Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Hulp van die Heer op die weg na die voleinding 

151 Die hoofman sê: “Wat my betref is dit nou heeltemal duidelik en ek glo dat dit ook by die ander die geval is. Dit is natuurlik wel `n baie nuwe lewensleer, wat nog nooit so duidelik deur die mond van `n mens uitgespreek is nie, hoewel enkele aan my bekende ou wyses ook al toespelinge daarop gemaak het, wat egter helaas nie by die wysgere self en nog minder by hulle leerlinge tot `n lewende oefening geword het en daarom ook sonder resultaat moes bly. Maar hier lyk die saak wel oneindig baie anders! Want U tree op as `n onloënbare Heer van al die materiële en geestelike bestaan en lewe en U onderrig ons helder oor dinge wat baie wysgere origens slegs sydelings, nie duidelik en erg verhaas aangeroer het; en daarom moet dan ook alles wat U ons hier geleer en getoon het, waar wees, en wie hulle volgens hierdie leer van U sal rig, sal ook altyd feilloos moet bereik wat U ons as `n lewende ware gevolg daarvan toegesê, duidelik uitgelê en beloof het, en daarom sal geeneen van ons dan ook versuim om U leer in dade om te sit nie. 

[2] Maar dit is natuurlik geen kleinigheid nie, en die vervul van U leer sal met baie probleme gepaard gaan; maar wanneer mens iets egter ernstig wil doen – wat aan ons Romeine eie is - dan kan mens ook die moeilikste ten uitvoer bring. By My sal dit nie aan `n ernstige wil ontbreek nie; maar nou kom dit ook op U aan, Heer en Leraar, dat U `n troue en ernstige welwillende navolger en uitvoerder van U leer met die almag van U Gees te hulp sal kom, wanneer mens so nou en dan, omdat mens maar `n mens is, tog swak en moeg sou word. Weliswaar kan `n mens deur baie ernstig te wil, baie en groot dinge bereik; maar egter tog nie alles nie! Maar met U hulp sou mens altyd seker kan wees van die resultaat.”

[3] Ek sê: “Wat jy wens, is al sedert ewigheid die saak van Die Een wat in My woon, want sonder My kan julle nooit iets werklik verdienstelik vir die ewige lewe van julle siel doen nie! Maar tog moet elkeen eers vanuit sy vrye wil soveel doen as wat hy kan; en dan sal Ek baie seker en betroubaar al die ander doen.

[4] Maar eers moet julle self julle oë bewustelik afwend van die verlokkinge en bekoringe van die wêreld en eweso julle ander vleeslike sinne en moet julle van julle wêreldse begeertes meester word; as julle dit nie word nie, sal Ek julle daarom, wat julle liggaamlike sinne aanbetref, blind, doof en stom maak, en sal julle voortdurend daarmee te kampe hê. Maar as julle dit eenmaal tot `n halwe meesterskap oor julle vleeslike sinne gebring het, sal Ek julle daarna wel baie spoedig die hele meesterskap gee, daarvan kan julle absoluut seker wees. 

[5] Maar as `n mens hom so nou en dan egter iets ernstig voorneem en sê: “Heer, van nou af aan sal Ek onwankelbaar volhard in my voorneme!”, maar vervolgens na buite gaan, en as daar weer sulke verleidelike dinge in die wêreld op hom afkom sodat hy sy sinne nie daarvan kan afwend nie en hy opnuut swak, en ook sleg word - ja, so `n mens kom nie verder nie, en bly steeds op dieselfde punt staan en kom daardeur ook nie vir `n kwart tot meesterskap oor die begeertes van sy sinne nie.

[6] In die geval, waarin sy liefde heen en weer slinger tussen die bekoringe van die wêreld en My, en nog nie halfpad aan My sy gekom het nie, ja, dan kan Ek so `n windhaan van `n mens nog nie ondersteun en hom volledige standvastigheid gee nie. Want omdat die mens `n vrye wil het, wat hom ten behoewe van die lewe verleen is, moet hy self `n goeie begin maak; die volledige voltooiing is vervolgens My aangeleentheid! Wanneer julle dit op die regte manier begryp het, handel dan daarvolgens, dan sal My hulp nie uitbly nie!”

[7] Daarmee was die hoofman dan ook tevrede en spreek dadelik baie ernstig met sy metgeselle, en ook met die ander Romeine, daaroor.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205