Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die grootste wonder van die Heer: Sy Woord

214 Toe ons die maal beëindig en van tafel opgestaan het, vra die herbergier aan `n leerling of Ek al voorheen so `n wonderwerk gedoen het.

[2] Die leerling sê: “Op dieselfde manier is daar al dikwels enkele duisende mense onder die blote hemel gespysig! Ook het die Heer verskeie kere, as mense geen wyn, maar slegs water gehad het, en nie van die suiwerste soort nie, dit deur Sy wil vir ons en baie ander in die beste wyn verander; so het Hy ook deur Sy woord en deur Sy leer ons ou, bedorwe en troebel geworde geloofswater lewend gemaak, en vergelyk met die beste wyn. Werklik, die Heer het in minder as twee en `n halwe jaar buitengewoon baie groot wonderwerke gedoen, en wel soveel dat dit nouliks meer getel kan word of in boeke beskrywe sou kan word nie! Maar die grootste en ewig blywende wonder is Sy woord; wie hom daarvolgens sal rig, sal die ewige lewe in hom hê.

[3] Die tekens, wat die Heer nou doen, getuig vir ons egter maar net van die feit dat Hy die Heer is. In die toekoms sal egter nie meer die tekens wat deur Hom gedoen is, getuig van Sy goddelike heerlikheid nie, maar Sy leer in die hart van die mens wat daarvolgens sal lewe en handel; want dit sal in ons die mees saligmakende teken van die ware en helder van homself bewuste lewe teweegbring - en dit is meer as wanneer die Heer nou in ons teenwoordigheid nog soveel groot wondertekens sou doen, waar ons en ons opvolgers die latere nageslag wel oor kan vertel, maar wat tog maar vir die helfte of waarskynlik dikwels ook gladnie van ons sou wil glo nie. En so sal die tekens wat nou gedoen is, maar weinig invloed hê om die geloof van die latere generasies te vergroot, maar die leer wat aan hulle oorgelewer sal word, wat op sigself die helderste en mees onbetwyfelbare waarheid is, sal dit wel doen!

[4] Vriend, dat ons nou hier is, is wel seker, waar en gewis, en dat die Heer nou voor ons oë groot tekens gedoen het, betwyfel niemand van ons nie; maar oor ongeveer honderd jaar sal dit alles tot die ryk van die wêreldgeskiedenis behoort en - soos alles ook, wat tot die ryk behoort - grotendeels deur baie betwyfel en nie geglo word nie.

[5] Maar die ligte waarheid dat twee en twee saam vier is, sal tot aan die einde van alle tye onwankelbaar bly staan, en so ook die leer uit die goddelike mond van die Heer, waarvolgens elke mens God moet ken, in Hom alleen moet glo en Hom bo alles en sy naaste soos homself moet liefhê. Dit is `n lewenswaarheid wat nooit bestry kan word nie, omdat sonder die waarheid, ten eerste geen gemeenskaplike samelewing van mense sou kan bestaan nie, wat alleen hier op aarde tydelik en materieel van aard is, en ten tweede, omdat sonder die waarheid en die in praktyk bring daarvan, geen enkele siel die ewige lewe uit God sou kan ontvang nie. Want die liefde is die ewige gees van die lewe en derhalwe die lewe self.

[6] Wanneer die mense onder mekaar en ten opsigte van God geen enkele liefde meer het nie, volg daaruit ook streng logies die waarheid dat hulle ook die innerlike en eintlik enige ware lewe van die siel nie meer het nie. Bekommer jou dus in die vervolg maar net oor die leer wat die Heer ons geopenbaar het, en die baie verligte gees van die waarheid daarvan, en handel daarvolgens om die ewige lewe te kry; want tekens kan nóg vir jou, nóg iemand anders die ewige lewe skenk.

[7] Dat die Heer in Homself ewig almagtig is en die hoogste wysheid besit, laat ons nie alleen die nou gedane wondertekens sien nie, maar daarvan getuig in alle tye en voor die oë van alle mense die groot skepping, wat alle denkende mense voortdurend luid toeroep: “Agter hierdie tallose baie en wyse, groot werke moet `n uiterste wyse en almagtige, ewige Werkmeester verborge wees!” Maar hoewel die mens Sy roep hoor en die Werkmeester op die een of ander manier begin te soek - en daar doen hy goed aan - voel hy daarby tog sy eie magteloosheid en swakheid, wat hy nie in `n goddelike krag kan verander nie.

[8] Maar as hulle nou volgens die aan ons geopenbaarde leer van die Heer sal lewe en handel, sal hulle magteloosheid en swakheid deur die krag van die goddelike liefde in hulle verander word in eie mag en sterkte; en dit sal beslis heilsamer vir hulle wees as wanneer hulle verder nog getuies sou wees van nog baie duisende tekens, maar vir hulleself tog in hulle ou magteloosheid en swakheid sou bly! Kyk, dit is my goeie gefundeerde mening!”

[9] Ek sê vir die leerling, wat nou so gespreek het: Nataniël, vir jou hoef ek nie meer te sê nie: “Hoe lank sal Ek jou nog moet verdra, voordat jy insig kry in My ryk!” Want jy het al die regte insig verkry en daarom sê Ek op jou woorde nou “Amen” en bevestig alles wat jy gesê het, as die volle, suiwer waarheid; want so is dit en so sal dit ook vir altyd bly. 

[10] Wie My sal soek in My werke en tekens, sal `n swaar en moeisame vrag hê, en hy sal maklik beswyk onder die swaar las daarvan; maar wie My sal soek in en deur die liefde, sal My weldra as die krag van al die lewe sonder baie moeite in homself vind. En as hy My gevind het, het hy ook alles gevind, naamlik die ewige lewe en die mag, krag en wysheid daarvan. Dit moet julle almal goed onthou en ook aan die ander mense verkondig! 

[11] Maar laat ons nou na buite gaan en `n bietjie om ons heen kyk, wat hom so hier en daar voordoen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205