Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die verloop van die geestelike ontwikkeling

22 Ek sê: “Jy het nou as eerlike staatsman egter wys gespreek, en dit is met die dinge inderdaad so gestel soos jy My helder en sonder enige voorbehoud beskrywe het; en Ek sê jou dat ons dit nou op die oomblik ook nie wil verander nie, hoewel ons sekerlik daartoe in staat sou wees.

[2] Want soos selfs die aardse dag ook nie oombliklik aanbreek nie, maar langsamerhand, van die eerste, nouliks merkbare oggendglorie tot by die volle sonsopkoms, via talryke fases van toenemende lig, so gaan dit ook met die aanbreek van die geestelike dag by die mens op hierdie aarde. Want as Ek dit vir alle mense op één slag skielik volledig `n geestelike dag sal laat word, dan sou hulle, solank hulle hulle sware liggaam nog moet verdra, traag word en hulle nie veel meer besig hou met soek en ondersoek nie. Sou hulle wel die gebooie hou en volgens die helder in hulle stralende waarheid handel, maar meer op `n meganiese as op `n volledig lewende manier; wanneer die mens van vlak na vlak deur hulle eie soeke, ondersoeke en handeling die geestelike dag in homself sien ontstaan en, omdat hy groot vreugde daaraan het, ook hulle broeders, wat nog in hulle eie nag lewe, onderrig en hulle aanspoor en aanmoedig om die eie innerlike geestelike dag te soek - dan is dit sekerlik beter, as wanneer elke mens sonder eie toedoen en handel deur My almag dadelik in die volheid van die innerlike geestelike dag geplaas sou word.

[3] Veral in hierdie baie duistere tyd sal die leerlinge, wat hierdie leer van My verbrei, ook toegerus wees met alles wat nou slegs in My mag lê en hulle sal in staat wees om in My Naam groot tekens te doen, waar en wanneer dit nodig sal wees vir die ware welsyn van die mens; maar desondanks sal dit steeds van baie groter waarde wees, wanneer die mense tot geloof in My bekeer word en volgens My leer sal handel.

[4] Want deur die suiwer woord ondergaan die siel geen dwang nie, maar bly volledig vry in haar erkenning en handeling, terwyl die voorafgaande tekens aan die leer, die siel onmiskenbaar `n geloofsdwang oplê en derhalwe niks beter is as die “moet” van die wet nie.

[5] Wat julle uiterlike staatswette egter betref: Dit moet bestaan vir die vlees van die mens; want solank die mens nie volledig in die Gees wedergebore is nie, is sy uiterlike staatswette vir hom noodsaaklik, omdat dit hulle oefen in deemoed en geduld, wat vir die bereik van die volledige wedergeboorte uiters noodsaaklik is; andersyds hou dit die duistere en slegte mense daarvan af om sy medemens in sterk mate kwaad te berokken, omdat hierdie wette deur duidelik getrekte grense dit elkeen toewys en die een wat moedswillig in stryd daarmee handel, tugtig. 

[6] Ek sê julle daarom ook dat julle moet gehoorsaam bly aan die wêreldlike mag, of julle dit nou minder goed of selfs baie sleg vind; want haar mag is haar van bo verleen. Wie egter eenmaal in die Gees wedergebore is, sal hulle ewemin soos Ekself deur `n wêreldse wet of van die wyse laat afbring.

[7] Kinders moet egter met ware en ernstige liefde behandel en opgevoed word. Elke verwennery en toegeeflikheid van die kant van die ouers is `n groot skade vir die siel van die kinders, wat die ouers as skuld aangereken sal word.

[8] Wyse ouers sal ook met wyse kinders geseën word.

[9] By die opvoeding van kinders is `n “moet” solank noodsaaklik, totdat die goeie van die wette tot `n vrywillige en blymoedige gehoorsaamheid geword het. As dit eenmaal die geval is, dan het die kind die “moet” van die wet in homself opgehef en het `n vry mens geword.

[10] Doen dus wat julle nou gehoor het, dan sal alles goed en waar word! - Wie nog iets te vra het, moet dit doen, dan sal Ek hom lig gee, sodat hy in helder daglig sal wandel en handel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205