Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Natuurfilosofiese opvatting

181 Toe die ou dienaar by My tafel staan, vra hy dadelik aan Kado wat daar aan die gang was, en of hy iets moes doen.

[2] Kado sê: “Ou vriend! Jy weet waarom ek eintlik alles in Griekeland verkoop het, met uitsondering van my besitting op Patmos, en jy weet ook dat ek vernaamlik daartoe gebring was deur die verskynsel en die droom van ons ou priester. Ons het die bepaalde godsmense dan ook met alle ywer gesoek, waarvan jy ook `n troue getuie is; ons het ook wyd en syd oor hulle hoor praat, en veral oor één - die goeie Heiland uit Nasaret in Galilea, wie se moeder en broers ons gesien en gespreek het. Kortom, ons het duisende en nog eens duisende getuies gevind - maar Homself nie!”

[3] Hier val die ou dienaar Kado in die rede en sê: “Ja, Homself het ons nog nie gevind nie, en dit is eintlik die treurigste van die hele saak! Die ligwolkie, wat ons drie aande op Patmos gesien het en waarmee hy ons selfs tweemaal op wonderlike wyse aangespreek het, is ook nêrens in die land van waaruit dit na ons toe gekom het, te vinde of te siene nie!  

[4] Ja, beste vriende, die hele aarde is vol wonderwerke en heerlikhede en getuig daarmee op tallose maniere dat daar maar één uiterste goeie, wyse en almagtige God as Skepper en Regeerder moet wees! Met sy ywer, sy liefde en met sy verstand vind die mens alles, net die Skepper, wat tog oral tuis skyn te wees, vind hy nie; en as hy Hom roep, gee Hy geen antwoord nie, hoewel alles wat mens sien, Sy voortdurende aanwesigheid skyn te verkondig. En so, vriend Kado, sal ons ook die godsmense wel soek, maar nie vind nie, soos wat dit ook met ons tot nou toe gegaan het. Maar daarom moet ons die soeke tog nie opgee nie; want uit die ligwolkie het ons gehoor dat ons moet soek om ons heil te vind!

[5] Tog moet ek baie openlik iets vertel wat ek hier duidelik gevoel het. Julle weet dat die ligwolkie op Patmos in ons `n eienaardige gevoel van onsterflikheid opgewek het, wat helaas langsamerhand weer verdwyn het - en nou, toe ek hierdie kamer binnekom, maak dieselfde gevoel hom van My meester. Die wolkie kan daarom nie ver van ons vandaan wees nie! Wat voel jy, vriend Kado, en wat dink jy?”

[6] Kado sê: “Ja, dit het jy baie waar beoordeel. Ons voel almal dieselfde en sal dit van nou af aan ook voortdurend voel; want wat ons gesoek het, het ons ook hier gevind! Kyk eers na die man wat hier regs van My sit - hy het klaarblyklik die wolkie na ons toe gestuur!” 

[7] Toe die ou dienaar dit hoor, kyk hy My vol ontsag aan en sê: “O groot barmhartigheid en ontferming oor ons arm, swak sondige menslike geslag! As Kado, die getroue en altyd waaragtige, dit nie vir my gesê het nie, sou ek dit maar nouliks geglo het; maar nou glo ek dit en ek begryp nou die gevoel van onsterflikheid, wat opnuut in my ontwaak is.

[8] U is dus dit wat ons met U gees, liefde en wil op die afgeleë eiland drie keer in die gedaante van `n ligwolkie besoek het? Wie anders as alleen U kan ons daarvoor dank dat U eindelik deur ons laat vind is?! En omdat ons U nou self gevind het, het ons ook die belangrikste, grootste, gelukkigste en mees verlangde gevind wat `n mens maar kan vind. Ek kan nou niks meer sê nie, want my hart het te gelukkig en salig geword.” 

[9] Hierdie woorde van die ou dienaar baar groot opsien en alle aanwesige Grieke en Judeërs begin My met baie ander oë te sien, en sê onder mekaar: “Daar is meer as `n magtige nakomeling van Dawid!”

[10] Daarop rig Kado hom weer tot My en sê: “O beste Heiland, Heer en Leraar, hoe is dit nou met die ligwolkie?”

[11] Ek sê: “Daarvoor hoef Ek jou nou geen uitgebreide verklarings meer te gee nie, want jou ou dienaar het dit al aan jou verklaar. Ook al is Ek nou liggaamlik hier onder julle, tog is Ek deur My liefde en My wil oral in die gees teenwoordig.  

