|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 220
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die Heer neem afskeid van die Essene
220 Daar aangekom, sê Ek vir die herbergier: “Nou kan jy vir `n aandete sorg; want ons het fluks gewerk, en wie werk, moet ook eet!”
[2] Die herbergier gaan dan ook dadelik weg om vir `n aandete te sorg.
[3] Ek gee Roclus nog allerlei aanwysings oor wat hy alles moes doen, om steeds die beste doel te bereik. En so gee Ek hom ook raad hoe hy die kinders moes bybring, dat hulle in My die Vader in die hemel gesien en gespreek het.
[4] Daar word nou ook enkele Essene na die kasteel gestuur, vanweë die reeds bekende tot lewe gewektes van die dooie kinders. Toe hulle weldra terugkom, was die aandete ook al gereed, en ons gaan dan ook onmiddellik aan die tafel sit en neem dit welgemoed tot ons.
[5] Na die maaltyd stuur Ek die Essene almal weg met aanwysings vir wat hulle nog hierdie nag te doen het. Hulle bedank My en gaan aan die werk.
[6] Toe die Essene, behalwe Roclus, ons volgens My wil verlaat het, spreek ons oor nog baie dinge met mekaar, tot byna voor middernag, en Roclus skryf intussen in sy notaboekie alles baie in kort op wat daar alles op hierdie, vir Essea seker mees gedenkwaardige dag, wat van vanoggend tot die aand gebeur het. Maar voor middernag staan hy ook op van die tafel, bedank My van ganser harte vir alles en vra My of Ek hom wil toestaan om My môre vóór My vertrek nog `n keer te besoek en My `n groot gedeelte van die weg te begelei.
[7] Maar Ek sê vir hom: “Vriend, jy kan doen wat jy wil en wat jou ware en lewende liefde vir My doen, is altyd welgedoen! Maar jy sal môre al baie vroeg belangrike dinge te doene en af te handel kry, wat moeilik uit te stel en te bespreek sal wees; daarom neem Ek jou wil, om My môre nog `n keer te besoek en `n ent te begelei, aan as die uitvoering daarvan.
[8] Ek Self sal vroeg in die oggend met My leerlinge op weg gaan na Jerigo, om na sonsondergang ter plaatse te wees. Jy dink natuurlik dat die lang weg nie op natuurlike wyse in één dag afgelê kan word nie. Maar Ek sê vir jou dat alle dinge by My moontlik is. More is weliswaar `n Sabbat, waarop `n Judeër ook nie sou mag reis nie. Maar Ek is `n Heer, ook oor die Sabbat, en sê vir jou dat elke mens ook op `n Sabbat goeie werke kan en mag doen! Maar daarmee wil Ek die Sabbat nie ophef nie; maar die ou sabbatsluiheid van die Jode hef Ek op, en My leerlinge sal dan ook op elke Sabbat in My Naam besig wees! Want deur die luiheid op die Sabbat, word `n slegte eer aan God bewys.
[9] Ek het dit vir julle gesê, omdat julle ook in die opsig julle broeders My wil bekend moet maak; want enkeles van hulle vind by hulleself die luiheid van die Sabbat nog baie belangrik.
[10] En nou weet julle alles wat julle voorlopig nodig het. Maar as julle by verskillende geleenthede in My Naam sal onderrig en werk, maak julle dan geen sorg oor hoe en wat julle moet spreek en hoe julle `n werk moet begin en beëindig nie; want Ekself sal julle steeds alles in die hart en in die mond lê, julle verstand goed verlig en julle moed en wil versterk! Met hierdie versekering kan julle nou ook vol troos die noodsaaklike liggaamlike rus neem, sodat julle môre onvermoeid kan werk.”
[11] Na hierdie woorde van My groet Roclus My en My leerlinge nogmaals baie hartlik en gaan, met trane van liefde in sy oë, die herberg uit na die kasteel, en ons gaan toe ook slaap.
[12] Vroeg in die oggend verlaat ons ons rusplek en maak ons gereed vir die vertrek.
[13] Maar die vriendelike herbergier kom na My toe en vra My om vóór die vertrek tog `n oggendmaal tot My te neem, omdat die weg lank en troosteloos was en mens daar `n volle dagreis lank geen herberg teenkom nie.
[14] Ek sê: “Vriend, dit het ons ook nie nodig nie; want Ek Self is die Herberg van alle herberge! Jy het gistermiddag gesien hoe ons sonder jou kombuis beslis uitstekend versorg word - en kyk, so kan Ek dit ook op die weg sonder herberg doen!
[15] Spoedig na ons vertrek sal daar egter arm mense uit die streek rondom Jerigo in hierdie herberg kom en hier hulp soek; bedien hulle, in plaas van ons, dan sal julle daardeur vir My `n welgevallige werk doen!”
[16] Die herbergier beloof My dat hy alles sou doen wat Ek hom en ook alle ander gesê en aangeraai het, en vra My of Ek steeds barmhartiglik aan hom sou dink.
[17] En Ek verseker hom daarvan en sê: “Bly in My, onwankelbaar in gees en hart deur die daadwerklike opvolg van My leer, dan sal Ek met My barmhartigheid en liefde in jou kragtig en werksaam bly! Amen.”
[18] Daarop gaan ons vinnig na buite en trek van hierdie plek af weg.
|
|
|
|
|