Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die sewentig leerlinge keer terug na die Heer

62 Ons wag nog `n rukkie, en weldra arriveer die leerlinge wat na Emmaus uitgestuur is; want hulle gees het hulle aangegee dat Ek My in Bethanië en nou op die reeds bekende heuwel te midde van My vriende bevind.

[2] Aanvanklik kom daar slegs ongeveer veertig aan, maar binne enkele oomblikke kom daar ook ander, deur hulle gees gedrywe, na My toe om almal voor My vriende te getuig hoe daar by hulle, reeds in die paar dae, alles in vervulling gegaan het, wat Ek hulle by hulle uitsending voorspel en toegesê het.

[3] Daar kom egter ook nog ander, in allerlei sake ervare en geleerde Judeërs en Grieke met hulle saam; sommiges om van Myself die woorde van die lewe te hoor, ander om My te beproef, of Ek wel egter Die Een was wat die uitgestuurde leerlinge aan hulle verkondig het.

[4] Toe al die nou genoemde en die res van die Judeërs en Grieke om My heen versamel was, vra `n Judeër aan My: “Heer, hierdie leerlinge het ons `n goeie berig oor u gebring, hulle het ons siekes in U Naam beter gemaak en die besetenes van die bose geeste bevry! Daaraan het ons gesien dat u oftewel `n egte profeet is, of dat die beloofde Messias werklik in U verborge is. Aangesien ons egter uit die woorde van die boodskappers tog geen volledige duidelikheid kon kry nie, het ons hierheen gekom om uit U mond te verneem hoe dit gestel is met wat U boodskappers ons verkondig het. Moet daarom nie ons koms hierheen verkeerd opneem nie!” 

[5] Hierop wend Ek My tot die aanwesige leerlinge en sê vir hulle: “Wie na julle luister, luister ook na My; wie julle egter verag, verag ook vir My. En wie My verag, verag ook Die Een wat My gestuur het. Die Een wat My gestuur het is één met My, en Hy is Die Een van wie julle sê dat Hy julle God is; maar julle het Hom nog nooit geken nie, en daarom kan julle ook nie Die Een ken wat Hy gestuur het nie. Ek sê nou egter vir julle, My leerlinge, julle het My woord alles getrou, waar en korrek aan die mense verkondig.”

[6] Hierop kom die ruim sewentig leerlinge vol vreugde nader na My toe en sê: “O Heer, in U Naam moes ook die ergste duiwels aan ons gehoorsaam wees, en daaroor het ons onsself baie verheug!”

[7] Daarop sê Ek in bedekte terme: “Ja, ja, Ek sien Satan wel soos `n bliksem uit die hemel val (die skeiding van die valse van die ware), maar dit is nog nie voldoende nie; maar tree op volgens die waarheid, sodat die waarheid in die mens tot `n lewende goeie word!

[8] Kyk, Ek het julle vanuit My die mag gegee om op slange en skerpioene te trap, en so ook oor alle mag van die vyande! Verheug julle egter nie daaroor nie, maar oor die feit dat julle name nou in die hemel geskrywe staan; en dit is ook My groot vreugde! Daarom prys Ek ook in My menslike natuur vir U, Vader en Heer van hemel en aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir die verstandiges en wyses van die wêreld en dit geopenbaar het aan die onmondiges. Ja, Vader, so het dit U al van die ewigheid behaag!

[9] Ek sê julle nou, wêreldse wyses en verstandiges: Die Vader het aan My alle mag gegee in die hemel en op die aarde! Maar niemand van julle weet wie en wat die Seun is nie; slegs My ewige Vader weet dit. En netso weet en sien ook niemand van julle wie die Vader is nie, alleen net die Seun en vervolgens ook die een aan wie die Seun dit wil openbaar. Aan wie die Seun dit wil openbaar, aan hulle het Hy dit ook al geopenbaar; maar die Seun sal dit nie openbaar aan diegene wat `n hoë dunk van hulle wysheid en skranderheid het nie!”

[10] Hierop wend Ek My tot My leerlinge, wat hier nou almal bymekaar was, en sê spesiaal vir hulle: “Waarlik Ek sê vir julle: salig is die oë wat sien wat julle sien en gesien het, en salig die ore wat hoor wat julle hoor en gehoor het! Want Ek sê julle nogmaals: baie profete en konings wil sien wat julle sien, en hoor wat julle hoor, en het dit nie gesien en ook nie gehoor nie!

[11] Maar hier is daar nou ook enkeles, wat ook sien en hoor wat julle sien en hoor; maar hulle word tog niks gewaar en begryp en neem ook niks op nie, want hulle is en bly verstok en blind van hart. Wie se hart egter verstok en blind is, hy is ook verstok en blind wat sy brein en sy hele liggaam aanbetref; want wanneer juis dit wat in die mens lig moet wees, duister is, hoe diep sal die duisternis van die hele mens dan wel nie wees nie?

[12] Julle weet ook dat sout die belangrikste en beste middel is om die smaak van die voedsel te versterk; wanneer die sout self egter smaakloos geword het, waarmee moet die spyse dan gesout word? Julle is nou egter die sout van die lewe van die mens; waak egter daarteen dat julle nie ook flou (laf) word nie, soos ook die Fariseërs en Skrifgeleerdes flou (laf) geword het waardeur die mense met hulle flou (laf) geworde sout nie aansit tot die ewige lewe nie, maar slegs bederwe tot die dood!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205