouer en ware weëmeester is!”
[30] Die herbergier begryp die beeld weliswaar nie, maar My leerlinge het dit baie gou vir hom uitgelê, waarna ons vervolgens die huis binnegaan en daar die welbereide maal tot ons neem. Die wyn maak die herbergier en sy gesin baie inskiklik en welsprekend, waardeur hy My dan ook sy warm dank vir die suiwering van die weg betuig. Ons bly hier met almal ongeveer anderhalf uur, onderrig die mense van die herbergier oor baie dinge en trek verder.
|
|
|
|
|