Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Doel en betekenis van seremonies

175 Ek sê: “O ja, verseker! Wie die wette van Moses ken en daarvolgens leef en handel, hom in sy hart waaragtig en ernstig weerhou van die waardelose heidense veelgodery en dan alleen die éen ware God bo alles liefhet en sy naaste, soos wat Ek julle ook al getoon het, soos homself, die is dan volkome Judees en het verder niks meer daarvoor nodig nie.

[2] Wat is daar nog geleë aan die tempel in Jerusalem, of aan al die los seremonies, wat slegs vóór My koms `n voorbereidende simboliese betekenis gehad het, maar nou hol, sinloos en sonder betekenis is!

[3] Dink in plaas van die betaal van `n ontheffingsom, liewer mettertyd aan die arm mense en maak elke onreg goed, dan sal julle in My oë en die van God meer as volmaakte Judeërs wees en sal as sodanig ook `n groot aandeel in My ryk hê!

[4] Wanneer Ek dit vir julle sê, dan kan julle My wel glo; want die God, wat eens op Sinai tot Moses gespreek het, spreek nou deur My tot julle! En as Ek nou iets in My oë as waar en geldig verklaar, wie sou julle dan die teendeel moet bewys? - Het julle My begryp?”

[5] Die herbergier en ook sy seun Kado sê vol vreugde: “Wie sou iets nie, wat volgens die suiwerste insig en die skerpste verstand van `n mens maar al te waar is, nie begryp nie? Ons dank U ook vir die verhelderende antwoord!

[6] Maar omdat ons nou tog aan die praat en vra is, sou ons graag van U wysheid hoor waarom daar eintlik ooit `n seremoniële sogenaamde godsdiens ingevoer was, en waarom God dit ooit toegelaat het. Want volgens ons idee is dit steeds die rede vir allerlei bygeloof, veelgodery, afgodedom en ten slotte volledige goddeloosheid gewees, soos ons ook sien by die wysgere wat die leer van Diogenes aanhang. As die mens dadelik vanaf die oerbegin af `n suiwer leer van pligte ten aansien van God en die mens gegee sou wees, net so eenvoudig en begryplik as U, o Heer en Leraar, dit aan ons voorgehou het, dan sou daar tog sekerlik baie onheil op hierdie aarde agterweë gebly het.

[7] Moses is onteenseglik die suiwerste en mees waaragtige godsleraar en mees getroue verkondiger van God se wil aan die mens; maar ook sy leer is nie sonder enige seremonie nie, hoe betekenisvol dit ookal is; en juis die seremonies is nou die sigbare verval van die origens so verhewe Judeërdom, en dit het met verloop van tyd maar steeds erger geword. Waarom was daar eintlik in die oertyd, altyd saam met die openbaring van `n goddelike leer, `n seremoniële kultus verkondig, en was daar selfs gebooie ingestel wat streng beoefen moes word?”

[8] Ek sê: “Vriend, volgens menslike maatstawwe het jy baie goed gespreek, en in die allereerste begin van die mens op hierdie aarde is hulle die goddelike leer ook net so suiwer gegee soos wat Ek dit nou vir julle gegee het; maar die mens, wat by alles wat daar gebeur en ontstaan in die natuur van die dinge en die verskynsels op en bo hierdie aarde maar al te gou daaraan `n voorafgaande seremonie ontdek, val daardeur self by al hulle handelinge terug op `n voorafgaande seremonie en pas dit dan ook toe by hulle eredienste vir God.

[9] So beweer hulle dat mens God slegs op bepaalde rein plekke moes aanbid en vereer; wie dit nie doen nie, laat daarmee sien dat hy geen ware agting en ontsag vir God het nie. Om sulke plekke vir die mens meer eerbiedwaardiger te maak, verrig mense daar `n soort offerdiens, in die begin weliswaar met werklik suiwer en weloorwoë goeie bedoelinge, aangesien die mens daar `n deel van die opbrengs van hulle arbeid en hulle inspanning vir die deur God opgewekte leraars moes offer, sodat die leraars, wat hulle met die onderrig besig gehou het, daarmee in hulle lewensonderhoud kon voorsien.

