|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 143
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die wese van die elektrisiteit
143 Nou staan RafaEl op en loop na die deur, waar enkele huiskatte na `n muis loer, neem daar een vir hom en dra hom die saal in.
[2] Daar sit hy hom op die tafel en (RafaEl) sê vir die hoofman: “Kyk eers na hierdie mak kat, waarvan die hare nog die bepaalde swak ligglans het! Gryp hom maar net en streel hom vanaf die stert na die kop, dan sal ons by die al swakgeworde lamplig dadelik `n verskynsel opmerk wat julle sal opval!”
[3] Die hoofman doen dit en veral omdat hierdie lug nog buitengewoon baie elektrisiteit bevat het, begin daar stewig knetterend `n hele spul stekerige vonke van die rug van die kat uit te spring.
[4] Toe sê `n leerling van Johannes, wat heimlik nog baie ou brokstukke bygeloof in sy hart koester: “Ja, ja, daar sien julle dit dat die ou mense gelyk het om te beweer dat `n ou kat die duiwel in sy lyf het!”
[5] Maar RafaEl sê: “O nee, vriend, dit sien jy egter nie hier nie; maar uit jou woorde is op te maak dat jy, hoewel jy `n leerling van Johannes is, tog nog nie vry van alle bygeloof is nie. Dieselfde verskynsel sou ek jou ook by ander diere en selfs aan jou eie hoof kon laat sien, en jy sal tog nie wil beweer dat jy ook `n duiwel in jou liggaam het nie?”
[6] Die leerling sê: “Dit glo en hoop ek ook nie; maar waar kom die vonke reën van die rug van die kat dan eintlik vandaan?”
[7] RafaEl sê: “As jy my nie met jou ou bygelowige woorde in die rede geval het nie, het ek die saak nou al halfpad uitgelê. Maar op hierdie manier kan ek nou eers deurgaan met die verklaring en dit beteken dus om geduld te hê; want met één bylslag val daar geen boom nie, behalwe wanneer hy maar die sterkte van `n strooihalm het.
[8] Kyk, hierdie vonke kom nie uit die liggaam van die kat te voorskyn nie, maar net van die oppervlak van sy hare, waaraan die vuur van die luggeeste in die natuur in `n sekere sin maklik bly kleef, om vir julle in die opsig begryplik te spreek. Die vuur van die luggeeste in die natuur wil ons toeskryf aan die ou Egiptenare, Fenisiërs en Grieke se welbekende “elektron”* wat dit ook elektriese vuur noem. *(wat gewoonlik “Elektron” genoem was, wat die naam is waarmee die ou Grieke die eienskap van barnsteen, vanweë die geel kleur - van die son of “elektoor” aandui, wat by wrywing met `n woldoek negatief elektries gelaai word.).
[9] Dit vuur is die eintlike lewenselement van die lug, waardeur daaruit uiteindelik die hele aarde self en alles wat op en in haar is, leef, hulle tot wesens vorm en hulle natuurlike lewe in stand hou, en ook is dit die vernaamste voeding daarvan. Maar in `n bepaalde rus van die lug, die water, die minerale, die plante, diere en mense ontwikkel dit nie, maar bly dit ook ewe passief, en `n dergelike elektriese rus sou mens tereg die dood van die materie kan noem.
[10] Die vuur vervul egter God se hele eindelose skeppingsruimte en maak in sy volkome rus die eter uit, waarin al die tallose groot hemelliggame rondswewe, ongeveer ook soos visse in die water. As die hemelliggame in die eindelose groot skeppings- en tewens eterruimte êrens op één punt sonder enige beweging voor- of agterwaarts sou bly stilstaan, dus volkome in rus, dan sou hulle spoedig soos `n dooie lyk bederf, heeltemal oplos en oorgaan in die rustige eter. Maar daarom het die Skepper met Sy Wysheid en Mag goed daarvoor gesorg dat al die tallose baie hemelliggame in die groot eterruimte voortdurend en op allerlei maniere beweeg, en dit aldeur in hoë mate in `n onrustige beweging bring en as gevolg daarvan tot `n aktiewe ontwaking dwing.
[11] Maar dit sou ons hier teveel tyd kos om julle die groot “hoe” helder uiteen te sit, en julle kan dit alles, baie presies uitgelê kry deur die Heer Self, en van al Sy leerlinge hoor, wat as enigstes in die groot geheimenisse van die skepping ingewy is. Daarom sal ons slegs hierdie aarde van ons in die algemeen ietwat van naderby bekyk!
[12] Kyk, hierdie atmosferiese lug waarin ons asemhaal en, natuurlik gesien, volgens die liggaam lewe, reik - in julle terme gespreek - slegs enkele ure bo die vaste oppervlak van die aarde uit! Bo-op die oppervlak van hierdie lug rus vervolgens die, in `n sekere sin dooie en dus geheel weerstandslose eter.