[12] Die ou priester het goed daaraan gedoen om die afgodediens met baie ywer af te skaf en die mense getrou en waaragtig te leer om in slegs één ware God te glo; daarvoor sal hy die groot loon in die hemel ontvang. Maar soos wat julle My ook nou liggaamlik sien en spreek, so sien en spreek die ou priester My nou ook in die gees, en hy skryf die woorde op in `n boek. As julle weer op Patmos kom, sal julle dit uit sy mond hoor, en dan kan julle dit aan hom bekend maak dat Ek dit hier vir julle gesê het. Wie in My glo en volgens My leer handel, sal die ewige lewe oes.

[13] Daar is nou weliswaar baie ellende en allerlei nood onder die mense op hierdie aarde. Daar is allerlei liggaamlike siektes, wat die mense veral self veroorsaak het, deurdat hulle die lewensweg verlaat het wat God hulle getrou geopenbaar het. Deur hulle toenemende liefde vir die wêreld en haar oordeel en dood begin hulle ook op die weë van die wêreld en haar oordeel en dood te wandel, en sodoende roep hulle dan ook noodsaaklikerwys al die baie ellende en alle nood oor hulle.

[14] Daar was en daar is van die wysgere - en hulle sal daar in die toekoms ook wees - wat sê: “Daar is geen God nie! God is niks anders as `n ou fabel, wat bepaalde verstandiger mense lank gelede eens versin het, om die ander mense diensbaar en onderdanig aan hulle te maak. Die wêreld, en alles wat daarin is, is weliswaar verstandig en wys en goed ingerig; maar as een of ander God, wat deur mense bedink is, asof hy in werklikheid sou bestaan dat almal geskape sou wees en Hy die mens, wat sonder meer Sy edelste skepsel is, alleen in die lewe sou geroep het om hom vanaf sy geboorte maar net te laat ly en alles te laat verdra, dan sou dit God se wysheid, waarmee Sy baie nou verbonde goedheid en sodoende ook Homself ontkragtig; want sonder wysheid is daar geen mag en sonder liefde en goedheid geen wil om ooit iets tot `n gelukkige lewe te bring nie.”

[15] Alles sou derhalwe deur die krag van die aarde, die son, die elemente en die planete en alle ander hemelliggame ontstaan het. Hierdie is volgens hulle in sigself nog baie grof en ru en neem eers in hulle voortbrengsels `n soort versagting en ontwikkeling aan; maar selfs die mees voegsame voortbrengsels sou uiteindelik nog baie swak wees om hulle teenoor die groot grofheid en ruheid van die vroeër genoemde oerkragte te handhaaf, en hulle sou hulle ten slotte moet laat welgeval om deur die krag vernietig te word. Alleen die mens sou gelukkig en wys genoem kan word, wat weet om die tyd wat hy leef, vir homself so aangenaam moontlik te maak en as `n wêreldwyse mens sy grootste geluk in die ewige nonbestaan te soek. En dit is dan ook die agtergrond van waaruit één van julle filosowe sê: “Gaan heen, eet, drink en doen maar wat jy wil; want na die dood bestaan daar geen genietinge meer nie!”

[16] Sien julle, My geliefde vriende, dat Ek ook die wêreldse wysheid van julle filosowe baie goed ken en al baie lank maar al te goed geken het? En Ek sê julle dat daar onder alle ellende en alle nood van die mens niks erger bestaan as hulle geestelike blindheid nie. Want daaruit ontspring onvermydelik alle ander kwaad onder die mens en dit sal net so lank bestaan as wat daar Epikuriste (om lekker te kan leef) sal wees in alle mense se gemeenskappe; want die wêreldse gees van sulke wyses bederf deur sy verleidelike voorbeeld maar al te gou baie duisende.

[17] Want `n deel van die mens begin alle metodes aan te wend om self `n lewe te kan lei op `n “Epikuris” manier; `n ander en nog groter deel moet daarby egter onteenseglik in die grootste liggaamlike en nog groter geestelike nood ten gronde gaan, en dan is die ellende en die nood onder die mense op die aarde kompleet.

[18] Maar wanneer dit so is, kan God dan iets daaraan doen as die mens, wat in die besit is van sy volkome vrye wil, hom van God afkeer en `n lewe lei volgens sy wêreldse liefde? Of sou God ten gevolge van Sy liefde, goedheid, wysheid en mag dalk voortdurend nie al die ellende en nood onder die mens moet laat bestaan nie? Luister, as God dit nie sou toegelaat het nie, dan sou dit baie gou onder die mens nog afgrysliker uitgesien het as nou! Wat sou daar met verloop van tyd van die mens geword het? Niks anders as `n uiterste growwe en volkome geeslose en lewenslose onbewerkte werkstuk, net soos die heidense afgode van steen, metaal en hout!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205