[10] Toe die mens hulle langsamerhand steeds meer vermenigvuldig het op die aarde en hulle steeds verder versprei het, kom daar ook steeds meer leraars en godsdienstige bedehuise en offerplekke, wat deur die leraars tot rein en Elohimwaardige plekke verklaar was. Toe die mens nou deur hulle ywer ryker en welvarender geword het, was hulle ook nie meer tevrede met die plekke, wat maar net rein en vir God waardig verklaar was nie, soos ook bepaalde heuwels, klein bosse, suiwer fonteine en hier en daar ook tuine wat met welriekende blomme aangelê is, maar hulle bou aansienlike hutte, later huise en tempels, waar die leraars die volk onderrig, wat hulle gebringde offers aanneem en saam met die volk daar tot God bid met woorde, gebare en ook met gesange; en met die dinge wat hulle besonder mooi, pragtig en verhewe vind, eer hulle dan ook God as die Skepper van sulke pragtige dinge en hulle wy dit ook aan Hom.

[11] En kyk, so het die mens, en in die besonder hulle steeds ryker, maar ook steeds hebsugtiger en heerssugtiger geworde leraars en voorgangers, langsamerhand self seremoniële godsdiens (wat werklik maar net in naam godsdiens is) uitgevind en ingevoer, en daaruit het vervolgens maar al te gou `n ware afgodedom voortgekom!

[12] Moses het in feite geen seremonies ingevoer nie, maar het dit maar net uitgelê en teruggebring na die ou, suiwer oertoestand. Hy het beelde en tempels vernietig en slegs één hut was daarvoor bestem, waarin die ark homself bevind het; daarin was die wette en boeke van Moses en later ook die geskrifte van die ander profete bewaar, naas nog ander voorwerpe, wat aan God se dade herinner.

[13] Maar Moses het, volgens die aanwysings van God, aan alles wat na `n seremonie gelyk het, steeds `n dubbeldoel verbind: die een was dat die seremonie simbolies soos `n tekenskrif ook alles sou weergee wat nou in My tyd in volle werklikheid gebeur en nog verder sal gebeur; en ten tweede verbind hy politieke doeleindes daaraan en ook ander, wat baie heilsaam was vir die instandhouding van die liggaamlike gesondheid en vir hierdie streke van die aarde. Hy skryf hulle voor wat hulle mag eet en drink, en hoe, wanneer en hoe dikwels hulle hulleself moes was en reinig, hoe hulle woonhuise gebou en ingerig moes wees en watter kleding die Judeërs moes dra.

[14] So dien die besnydenis dan ook `n dubbele doel; want ten eerste word daardeur aan elke pasgebore Israeliet `n naam gegee en word die jaar en die dag en selfs die tydstip van sy geboorte ingeskrywe in die groot besnydenisboek – wat vir almal noodsaaklik was - en aan die pasgebore Israeliet word daardeur die verpligting opgelê om hom tot `n volmaakte mens te ontwikkel, God te erken, en in Hom te glo, Hom bo alles te ag en lief te hê en Sy gebooie te hou. Kyk, dit was die geestelik-morele doel van die besnydenis! Die ander doel was egter weer van staatkundige aard en het tewens invloed op die gesondheid en reinheid van die liggaam gehad.

[15] Nou is dit vir jou maklik om duidelik in te sien dat die ou seremonies van die Israeliete in wese geen godsdienstige was nie, maar enkel en alleen dienend tot die heil van die mens; dat ook die seremonie mettertyd oorgegaan het tot `n volledig afgodedom, dit sien nou elke enigsins helderder siende en denkende heiden goed in, laat staan `n suiwer, deur God verligte Israeliet.

[16] Origens gebeur alles in hierdie wêreld onder `n bepaalde seremonie, soos Ek ook al vroeër gesê het. `n Seremonie is op sigself weliswaar waardeloos, maar gaan tog steeds elke gebeurtenis van belang vooraf en begelei en volg dit ook as sy waardelose skaduwee.

