|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 217
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die wonderdade in die herberg voor die poort
217 Dit was `n plek wat reeds buite die poort van die geslote stadjie gelê het, wat vanselfsprekend aan alle kante deur `n sterk muur omring was. Buite die muur en haar poorte staan egter ook nog huise en `n herberg, waar aankomende reisigers meestal hulle lasdiere ingebring het en dikwels ook self onderdak gesoek het. Langs die vroeër genoemde weg, op `n afstand van ruim sewehonderd tree buite die poort, is ook so `n herberg, waar `n groot aantal gaste hulle bevind; waaronder baie Egiptenare, Grieke, Romeine en ook enkele Judeërs, wat met die heidene allerlei handel drywe.
[2] Voor die herberg was `n groot plein, dig met gras begroei. Hierop het `n hele spul doodskiste gestaan, waarin daar sekere dooie kinders was, en hulle vaders en moeders wag in die herberg of wil van die Essene die gewenste toestemming kry om hulle dooies in die goed afgeslote doodskiste na die kasteel te bring. Die ouers het weliswaar al herhaalde kere vir die toestemming gevra, maar het dit nie gekry nie, omdat die reeds bekende wederopwekkingskamer tog al oorvol was met dergelike doodskiste en omdat die Essene hulle nie meer kon en mag aanneem nie.
[3] Maar diegene wat in die bogenoemde herberg gewag het wat van ver gekom het, in die hoop om hulle dooie kinders weer opnuut tot lewe gewek te kry, en saam na hulle huise te kan neem, kon dus ook nie weet dat die Essene geen dooie kinders meer lewend maak nie; en dit was vir die ouers dus soveel bitterder, toe hulle hier hoor dat hulle hulle ver reis verniet gemaak het.
[4] Toe ons die doodskiste, honderd-en-tien in totaal, bekyk, sien die herbergier ons, wat die owerste goed ken, en hy sê dadelik vir die treurige gaste dat die owerste met sy broeders tussen die doodskiste loop en hy dit bekyk, wat vir die bedroefdes `n goeie teken was; want as die owerste self `n dergelike besigtiging doen, was dit vir die wagtendes `n hoopvolle teken dat hulle versoeke verhoor sou word.
[5] Met hierdie troosvolle verwagting staan alle gaste vinnig op en kom na buite, waar ons die opskrifte van die doodskiste lees, en almal vra die owerste met trane in hulle oë om hulle tog nie onverrigter sake hulle ver reis terug huiswaarts te laat maak nie; want hulle het immers nie geweet dat geen dooie kinders meer in hierdie ou wonderplek opgewek word nie.
[6] Roclus sê vir hulle: “Maar al sedert een jaar en langer is daar bodes van hier af in alle rigtings gestuur om die mense mee te deel dat hier geen dooies meer opgewek sal word nie! Het julle dan niks daarvan gehoor nie?”
[7] Die ondervraagdes sê: Nee, magtige owerste! Nie één keer het ons ook maar in die verste verte iets van iemand gehoor nie; want as ons iets daaroor sou gehoor het, sou ons verseker tuis gebly het en sou ons nie sulke groot onkostes aangegaan het nie! Ons het egter, vir die merendeels, eers enkele dae gelede hier aangekom en het in die herberg nog weinig verteer; ook het ons `n paar uur gelede die skatting weer teruggekry, wat ons onderweg hierheen van ons afgeneem was, waaroor ons baie bly was - maar as ons nou daarom onverrigtersake moet terugkeer, sou ons liewer `n tien keer so hoë skatting betaal. O magtige owerste! Verhoor ons gebede vir hierdie een keer! Ons wil graag wag en elke gewenste offer betaal, wanneer u maar so barmhartig sal wees om ons te verhoor!”
[8] Roclus sê: “Ja, my beste vriende, julle het daar anderkant enigsins onware berigte gekry dat hier kinders, wat al maande lank volkome dood in hulle kiste lê, weer tot lewe gewek kan word! Dit was af en toe wel moontlik by mense wat net gesterwe het, wanneer hy in `n skyndood is; maar kinders, soos die in hierdie doodskiste, kan slegs `n god weer tot lewe bring!”
[9] Nou vra `n Griek vinnig: “Watter god bedoel u dan? Want ons het `n hele spul gode! Watter van hulle is die magtigste? Sê dit vir ons, dan wil ons aan hom offer en bid u vir ons tot hom!”
[10] Roclus sê: “Onder julle gode is daar ewig nie één nie, aangesien al julle gode slegs versinsels is en hulle beelde slegs deur mensehande gemaak is. Die enig ware en almagtige God is alleen Die Een wat die Judeërs aanroep; vir Hom alleen is alles moontlik!”
[11] Die Griek sê weer: “Dit het die Judeërs wat by ons woon en handeldrywe ook gesê, en ons het die God van die Judeërs dan ook baie bereidwillig groot offers gebring; dit is ook deur `n Judese priester in ontvangs geneem, met die verklaring dat die offers so spoedig moontlik na Jerusalem gebring sou word, waar die enig ware God steeds in `n geweldige groot en skitterende tempel woon.
[12] Maar ondanks ons aansienlike offers en ondanks die versekering van die Judese priester dat sy enige ware God ons sekerlik sou help, bly ons kinders tog maar dood; en nou dink ek dus dat daar ook hierdie keer nie besonder baie bereik sal kan word met die God van die Judeërs nie. Maar u sal dit hier miskien wel beter weet as die vroeër genoemde Judese priester, wat, eerlik gesê, self geen al te groot vertroue in sy God blyk te gehad het nie, omdat ek gesien het dat hy die gebooie wat hy ons voorgehou het, self die minste in ag neem. Wat sou ons volgens u mening moet doen om deur die enige ware God van die Judeërs gehelp te word?”
