Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Sneeu en ys

147 Na `n rukkie vra die hoofman weer aan RafaEl: “Luister eers, ons jong, mooi en hooggeëerde vriend, daar het nou net, ten aansien van die werking van die “elektron”, nog iets my te binne geskiet, en ek sou graag in kort van jou wil hoor of die verskynsel van die winter ook `n gevolg is van die werksaamheid van die etergeeste, en hoe.”

[2] Daarop sê RafaEl: “Sekerlik is dit so! In die winter, en in die besonder op die meer noordelike geleë dele van die aarde en presies so in die verre suidelike geleë lande, eilande en seë, val die strale van die son steeds skuinser op die aarde, wat saam met die atmosferiese lug so rond soos `n bal is. Daardeur word die etergeeste in die omgewing van die pole op die noordelike en suidelike halfrond dan ook minder in hulle rus gesteur deur die strale van die son, wat daar duidelik swakker word, en ook baie minder as by die ewenaar van die aarde, deurdat die wrywing van die lug wat tot aan die eter reik, minder word. Daardeur word hulle egter ook minder aktief en oefen hulle sodoende minder invloed uit.

[3] `n Dergelike passiwiteit het dan ook tot gevolg dat die luggeeste self minder aktief word en ten slotte ook heeltemal sonder enige beweging as`t ware verstar op mekaar sou druk, soos in `n dergelike deel van die aarde waar die inwendige aardgeeste nie in groot hoeveelhede sou opstyg en hulle in hulle rus sou steur nie. Hierdie, in `n sekere sin ongenooide gaste, bespeur die etergeeste wat in die lug aanwesig is en begin meestal daarheen te vlug waar minder aardgeeste is, en dit gebeur in die rigting van die ewenaar van die aarde. By sulke geleenthede dwing die vlugtige etergeeste dan tewens die aan hulle verwante luggeeste om saam te vlug, en vir die gevoel van die mense, diere en plante begin daar dan yskoue winde te waai, wat koud is vanweë hulle baie minder aktiwiteit; want slegs `n verhoogde en vergrote aktiwiteit bring warmte voort.

[4] Wanneer die onsuiwer geeste in die lug van die aarde steeds sterker in getal toeneem, dan sal hulle daardeur ook newels en wolke in steeds digter massas begin vorm en vertoon, en hierdie word deur die reeds beskrewe winde saam voortgedra en naby opmekaar gedruk. Daardeur ontstaan daar `n stryd, waarby die onsuiwer geeste in die vorm van sneeu op die aarde neergewerp word en daardeur ook gesuiwer word, en dit gebeur dikwels met groot getalle tegelyk. Dit is vir die aardbodem dan weer goed en nuttig, omdat die aarde deur die sneeu bemes en haar vrugbaarheid verhoog word.

[5] Maar ek sien in jou nog `n vraag, en dit is dat jy, wat as hoofman gedrywe word deur dors na kennis, nog graag van my sou wil hoor of die ys op riviere, mere, vywers en ook op die seë eweneens deur die bepaalde geeste voortgebring word.

[6] Baie verseker! Deur te min aktiwiteit en deur hulle drang na rus, word hulle nog nouer teen mekaar gedruk, gepers in `n sekere sin, sonder om daarby tot enige aktiewe beweging te kom; sodoende word hulle swaar en verenig met die luggeeste, druk op die geeste van die water, wat daardeur eweneens volledig passief word, en die volledige passiwiteit is nou dit wat hom aan jou as ys op die water vertoon. Hoe minder aktiwiteit wat hierdie, voldoende getoonde geeste, dus in hulleself ontwikkel, hoe kouer word dit dan ook in die streke, waar aan die geeste te min geleentheid tot verhoogde aktiwiteit gebied word. Daarom bevries voortstromende riviere in die winter vinnig en bedek dan ook baie moeiliker as rustig stilstaande water, omdat die bepaalde geeste daarin noodgedwonge baie aktiewer is as in die stilstaande water.

[7] Kyk, mense en ook diere wat traag en passief raak deur die warmte, sweet nie, en in koue jaargetye gladnie; maar mense wat egter aktief besig is sal selfs in die winter nog geen gebrek aan inwendige natuurlike lewenswarmte hê nie. Traagheid in alles is in `n sekere sin die dood en die oordeel van elke wese.

[8] Spoor daarom julle medemens ook aan tot aktiwiteit, want in die aktiwiteit ontwikkel hulle die lewe, in traagheid egter die dood. Daarmee het ek julle nou ook in die opsig `n goeie en egte lig gegee; gebruik dit ooreenkomstig die waarheid, dan sal dit vir julle goeie vrugte afwerp!”

[9] Hierop bedank almal RafaEl ook vir hierdie les en prys sy wysheid, wat hy ook besit in die beligting en grondige en helder uiteensit van alle verskynsels in die natuurlike wêreld, wat voorheen geen enkele natuurgeleerde ook maar by benadering ooreenkomstig die waarheid geken en kon verklaar nie.

[10] Maar tog kon hierdie nuwe leerlinge hulle nog geen korrekte voorstelling maak van die uiterlike vorm van die aarde nie, ondanks die wyse woorde van RafaEl.

[11] Daarom sê die hoofman vir RafaEl: “Ek kan my die meeste van wat jy ons geleer het, nou wel baie goed voorstel, omdat ek begryp hoedanig die geeste of die geheime krag van die natuur oral is en hoe dit werk; maar van die vorm van die aarde het ek nog geen korrekte voorstelling nie. Wil jy my nie `n beeld van haar gestalte en hoedanigheid skets, waarby ek my alles beter kan voorstel nie?”

[12] RafaEl sê: “My beste vriend, met woorde gaan dit absoluut nie werk nie, want al sou ek jou die gestalte van die aarde `n jaar lank beskryf, dan sou jy nog geen volkome korrekte voorstelling daarvan hê nie; maar ek sal vir julle nuwelinge iets anders doen om julle duideliker in te lig oor die gestalte van die aarde, en wel, as julle dit wil, dieselfde wat ek by julle gedoen het om die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam te verklaar. In so `n verhoogde toestand van sien van die siel sal julle vir `n paar oomblikke die hele aarde kan oorsien en julle op die manier dan die mees ware voorstelling van haar gestalte kan vorm.

[13] Daarvoor sal ons egter nie die innerlike sieletoestand van die derde graad van sien nodig hê nie, maar slegs die van die tweede, en dan sal julle die aarde van die noord- tot die suidpool heeltemal oorsien, soos sy ook is, en as ek julle weer uit die geestesvervoering sal wakker roep, sal ek ook daarvoor sorg dat julle, dit wat julle gesien het, so helder moontlik sal bly herinner. As julle dit dus wil, sal ek dit nou ook doen.” 

[14] Almal sê: “Ons vra jou om dit vir ons te doen!”

[15] Maar nou staan die ander Romeine ook op en sê: “Luister! Ons het weliswaar van die Heer `n wonderbaarlike verklaring oor die uiterlike gedaante van die aarde gekry, waarby ons haar ook kon aanskou, sodanig dat ons dit van die noord- tot die suidpool en in haar gehele omvang baie presies ken; maar ons glo dat dit ons tog ook van nut sou wees as jy ons nou ook, saam met die nuwelinge, in geestesvervoering sou bring, sodat ook ons in alle waarheid kan getuig van wat ons gesien het! As jy dit goedvind, doen ons dan ook die genoeë!”

[16] RafaEl sê: “Vir julle is dit weliswaar nie meer nodig nie; maar ter wille van `n groter getuienis, kan ek dit wel eweneens met genoeë vir julle doen, dus berei julle voor daarop!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205