[17] Kyk maar net met aandag na `n dag wat aanbreek! Die eerste voorbode is `n ligte skemering in die ooste en bepaalde bekende sterre, wat vóór die son bo die horison uitstyg. Op die eerste ligte skemering van die dag volg weldra `n helderder oggendskemering, daarna `n morerooi en so nog baie meer. Al hierdie gebeurtenisse, wat die oggend voorafgaan, is in `n sekere sin eintlik tog ook seremonies, wat op sigself egter geen waarde het nie, en al gladnie meer wanneer die son heeltemal opgekom het nie.

[18] So het nou in My vir alle Judeërs en ook vir alle heidene die geestelike son opgegaan en sodoende kan alle beelde, dinge en seremonies, wat My vooraf aangedui en verkondig het, hoe ryk aan betekenis dit op sigself ookal was, geen waarde meer hê vir die ware lewe van die mens nie; want op `n klaarligte dag sal geen enkele verstandige mens dit immers in sy kop kry om `n naglamp aan te steek om aan die dag nog `n sterker lig te gee nie.

[19] En soos Ek julle ook nou die seremonie van die aanbreek van die dag getoon het, sonder om julle spesiaal op dieselfde seremonie vir die vallende nag te wys, so kan julle die gebeurtenisse van die komende somer of die herfs, die winter en ook die voorjaar as `n seremonie beskou, en ook die gebeurtenisse by die ontwikkeling van byvoorbeeld `n vrugteboom en nog ander gewasse en skepsele op hierdie aarde; vir die voortbring van `n ryp en smaaklike vrug is dit weliswaar absoluut noodsaaklik, maar die eintlike waarde is ten slotte tog maar net geleë in die ryp en goeie vrug.

[20] En dit is nou hier die geval in die sfeer van die geestelike lewe. Aan hierdie ligtyd het baie seremonies dit voorafgegaan, wat nou egter waardeloos en sinloos geword het, omdat die son van die lewe self opgegaan en elkeen nou die volkome ryp vrug van die boom van die lewe kan pluk, en hulle kan versadig en versterk, ten behoewe van die ewige lewe van die siel. - En as hulle dit kan doen, hoe sou al die voorafgaande seremonies dan nog enige lewenswaarde vir hom kan hê? 

[21] En so kan jy nou dan ook so `n egte en in My oë wettige Judeër wees, sonder die besnydenis en sonder om daarvoor te betaal. Want wie oordag wandel, hoef geen oggendskemering te begroet as noodsaaklik vir sy lewe nie, en wie reeds van `n boom die hele ryp vrug gepluk en dit voor hom gelê het, hoef hom tog egter ook nie meer daaroor te bekommer hoe die boom knoppe geplaas en daarna gebloei het, en of hy baie of min blare gehad het nie. Want die vrug is die hoofsaak; as dit daar is, dan het al die voorafgaande geen waarde meer nie.  

[22] Ek glo dat jy en alle ander aanwesiges hier nou goed sal begryp hoe die seremonies onder die mens ontstaan het, en watter waarde dit in hulle suiwerheid gehad het. En eweso sal julle nou ook begryp, hoe die seremonies langsamerhand ontaard het en nou geen enkele ander waarde het en kan hê as die skaduwee wat die wandelaar volg, wanneer hy sy lewensweg rig volgens die rigting en die stand van die son nie. - Het julle dit nou almal goed begryp?”

[23] Almal sê: “Ja, Heer en Leraar; want hierdie keer het U weer eens helder en volkome duidelik gespreek!”

[24] Die leerlinge benadruk dit veral.

[25] Daarop sê Ek: “Laat julle julleself dus nie meer deur een of ander wêreldse seremonie gevange neem nie! Bly almal by en in die waarheid; dit alleen is die lig van die lewe en sal julle vrymaak van elke waan en begogeling!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205