[13] Om nou heeltemal waar te spreek en nie te dink volgens die ou, baie onware manier van die ou en blinde astroloë, astronomie en jaarrekenaars nie: Die aarde beweeg haarself in - laat ons sê - 365 dae en nog `n bietjie meer, om die groot son, en bowendien nog in ongeveer 24 uur en iets meer tot op `n sekere hoogte om haar eie middelpunt-as, wat die leerlinge julle ook alles nog van naderby sal uitlê; want nou is dit voldoende dat ek julle net opmerksaam maak op die baie vlug beweging van die aarde in haar wye baan rondom die son. Ook al kan julle dit nie verstaan en nog nie begryp nie, dan kan julle egter voorlopig van my aanneem dat die aarde, gemiddeld geneem, in één uur wel ongeveer 5760 ure in haar wye sirkelbaan voorwaarts beweeg en bowendien nog om haar eie as, in die besonder aan die ekwator, wat julle die gloeiende ewenagslyn noem, in één uur se tyd ongeveer 474 ure verder draai.
[14] Uit hierdie bewegingsnelhede van die aarde, wat ek julle nou aangegee het, kan julle wel uitmaak dat alleen daardeur al die rondom die aarde rustende etergeeste in `n baie aansienlike onrustige beweging en daaruit voortvloeiende aktiwiteit gebring word. Daardeur word, in die eerste instansie die lug wat die aarde omgeef, met hulle versadig, en vervolgens via die lug, die hele vaste aarde self en alles wat hulle daarop bevind.
[15] By beide aan julle getoonde bewegings kom nog die baie vinniger beweging van die lig van die son, waardeur die etergeeste ook in hoë mate in `n onrustige beweging en in baie groot aantalle na benede na die aarde gedrywe word. Maar daardeur gebeur dit dat veral op sommige dae in die voorjaar, somer en herfs die lug van die aarde te sterk versadig raak, en daarmee ook die aarde en haar bewoners. Op sulke dae word dit dan gewoonlik benoud en mense, diere en plante voel hulle afgemat, word traag en verlang meer na rus as na een of ander aktiwiteit.
[16] En kyk, die gevoel is dus afkomstig van die aanwesige etergeeste wat in `n hoë mate in die lug en die aarde is omdat, soos ook reeds gesê, hierdie geeste die ewige oorheersende neiging tot volslae dodelike rus het, hoewel hulle nie op sigself dood is nie!
[17] Maar deur `n dergelike gedwonge opeenhoping begin die genoemde etergeeste steeds sterker hulle belastende druk te voel, en begin daarom ook te beweeg om hulle van die druk te ontlaai, om daarna weer hulle soet en behaaglike rus te verkry. Hulle beweeg en manifesteer hulle eers in die vorm van winde, wat vervolgens hewiger word, wanneer die, in `n sekere sin oorversadigde liggaam van die aarde, haar inwendige, nog ongegiste natuurlike etergeeste omhoog begin te drywe na die oppervlak van die aarde en haar laer luglae.
[18] Uit die deurmekaar mengsel van hoër en laer etergeeste in die lug van die aarde, ontstaan dan steeds digter newels en wolke; die toenemende swaarte daarvan belas die etergeeste steeds meer, en hulle begin `n uitweg te soek en uit te wyk na waar hulle die minste weerstand teëkom, en hierdie vlug van die steeds meer onder druk staande etergeeste, wat hulle in hulle verdrukking dan ook onwillekeurig in `n sekere sin verbind met die reeds meer verdigte geeste van die lug van die aarde, veroorsaak `n hewige stormwind, wat deur sy voortstromende geweld bome en huise vernietig en die see tot golwe so hoog as berge opsweep.
[19] Maar wanneer die genoemde etergeeste ondanks so `n vlug hulle êrens op die agtergrond in die omgewing van die aarde nog voortdurend steeds sterker ophoop, wat julle goed kan merk aan die steeds swarter en digter word van die wolke, dan word die druk vir hulle ondraaglik. Skielik gaan hulle dan in `n soort grimmige woede vanuit hulle traagheid oor tot die grootste aktiwiteit, en die baie groot aktiwiteit van hulle is dan die vernietigende vuur van die bliksem, wat met nagenoeg die snelheid van `n gedagte met groot gebulder uit die vir hom te belastende wolk ver wegskiet en alles wat in sy weg kom, met onweerstaanbare geweld vernietig. Die aarde- en luggeeste word by hierdie geleentheid egter as`t ware deur reusagtige stootkrag sodanig voor mekaar aangedruk dat hulle mekaar noodgedwonge moet vasgryp, steeds nader en materieel swaar word en as `n swaar reën of, as dit daar baie grimmig toegaan, ook as hael op die aarde val.
[20] Maar as die suiwer etergeeste deur die onsuiwer aardse etergeeste in belangrike mate te veel beledig word, soos ook die geval netnou was, dan laat hulle hulle aktiwiteit ook tot aan die hoogste toppunt toeneem. In die geval vernietig hulle die aardse eter- en luggeeste deur hulle algemene vuuraktiwiteit, en by sulke seldsame geleenthede kom daar dan nóg reën nóg hael te voorskyn.”
|
|
|
|
|