[13] Roclus sê: “Ja, my beste vriende, dan moet julle wel eers lewend in julle hart in hierdie God glo, Sy gebooie onder alle omstandighede hou, Hom vervolgens bo alles liefhê en julle medemens soos julleself! Wie dit nie doen nie, word nie deur God verhoor nie.
[14] Ek en my broeders doen dit en ons het dan ook onmiskenbare bewyse dat ons enige ware God altyd dikwels ons gebede verhoor, vooropgestel dat ons Hom nie vir iets dwaas bid nie! Wend julle dus vol geloof in julle harte tot ons God, soos tot `n allerbeste Vader, en beloof Hom dan ook dat julle julle dooie afgode sal verlaat en Sy gebooie presies sal hou; en dan sal dit blyk of ons God julle verhoor het!”
[15] Almal, Egiptenare, Romeine en Grieke, beloof dit plegtig.
[16] Maar Roclus stel nóg `n voorwaarde en sê: “Ek het nou uit julle plegtige belofte begryp dat julle almal volkome ernstig van plan is om tot die een, enige ware God van die Judeërs terug te keer, van wie julle voorvadere hulle al byna 1700 jaar gelede afgekeer het, en daarom het ek in myself nou reeds die volle sekerheid dat God julle wense sal inwillig. Maar wat hier sal gebeur, moet julle vir julle hou, en maak ons nie nóg bekender as wat ons tog al is nie; want wat nou vandag hier sal gebeur, sal daarna nie meer gebeur nie!
[17] Maar allerlei siekes, blindes, dowes, stommes, lammes, kreupeles, jiglyers, melaatses, besetenes, siekes wat aan kwaadaardige koors ly en kranksinniges kan hier hulle heil vind. As julle ook hierdie voorwaarde wil vervul, kan julle die doodskiste oopmaak en julle nou al tot lewe gewekte dooies daaruit haal en hulle te ete gee, in die begin melk en daarna eers vars sop met ietwat brood, en vir die aand ook ietwat wyn!
[18] Maar glo julle nou ook almal sonder twyfel dat al julle kinders in die doodskiste lewe?”
[19] Almal sê: “Ja, u, wat `n magtige vriend is van die een, enig ware en almagtige God, glo ons sonder die minste twyfel!”
[20] Daarop sê Roclus, op my innerlike bevel: “So geskied dit vir julle dan ook volgens julle geloof in die Naam van Jesus JaHWeH Sebaot! En maak nou die doodskiste oop!”
[21] Op hierdie woorde spring almal op hulle doodskiste af, open dit, en hulle kinders, van wie daar enkeles al meer as een jaar in die doodskiste opgesluit was, staan fris en gesond daaruit op.
[22] Die blydskap van die ouers, wat vir dit grootste deel welgesteld was, was nie te beskryf nie, wat maklik te begryp is, en aan die dank, loof en prysing kom byna geen einde nie. Die kinders word baie gou daarna versorg, op die manier wat die ouers vooraf aanbeveel was.
[23] Nota bene: Nou, na byna tweeduisend jaar, sou iemand kan vra: “Hoe is dit tog moontlik dat `n dergelike wonderdaad so totaal verswyg kon bly, net soos `n groot aantal ander?”
[24] Die antwoord lui in kort aldus: Omdat Ek dit Self so verorden het, sodat in die toekoms enkel en alleen die suiwer leer die mens sou lei en stuur en nie die mag van wonderdade nie, wat die vrye wil van die mens belemmer, soos Ek ook al dikwels laat sien het. Hier in hierdie plek, ten tye van My kort durende aanwesigheid in Essea, wat maar aan weiniges bekend was, het dergelike groot wonderwerke nie so `n groot opsien gebaar nie, omdat hierdie plek vir `n lang tyd wyd en syd al te veel bekend gestaan het as `n plek van wonderwerke. Die mislukking van `n wonderdaad sou onteenseglik `n groter opsien gebaar het, as die volkome slaag daarvan, wat elke mens al net so seker verwag het as wat die nag op die dag en die dag op die daarbygaande nag volg. Bowendien was daar aan almal wat hier hulp gevind het, steeds baie ernstig beveel om die wonder nie bekend te maak nie.
[25] Tog is van My dade en die van die Esseen baie opgeteken, wat veral in Egipte in die groot biblioteke bewaar word, maar later, soos ook bekend, deur die blinde Mohammedane vernietig is. En so het dit gebeur dit dat die mense in hierdie tyd byna niks meer weet van die groot wonderwerke wat in hierdie tyd gebeur het nie, waaraan egter ook die ou hoer van Babilon baie duidelik bygedra het. En hoe, dit sal in hierdie tyd aan elke ondersoeker wat nadink, sonder meer bekend wees!
[26] Daar bestaan in die ooste egter ook nog groot aantekeninge, en op die regte oomblik sal daar ook wel enkeles aan die lig gebring word. Daarin staan nog baie wat nie in die teenswoordige bekende vier evangelies voorkom nie; `n Kronologiese volgorde is egter nie daarin te vind nie, net soos ook nie in die vier evangelies nie, maar dit maak nie saak nie. Want die hoofsaak is en bly immers tog altyd die suiwer lewensleer; wie dit aanneem en in My glo, sal deur die gees ook in al die ander binnegelei word.
[27] Wat hier tersyde gesê is, dien elkeen, wat nog enige twyfel oor My en My werke in hierdie tyd gehad het, tot troos en gerusstelling en is voldoende bewys vir die waarheid van wat daar in hierdie, wat nou al baie boekies* is, gesê en getoon is. *(Met “boekies”, word die Skrifte van die oorspronklike manuskrip van Lorber bedoel.)
[28] En nou weer terug na ons saak!
|
|
|
|
|