Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die oordeel van die heidendom

46 Nou sê My ou leerlinge: “Heer en Leraar, U het ons tog beloof dat U ons, terwyl ons nog hier is, meer daaroor sou vertel; doen dit dus nou, aangesien dit nou wel die mees geskikte geleentheid daarvoor is!”

[2] Ek sê: “Wanneer dit die mees geskikte geleentheid daarvoor sal wees, weet Ek wel die beste, en bowendien het Ek julle tog al baie daaroor meegedeel, wat ook verseker so sal gebeur, omdat Ek aan die vrye wil van die mens niks mag verander nie - en julle dit nie kan verander nie!”

[3] Maar met My geboorte het die oordeel van die heidene oral reeds begin; dit duur nou in steeds toenemende mate voort en sal tot by die volle lig onder die mense op hierdie aarde nog byna 2000 jaar voortduur.

[4] Soos julle ook nou egter aan die oggendhemel sien hoe daar allerlei wolke hulle vorm en hulle aan die horison opstapel, asof hulle die opgaan van die son sou wil teenhou, so sal ook groot aantalle allerhande belemmerende wolke hulle toringhoog verhef vir die eens komende groot opgang van die ewige en geestelike son van die waarheid en baie skade aanrig onder die mense, maar wat die uiteindelike groot opgang van die son van die waarheid tog nie sal kan verhinder nie.

[5] Julle het so flussies nog baie mooi sterre aan die hemel sien straal, en ook in die weste sien julle sterre, wat diep in die nag geskitter het. Kyk, hulle gaan as goeie bodes vooraf aan die nog sigbare bodes van die oggend en werk tydens die nag; en dit is nou julle taak!

[6] Wanneer daar egter nog helderder oggendbodes aan die geestelike oggendhorison sal opgaan, dan sal dit `n teken wees dat die groot en algemene son van die lewe en waarheid weldra sal volg. Haar baie helder lig sal `n onverbiddelike oordeel wees vir alle leuens en bedrog, wat saam met haar volgelinge en vereerders en haar groot wêreldse praal in die afgrond van die veragting, die regverdige toorn en die vergetelheid geslinger sal word. Want dan sal die verligte mens nie meer terugdink aan die bedrog en aan die oordeel wat so lank geduur het nie.

[7] Maar soos julle ook nou al goed kan sien dat die vooraf so dreigende swart uitsiende wolkmassa goue opgeligte rante begin te kry, so sal julle in die tyd ook sien dat die mens, wat tot kort vooraf nog heeltemal duister en ware vyande van die lig van die waarheid was, van alle kante deur die ligstrale van die waarheid steeds meer en helderder verlig sal word, en vervolgens ook, self stralend, tot vyande van die ou leuen word. En `n dergelike verligting deur die son van die waarheid uit die hemele, wat sy volle opgang nader, sal My teken van die Menseseun wees vir alle waaragtige mense op aarde en die beginnende groot oordeel oor die hoer van die nuwe Babilon.

[8] Dan sal die liefhebbers van die waarheid in blye gejubel uitbars en My loof, omdat Ek hulle reeds vooraf die teken gestuur het van My opgang aan die hemel van die innerlike geestelike dag. Maar die vyande van die waarheid sal begin om te kerm en erg te kners op die tande en hulle sal hulleself, vir sover dit nog enigsins moontlik is, met hulle steeds minder wordende aanhangers in duistere hoeke wil verberg, wat hulle egter niks sal help nie; want as die volle son van die waarheid dan opgegaan het, sal haar lig alle duistere hoeke en gate en hole geheel verlig, en die vyande van die lig sal geen toevlugsoord meer op die hele nuwe aarde vind nie.

[9] Ek self sal egter in die son wees as die ewige Waarheid en deur middel van Haar lig sal Ek by die mense Heerser en Leier wees van hulle lewe en van hulle tydelike, geestelike en ewige lot.

[10] En daarmee het Ek julle nou die volle en maklik te verstane waarheid oor die groot oordeel van die nuwe en ou heidendom getoon. Maar ten behoewe van die mense sal Ek julle later nog `n beeld gee wat julle dan ook aan die mense kan meedeel, egter nie sonder die korrekte verklaring nie. - Laat ons nou die oggendtafereel rustig verder bekyk!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205