|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 130
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die Heer keer met Syne terug na Bethanië
130 Nou staan almal op, ook die leerlinge van Johannes, en volg My entoesiasties na Bethanië wat nie ver weg gelê het nie. Ook die hoofman volg nou te voet met sy metgeselle, terwyl hy sy perde by die herbergier in die dal agterlaat.
[2] Binne ongeveer tien minute was ons dan ook al in Bethanië.
[3] Weliswaar was die derde uur na sonsondergang al verby, maar vir `n welbereide aandete was dit nog altyd vroeg genoeg, en Ek wou dit ook so gehad het dat ons op so `n tyd in Bethanië aankom, sodat ons nie opgemerk kon word deur die nuuskierige menigte nie; want op hierdie dag het daar, na ons vertrek, baie mense, jonk en oud, na Bethanië gekom, omdat hulle gehoor het dat Ek My daar ophou. Maar omdat hulle My nie gevind het nie en niemand hulle ook gesê het waar Ek heengegaan het en wanneer Ek sou terugkom nie, bly hulle vir hulle genoeë slegs tot sonsondergang in Bethanië en keer toe weer terug na Jerusalem. Enkeles keer egter al terug die oomblik toe die reeds bekende soldate Bethanië binnekom, volgens die aanwysing in die huis van Lasarus hulle voedsel en reisgeld ontvang en het daarna, na `n kort ruspouse, weer verder getrek; want Ek het RafaEl in die gees aangegee dat die soldate nie op die terugkeer van die Romeine moes wag nie. Op die tyd dat ons aangekom het, was alles dan ook volkome in orde en ons was deur niemand gesteur nie.
[4] Toe ons die huis binnekom, ontvang die susters van Lasarus en Maria van Magdala ons met baie liefde en vriendelikheid en ook My RafaEl met enkele jong mense wat nog wakker gebly het en wat die meeste talent gehad het en `n groot verlange gehad het om My weer te sien.
[5] Lasarus stel die herbergier uit die omgewing van Bethlehem aan sy susters voor en ook die hoofman en die leerlinge van Johannes; en sy susters verwelkom hulle en wys hulle hulle plekke by die tafel aan.
[6] Toe dit alles verby was, gaan ons aan tafel en neem `n welbereide aandete tot ons. Die Romeine het egter meer dors as honger en ledig vinnig hulle bekers, wat ook weer dadelik gevul word. Die wyn maak hulle tonge los en so word dit weldra baie lewendig in die eetsaal.
[7] Die hoofman, sy metgeselle en die herbergier uit die omgewing van Bethlehem merk ons RafaEl egter op, wat nou ook aan tafel naas My eet en hierdie keer met opset nog meer as ander kere, om die aandag van die vreemdelinge te trek. Hulle kyk dan ook met steeds groter oplettendheid na hom en verwonder hulle in stilte steeds meer oor die feit dat `n origens so bevallige jongman so baie kon eet.
[8] Maar omdat dit die hoofman in die besonder opval, vra hy My: “Heer en Leraar, vergeef my dat Ek U by die ete enigsins steur in U rus! Kyk, die andersins so tere en onvoorspelbare mooi jongman eet ongewoon baie! Niemand misgun hom natuurlik wat hy eet nie, maar ek maak my egter besorg, dat dit wat hy te veel eet, hom uiteindelik sou kon skade doen en dat hy sou siek word en maklik `n aaklige koors kry. Dit sou werklik jammer wees van so `n lieftallige jongman wat, te oordeel aan sy baie geesryke voorkoms, seker iets groots sou kan word!”
[9] Ek sê: “Vriend, laat jou besorgdheid maar aan My oor! Hierdie jong seun is al lank My dienaar en weet self baie goed wat hy moet doen en hoeveel hy van die een of die ander spys kan eet. As dit nie goed was wat hy gedoen het nie, sou Ek dit wel vir hom gesê het. As hy nou nie so geëet het dat dit julle enigsins bonatuurlik moes voorkom nie, sou hy immers nie jou aandag so sterk getrek het nie; maar aangesien jy nou opmerksaam op hom geword het, sal julle van hom ook nog ander dinge hoor en dan sal dit julle nie meer so verbaas dat hy iets meer as `n gewone mens aan spys en drank tot hom kan neem nie. Van nou af kan jy jou wel tot hom rig.”
|
|
|
|
|