|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die magteloosheid van die mens
19 Ek sê: “Wat julle ookal doen, doen dit steeds in My Naam; want sonder My is julle nie by magte om ook maar iets tot heil van julle siele te doen nie! En wanneer julle ten slotte alles gedoen het, wat julle gebied en aangeraai is om die ware, ewige lewe te bereik, sê en beken dan in jouself en ook teenoor die wêreld dat julle lui en onbenutbare knegte was! Want slegs God is alles in alles en volbring in die mens al die goeie.
[2] Wanneer `n mens God se wil ken en opvolg, handel hy nie volgens sy eie wil nie, maar volgens die wil van God; wat God se wil in die mens of in `n suiwer engel doen, is beslis geen werk suiwer van die mens of van die engel nie, maar die werk van Die Een volgens wie se wil `n werk volbring word.
[3] Die werk van die mens is daarby maar net dat hy uit liefde tot en ware ontsag vir God met sy vrye wil die erkende wil van God volledig tot syne gemaak het en daarvolgens handel vir sy eie heil. Maar vanaf die oomblik bewerkstellig nie meer die wil van die mens nie, maar die wil van God al die goeie in die mens, en so is die goeie in die mens dan ook slegs God se werk, wat die egte en ware mens in sy teregte deemoed dien te erken. Skryf `n mens `n goeie werk egter aan homself toe as sy eie verdienste, dan laat hy slegs daardeur sien dat hy homself nie, en God glad nooit volgens waarheid geken het nie, en daarom is hy nog ver van die ryk van God verwyder.
[4] Gee daarom altyd in alles aan God die eer, en handel steeds in Sy Naam, dan sal julle God se liefde in julle hê! En wie God se liefde in hulle het, het vir ewig en altyd alles in hulle.
[5] Bedink nou egter ook nog die volgende: Wanneer die mens teen die wil van God kwaad doen, is die daad nie `n werk van God nie, maar geheel en al `n daad van die mens self; want in hierdie geval het die mens sy eie wil nie ondergeskik gemaak aan God se wil wat hy ken nie, maar dit net voortdurend teengewerk, en van hom kan met reg gesê word dat sy slegte dade volledig sy eie dade is. Maar daardeur het die mens, deur die growwe misbruik van sy vrye wil, homself geoordeel en homself daardeur in sy blindheid ongelukkig gemaak.
[6] Kyk, dit is met hierdie geestelike dinge ongeveer soos ook met `n wyse veldheer en sy ondergeskikte soldate! Die soldate moet weliswaar met baie duisende die hete en bloedige stryd ingaan; maar geeneen van hulle mag anders veg as slegs volgens die plan en die wil van die veldheer nie. Wie dit doen, voer `n voorspoedige stryd; wie van die baie soldate egter by homself dink: “Ha, ek het self moed, krag en ook die korrekte insig; Ek gaan my op eie houtjie in die stryd begewe en `n kroon vir my eie hoof verwerf!”, en uit die slagorde van sy in die oorlog bedrewe veldheer sou tree, sou al so goed as verloor het; want hy word weldra deur die vyand gevange geneem en ernstig toegetakel. En wie se skuld is dit? Niemand anders nie as hyself! Waarom het hy nie die wil van sy wyse veldheer vir altyd tot syne gemaak nie? Dan sou hy maklik saam met die ander die vyand oorwin het. Aangesien hy tegelykertyd veldheer en soldaat wil wees, word hy maklik `n prooi van die vyande.
[7] Ek is egter ook, en wel enig en alleen, `n veldheer oor die lewe teen alles wat die lewe vyandiggesind is. Wie onder My gebooie en volgens My planne stry, sal ook maklik kan stry teen die baie vyande van die lewe en hulle ook maklik oorwin; wie egter sonder My en afgaande op sy eie verstand en wil aan die stryd teen die baie vyande van die lewe begin, sal gevange geneem en vervolgens ernstig toegetakel word. Wanneer hy homself egter eenmaal in harde gevangenskap bevind, wie sal hom dan daaruit verlos, aangesien hy sy ergste vyande van die lewe slegs in homself moet soek en bestry?!
[8] As iemand wat aan My sy is, egter maklik die oorwinning oor baie vyande behaal, dan is die oorwinning immers net My werk; want hy kon die oorwinning nie anders behaal as om My wil, plan en raad presies op te volg nie. As die behaalde oorwinning egter My werk is, dan is ook die roem en die verdienste van My!
[9] Julle sal nou hopelik voldoende kan insien, hoe en waarom julle sonder My niks verdienstelik kan doen vir die ewige heil van julle siel nie, en waarom julle dan ook nog, wanneer julle alles, wat op die grootste wyse aan julle opgedra is, gedoen het, om openlik aan My te erken dat julle lui en nuttelose knegte aan My sy was.
[10] Wanneer `n boer sy akker verbou, dan bemes hy dit, ploeg vervolgens die aarde om met die ploeg, strooi die koringkorrels in die vore en hy eg dit daarna onder, en dan hoef hy tot by die oes niks meer te doen nie. Is die oes nou suiwer die verdienste en die werk van die boer, of is dit nie veeleer in alle opsigte My werk en verdienste nie? Wie skep vir hom beide sterk osse vir sy ploeg? Wie gee hom hout en yster, en wie die saaigraan met die lewende kiem? Wie het al ontelbaar baie nuwe kieme en korrels daarin gelê? Van wie was die alles verwarmende en alles tot lewe wekkende lig van die son? Wie stuur die vrugbare dou en reën? Wie gee die opgroeiende en ryp wordende halms die voorspoedige groei en wie, ten slotte, gee die boer self die lewe, die krag, die sintuie, die oordeelsvermoë en die verstand?
[11] Wanneer julle nou `n bietjie dieper nadink oor die beeld, sal dit vir julle tog duidelik word, hoe uiters weinig daar by die verbouing van die akker as verdienste aan die boer toe te reken is? Welbeskouend eintlik heeltemal niks - en tog sou hy wil sê: “Kyk, dit het ek alles aan my inspanning te danke!” Maar hy dink nouliks daaraan wie die enigste vernaamste bewerker van die koringveld was! Sou hy nie veeleer in sy hart moet beken nie: “Heer, groot, goeie en heilige Vader in die hemel, Ek dank U vir U groot sorgsaamheid! Want dit alles was en is slegs U werk en sal dit altyd wees; Ek was daarby `n lui en totaal nuttelose kneg!”?
[12] Wanneer dit al by materiële arbeid gesê moet word - hoeveel te meer moet `n mens dit nie sê dat Ek sy geestelike lewensakker help deur dit met alles en nog wat te bewerk, waarby hy eintlik niks anders hoef te doen as om in My te glo en vervolgens My goddelike wil, as `n suiwer geskenk van My, so eie te maak, asof dit heeltemal van hom is, alhoewel dit eintlik slegs van My is! Wanneer so `n mens in die volledige besit van My wil dan tot alles in staat is en groot dinge en werke kan doen, wie se verdienste is dit dan eintlik?”
|
|
|
|
|