|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 95
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Oor die krag van die kleine
95 Toe Markus My so prys omdat Ek hom hierdie verklaring gegee het, sê Ek vir hom: “Jy het nou baie goed gespreek en met jou lof My hart `n egte en ware vreugde besorg; want wie `n gering lykende gawe nie eer, is ook geen grotere werd nie. Maar Ek sê vir julle dat Ek dit steeds so doen soos wat julle in die hele natuur van die aarde kan sien: wanneer Ek iets groots skyn te doen, is die effek om baie wyse redes minder; maar wanneer Ek iets nouliks merkbaar skyn te doen, is die gevolg steeds eindeloos groot en onverwoesbaar, daarom sou julle kan sê dat Ek in die groot klein, maar in die kleinste eindeloos groot is!
[2] Wanneer Ek geweldige storms gepaard gaande onweer vernielend oor lande en seë laat trek, sê die mens: “Hoe ontsettend groot en magtig is U, o Heer!” Maar as Ek `n onbeduidende saadkorreltjie in die aarde lê, wat vervolgens ontkiem, groei en, nietig soos dit is, `n sterk en magtige boom ontstaan, sal geen mens daarby vol verbasing uitroep nie: “Hoe groot en magtig is U, o Heer!”, maar hy beskou die baie groter wonder met `n baie onverskillige gemoed en sê hoogstens: “Ja, ja, dit moet alles inderdaad so wees dat daar volgens die wil van die Heer uit klein saadjies groot bome en bosse ontstaan”.
[3] So verbaas die mens hulle ook oor baie hoë berge, breë riviere, groot mere en seë en slaan nouliks ag op `n vrugbare heuwel en `n suiwer fontein wat hulle dors les; maar by My staan die vrugbare heuwel ver bo die onvrugbare Ararat en die suiwer fontein ver bo die oseaan. Want dit is reeds baie verwant aan die lewe uit My; maar die Ararat en die oseaan staan nog baie diep in die oordeel en staan nog ver van die lewe af.
[4] Slaan daarom ook ag op My dikwels onbelangrike lykende woorde; want juis in die woorde gee Ek julle meer van die liefdeslewe uit My as wanneer Ek `n hele hulssfeer voor julle oë en ore keurig in atome sou ontleed! Want van My eindelose wysheid en mag kan julle maar enkele druppels drink, maar uit die lewensbron van My vaderlike liefde kan julle altyd strome in julle opneem.
[5] En kyk, presies dieselfde is die geval wanneer die mens My liefhet, eer en prys! Wie My liefhet en in stilte prys en daarby in alle deemoed sy kleinheid en My alles erken, eer My werklik geheel en al in die gees en in die waarheid en Ek skep `n groot welbehae in hom, en wat so baie gering lyk, het groot gevolge. Wie My egter met groot wêreldse praal, met allerlei niksseggende seremonies en lang gebede en gesange eer en prys en daarby glo dat hy My genoeë doen, vergis hom uitermate; want so `n dergelike lofprysing is `n gruwel in My oë, as dit van die priesters uitgaan; en as die onwetende volk dink om My daardeur te eer en My daarmee om barmhartigheid wil vra, sal dit nie op groot skaal deur My verhoor word nie, sodat hulle tot die insig kan kom dat sulke groot en pronkerige gebede en verering My absoluut nie geval nie.
[6] Soveel voedende vrugte as wat daar op hoë bergtoppe groei, soveel vrugte van barmhartigheid moet die mens ook kry wat My met pralende vertoon aanbid, prys en vereer! Want wie nie in sy hart, in die gees en in alle waarheid tot My bid nie, sal ook nie verhoor word nie; want as Ek sulke gebede sou verhoor, sou Ek self die leuen en die heidendom in die hand werk, wat niemand, wat ook maar `n bietjie verstand besit, ooit van My sal kan verwag nie. Want Ek is Self die lig, die weg, die waarheid en die lewe; hoe sou Ek dan kan hou van die duisternis, die dwaalweg, die leuen en die dood?
[7] Daarom sê Ek ook vir julle dat Ek nóg in die stormgeraas nóg in die woede van die vuur, maar in die sagte ruising van die waaiende oggendlug verby gaan. Wie My dan in so `n stilte van sy gemoed tegemoet sal kom, sal My ook ontmoet.”
[8] Nou sê Markus: “O Heer en Leraar, hoe groots en heerlik, hoe vol liefde en ewige waarheid is U woorde, en hoe gelukkig is die een wat U begryp en volgens die gees daarvan handel! Maar hoe weinig is daar wat dit wil hoor en ter harte wil neem! Ons sal egter wel doen wat U ons aangeraai het; want ons weet en glo nou werklik dat U alleen die Heer en Leraar, U alleen die een en ware God van die ewigheid is en dat alles wat daar in die oneindigheid bestaan deur U geskape is en aldeur in stand gehou word. Daarom is aan U ook alleen alle lof, alle prysinge en al ons daadwerklike liefde en aanbidding gerig!
[9] Maar aangesien ons nou reeds hier die onbeskryflike geluk het om U as die ewige Heer van alle dinge in lewende lywe onder ons te hê, sou dit werklik onvergeeflik wees wanneer ons, weetgierige Romeine, ons nie nog allerlei vrae tot U sou rig nie - want U alleen kan ons immers sê, hoe dit met hierdie en ander dinge gestel is - en so het ek nou by hierdie geleentheid nog `n klein vragie.”
|
|
|
|
|