Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die reis na Bethanië

53 Ten slotte vra Agricola My nog of hy nie één van die goue bekers, wat op wonderbaarlike wys geskape was vir die tafel van die Romeine, as herinnering sou mag saamneem teen betaling van `n aansienlik geldbedrag.

[2] Ek sê vir hom: “Wat vir julle geskape word behoort julle ook toe te kom en jy kan dit dus ook sonder betaling van `n geldbedrag saamneem. Bowendien sal jy tog al genoeg arm mense van hier met jou saamneem na Rome en hulle daar goed versorg, en dan is die bekers in materiële opsig slegs `n baie klein beloning vir wat jy ter wille van My doen. Neem daarom alles wat julle aan aardse kosbaarhede op julle tafel vind! Maar beskou dit nie as `n werklike loon vir alles wat julle uit liefde vir My vir die baie arm mense en verdruktes doen nie; want jou loon daarvoor sal daar reeds op aarde, en boonop aan ander kant in My ryk, baie anders uitsien.

[3] Sorg, wanneer julle tuis is, egter ernstig en goed vir diegene wat Ek aan jou sorg toevertrou het! Oor een jaar sal julle vir regeringsaangeleenthede `n reis na die uiterste weste van Europa moet maak, saam met `n seun van jou, en daar sal julle lank vertoef en baie te doen hê. Reël in die tussentyd jou huishouding egter goed, sodat almal wat Ek jou toevertrou het, niks kort sal kom nie, nie in liggaamlike opsig en nog minder wat hulle siel betref!”  

[4] Agricola sê, uit liefde vir My, heeltemal tot trane toe geroer: “O Heer en Leraar, dit sal sekerlik my vernaamste en grootste sorg wees en ek hoop dat ek alles met U hulp, waar en goed sal slaag! Maar verlaat my nooit en laat geen te swaar versoekinge oor my en my huis kom nie! Ek ken nou weliswaar my krag wat deur U geskenk is, baie goed; maar ek ken ook my ou, hoogs eie swakhede. As die een of ander swakheid my af en toe byna sou laat val, - o Heer, gryp my dan en versterk my wil, sodat ek tot die einde bly en nie val nie!”

[5] Ek sê: “Waarlik, wat jy die Vader, wat jy nou ken, in My Naam sal vra, dit sal jou ook gegee word! Wees dus steeds vervul van troos en `n ware en egte vertroue; want as jy in die lewende geloof en in die liefde tot My volhard, sal Ek steeds by jou wees en jou lei en stuur, soos Ek ook dit ook sal doen by elkeen wie se geloof en liefde ook is soos die van joune!”

[6] Hierop bedank alle Romeine My, net soos almal wat nou aan die sorg van die Romeine toevertrou was.

[7] Ons was nou reisvaardig en gaan op die pad wat na Bethanië lei.

[8] Toe ons langs die muur van die stad trek, sê die herbergier uit die dal, wat ook saam met ons huiswaarts gaan, netsoos die herbergier van die herberg aan die groot heerweg nie ver van Bethlehem nie: “Heer, kyk net na hierdie verskriklike sterk mure van die stad! Hoe kan dit met menslike krag verwoes word?”

[9] Ek sê: “Wat deur hande van mense gemaak is, kan ook daardeur verwoes word. Want die mens is oor die algemeen meer bedrewe in die vernietiging as in die opbou, en so sal hulle te gelegener tyd ook hierdie sterk mure se baas word. Ek sê vir julle: Nie één steen sal op die ander gelaat word nie! Oor `n paar eeue sal die mense die plek soek waar die tempel nou nog staan, en hulle sal dit nie vind nie.

[10] Want hoe was dit in die tyd van Noag voor die groot vloed? Ek het julle dit `n paar dae gelede laat sien! Die mense uit die tyd kon selfs berge vernietig, waardeur die water binne in die aarde losgebreek en die boosdoeners verdrink het; dus te gelegener tyd sal die mens met baie minder moeite met hierdie muur afreken!”

[11] Met die antwoord was beide tevrede; ons trek verder oor die weg en kom weldra by `n tolhuis.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205