Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die bewoners van die vernietigde hemelliggaam

76 Toe dit so vir die aanwesiges getoon en uitgelê word, sê Markus, die Romein: “O Heer en Leraar, dit moes op die planeet vir die mense tog iets onbeskryflik verskriklik gewees het! Hulle moes almal wel van vertwyfeling gesterwe het! En wat het daar van hulle siele geword?”

[2] Ek sê: “Dat `n dergelike katastrofe vir die mense iets baie ontsettend was, dit is wel seker; maar dit was hulle eie skuld. Hulle was reeds vooraf gedurende baie en lang tye onderrig, vermaan en gewaarsku. Daar is aan hulle gesê wat hulle kon verwag. Maar met hulle wêreldse verstand beskou hulle dit alles as breinspoeling en onsinnige verhale van die sieners, wat in hulle eenvoud en aardse armoede die liggelowige volk maar net sulke dinge voorspel het, om aansien te verwerf en in die hoop dat mense in hulle liggaamlike onderhoud sou voorsien. Die hooggeplaaste en vername mense het hulle nie net nie geglo nie, maar hulle ook van alle kante met vuur en met die swaard vervolg; ja, hulle het hulle ten slotte so sterk versit teen alles wat ook maar enigsins na die geestelike geruik het, dat elkeen wat dit maar gewaag het om hardop te praat of te skryf oor iets wat maar net in die verste verte betrekking gehad het op `n gees, sonder enige barmhartigheid gedood was, en dit was dan ook nie meer moontlik om die groot hoogmoed en die onbarmhartige harte van die mense die hoof te bied nie.

[3] Hierdie mense was baie vindingryk in aardse dinge en reeds baie duisende aardse jare gelede `n soort springstof uitgevind. Wanneer dit aangesteek word, vernietig dit alles. Wanneer hulle ongeveer tienduisend pond van die vreeslike ontplofbare stof ongeveer duisend manshoogte diep onder die berg Libanon in `n grot sou opstapel en dan aansteek, dan sou dit vervolgens alles op een en dieselfde oomblik ontbrand en die hele groot, hoë berg in baie stukke uiteen ruk, soos ook die Hanogiete vóór Noag met baie berge gedoen het, waardeur die inwendige watersluise van die aarde geopen was en almal vervolgens in die hoë vloedgolwe omgekom het. 

[4] Kyk, met sulke verskriklike, deur die duiwels ingegewe uitvindinge voer die mense van die nou vernietigde planeet steeds hulle misdadige praktyke uit en ten slotte ook op baie groot skaal. Hulle voer oorloë, en die een ondermyn die land van die ander diep aan alle kante, en hulle vul die myne met groot hoeveelhede van die duiwelse springstof. Dit word dan op slinkse wyse aangesteek en vernietig die hele groot land. Met dergelike pogings om die land te vernietig gaan hulle steeds verder en verder, en hulle maak ook steeds dieper en groter gate in hulle groot aarde, wat byna tweeduisend keer groter was as hierdie aarde; maar ten slotte gaan hulle tog te diep, waardeur die inwendige kamers van die aarde, wat van nature ook ver en diep na alle kante met oervuurstof gevul is, vinnig en heftig saam aan die brand vlieg. En kyk, die inwendige vuurgeweld ruk die gehele groot planeet uit sy baan en laat hom in alle rigtings ontplof, en die slegte mense het hulle einde bereik, saam met die van hulle aarde!

[5] Ek het wel geweet dat dit so sou plaasvind, en dit was ook My bedoeling dat hierdie aarde nou is wat hy is. Hierdie aarde kom egter oorspronklik ooreen met die deemoedigste kleinste deeltjie in die liggaam van `n mens, naamlik die onderste knobbeltjie van die huidsenuwee van die kleintoontjie aan die linkervoet - weliswaar nie wat die plek betref nie, maar, soos ook gesê, wat die geestelike betekenis van deemoed betref - en nou is julle die draers van My eintlike kinders, wat hulle uit eie vry wil volgens My wil wat aan hulle geopenbaar is, moet rig en opvoed.

[6] Daar bestaan origens selfs in fisiese opsig `n verbinding en `n ooreenkoms tussen die hooflewensknobbeltjie in die hart en die knobbeltjie van die onderste huidsenuwee van die linker kleintoontjie. En daarom kan mens veral in deemoedig geestelike opsig sê dat hierdie aarde vroeër ook ooreengekom het met die vroeër genoemde huidsenuweeknobbeltjie van die toontjie by die Groot Skeppingsmens en daarom nou ook die hooflewensknobbeltjie in die hart van die Groot Skeppingsmens is en sal bly; dit wil sê: geestelik, deur middel van die kinders van My Liefde en Wysheid wat op haar ontstaan het Maar sy kan ook fisies nog so bly gedurende `n tyd wat vir julle onvoorstelbaar lank is, al sal daar op haar bodem ook groot veranderinge plaasvind. Want ook die latere nakomelinge sal weer die slegte springstof uitvind en nog `n groot hoeveelheid vernietigingsinstrumente, en hulle sal baie, baie verwoesting op die aarde aanrig; dat hulle egter nie tot op `n te groot diepte in die aarde kan kom nie, daarvoor sal goed deur My gesorg word.

[7] So sal Ek ook die wat Myne is op hierdie aarde nooit as wese agterlaat nie, maar in die gees by hulle bly tot aan die einde van haar tye, en daarom sal `n dergelike vernietiging op hierdie aarde nooit kan plaasvind nie; maar plaaslike vernieling en verwoesting sal sekerlik plaasvind, en daarby sal die mens ook in groot angs, skrik en ellende raak, en baie sal swaar ly onder angs en bang verwagting van die dinge wat oor die aarde gaan kom. Maar hulle sal ook self skuldig wees aan wat daar oor hulle sal kom.

[8] En so het Ek dus vir julle onthul hoe dit is met die vernietigde hemelliggaam toentertyd, en hoe dit nou met hierdie aarde gestel is en in die toekoms sal wees; maar gaan jy nou by jouself na, of jy alles wel begryp het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205