Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die droom van die hoofman

134 (Die hoofman:) “Laat ook die ander nou openlik vertel of hulle ook dieselfde gesien en gehoor het! Ek verlang dit nie verniet nie, want dit is vir my om die suiwer waarheid te kry, om daarmee aan te toon dat die visioen geen droom nie, maar werklikheid was. 

[2] Ek het naamlik eens op `n tyd baie lewenseg gedroom van een van my geliefde broers, waar ons in Athene bymekaar was en met mekaar oor `n belangrike aangeleentheid gespreek het. Ek was destyds nog in Rome en hierdie broer op die eiland Rhodos, waar hy werk te doen gehad het. Ek skryf die droom wat ek gehad het op, om dit nie te vergeet nie. Maar `n halfjaar later kom ek en hierdie broer werklik in Athene bymekaar, op dieselfde plek waar ons in my droom saamgekom het, en die onderwerp van ons gesprek was, alhoewel met enigsins ander woorde, dieselfde as waaroor ons in die droom reeds `n halfjaar tevore gespreek het.

[3] Na die gesprek vra ek my broer of hy `n halfjaar vroeër in die nag nie ook `n dergelike droom gehad het soos ek nie, en laat my broer by hierdie geleentheid die getroue aantekeninge sien, wat ek saamgeneem het na Athene. Hy lees dit baie aandagtig deur en verwonder hom erg daaroor dat my profetiese droom in `n sekere sin nou in Athene byna letterlik werklikheid geword het, maar hy verseker my ook dat hy nooit `n droom daaroor gehad het en ook nie die minste vermoede gehad het dat ons mekaar in Athene sou sien en spreek nie. Oor die te bespreekte onderwerp het hy wel dikwels nagedink en hy wou my daarom in Rome besoek. Ook het hy dikwels `n sterk verlange na my gehad, maar dat ons mekaar so toevallig in Athene sou aantref, sien en spreek, daarvan het hy, soos ook gesê, geen enkele vermoede en nog minder `n soortgelyke droom gehad nie.

[4] Hierdie droom was vir my dus iets waars; maar waarom het my broer dan niks daarvan geweet nie, aangesien die saak hom tog baie meer aangegaan het as vir my? Wat was my broer in my droom? Alleen maar `n beeld, wat die fantasie van my siel as`t ware lewend en plasties vorm gegee het en die deur hom gespreekte woorde in die mond gelê het! Ek was die eintlike ek, al die ander was `n voortbrengsel van die fantasie van my siel, waarvan ek egter nie kan sê, of dit daarby vry en selfstandig aktief of tog maar net passief gedra het nie. 

[5] En dit is dan ook die rede waarom ek hier ook van die ander - wat net soos ek nog in die materiële lewe is - sou wil hoor, of hulle my ten eerste ook gesien het, soos ek hulle ook gesien het, en ten tweede of hulle al die ander ook so gesien en gehoor het, soos ek dit gehoor en gesien het, en laat ons daarom nou getrou, waaragtig en openlik spreek; want dit gaan hier om die allerbelangrikste lewenswaarheid vir elke mens! Dit is egter `n aut ceasar, aut nihil!* Want as dergelike verskynsels ook maar net dieselfde is as drome, waarmee geen enkele wyse mens `n werklike en ewige voortlewe van die siel na sy liggaamlike dood kan bewys nie, dan is elke sedeleer sonder werklike waarde, en die wette en vereistes en beloftes daarvan het alleen vir die tydelike en burgerlike gemeenskapslewe `n klein, maar tewens illusionêre waarde; maar wat die geestelike betref, hoort dit tuis in die ou Augiasstal**. *(”Die keiser of niks”, d.w.s. “alles of niks”).**(Augiasstal= vuil stal van die mitologiese koning Augias wat deur Hercules skoongemaak is deur die Alpheus rivier daardeur te laat loop)

[6] Maar as `n dergelike verskyning werklikheid is, bewys deur verskeie egte vriende van die waarheid, dan eers kom die troostende sedeleer, in die besonder in haar steeds sterk na vore komende geestelike aspekte, in `n baie ander lig te staan. Ek is `n groot vriend van die waarheid en het julle dit nou in alle erns voorgelê; spreek nou dan ook die volle, ongeveinsde waarheid!”

[7] Hierop vertel almal baie openlik wat hulle gesien en gehoor het, en sweer dat hulle verhaal ongeveins waar was.

[8] Toe die hoofman die verhale gehoor het en daarby volledig daarvan oortuig raak dat wat die mense gesien en gehoor het, die volledige realiteit bevat, sê hy vir RafaEl: “Kyk, jong reus, dit is vir My nou meer waar as duisend wyse toesprake, lesse en wonderdade van die mees buitengewone en besondere mens, wat hulle medemens slegs verstom laat staan met woorde en dade, solank hulle self onder hulle lewe, maar as gestorwe mense vervolgens vir altyd verdwyn en verstom! Die agtergeblewe mense kan dan niks anders doen, as blind en sonder enige verdere oortuiging op goeie geluk te glo dat dit uiteindelik miskien tog so sou kan wees as wat reeds lank gestorwe wyses die mense geleer het!

[9] Maar nou glo ek nie alleen in `n ewige voortlewe van die mensesiel na die dood van die liggaam nie, maar ek is self feitlik volkome daarvan oortuig en kan daarom ook aan baie ander mense verkondig dat die ou geloof in `n enige ware God en in die ewige voortlewe van die siel na die dood van die liggaam `n waarheid is, wat volkome helder deur diverse onmiskenbare ervaringe bewys is, en dat elke mens, wanneer hy getrou volgens die woord en die geopenbaarde wil van die een, ewige ware God leef, hulle self daarvan kan oortuig.

[10] O, maar nou het ook elke woord wat ek uit die mees waaragtige heilige mond van die Heer van die meesters gehoor het, vir my ook eers sy ware en werklike waarde, en ek sal my daarvoor inspan om hierdie leer nie alleen by myself deur middel van dade te realiseer nie, maar ook duisende na hierdie weg toe lei en hulle daarop plaas!

[11] Dit sou natuurlik ook wel goed wees as ek self in geval van nood, die mag en krag sou besit om ook ander mense daarvan te oortuig, op die manier soos ons dit ook nou meegemaak het, dat ek die volle waarheid spreek; maar voorlopig is dit nie so nodig nie, aangesien elke mens wat my maar `n bietjie beter ken, maar al te goed weet dat wat ek sê `n goeie gefundeerde waarheid moet wees, omdat ek my nog nooit tevrede laat stel het met woorde alleen nie.

[12] Dit is nou dus geheel en al in orde en afgehandel; maar aangesien ek hier nou al `n keer my droom vertel het, sou ek dan ook van jou, jong, wyse reus, graag `n klein toeligting wil kry op die wonderlike dinge wat daarin voorkom. Want dat die droom beslis baie geestelikheid bevat het, val nie te betwyfel nie! Maar hoe is nou die samehang met die materiële, wat eers na `n halfjaar gebeur? Wat was die Athene wat ek in die droom gesien het, en wat was die broer, en waar kry hy die woorde vandaan wat hy, terwyl hy hom as `n objek buite homself bevind, vir my gespreek het? Want `n op een of ander manier vry geworde siel van my broer kon dit nie gewees het nie, omdat hy absoluut niks daarvan geweet het nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205