Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer prys vir Lasarus

11 Ek sê egter vir Lasarus, wat nou weer na ons teruggekeer het: “My seun, My vriend en My broeder! Jy het jou huidige taak tot My volste tevredenheid volbring; want nou is die laaste van die nog helder denkende tempeldienare gewen, en dit is goed vir My saak. Want die Hoë Raad berus hoofsaaklik op hulle, wat nou gewen is, se kennis en ervaring en hulle kan goed praat. Wie nou nog daar in die tempel bly en regeer, ook al is dit in `n groot aantal, is volslae blind, dom en boos.

[2] Maar hulle, wat nou gewen is, moet nietemin by die tempel bly, net soos ons Nikodemus en Josef van Arimatea. Want as hulle die tempel heeltemal sou verlaat, sou die ander vol bitter misnoeë, so begin te raas en te tier, dat die Romeine nog voortydig na die wapens sal moet gryp en volk en land ten gronde rig. As hierdie oudstes egter bly, dan kan hulle ten gunste van ons nog baie verhinder en matigend inwerk op die grimmigheid van die ander. Maar tog is dit goed dat jy môre onder `n slim voorwendsel na Bethanië gaan en dat ook hulle aansienlike aardse skatte na die kluis van Lasarus gaan; want daardeur is die tien manne nie meer aan die tempel gebonde nie en is vry om te gaan wanneer hulle wil en so lank weg te bly as wat hulle wil, terwyl hulle tog lede van die tempel bly en hulle plekke nie deur slegte huigelaars beset word nie.

[3] Die rede wat hulle sal aangee, waarom hulle vir `n langer tyd van die Raad en die tempel sal wegbly, is baie goed; want die tempeldienare, wat al hulle bose vertroue in hierdie tien stel, dink dat hulle daarop uit is om My êrens gevange te neem. Maar daarin sal hulle hulleself erg vergis! Die tien sal weliswaar daarop uitgaan om `n nadere ondersoek na My in te stel, egter nie ten gunste van die tempel nie, maar ten gunste van hulle siele.

[4] Daarom is dit vandag `n laaste en goeie vangs uit die tempel; want die tien was nog die laaste groen takkies aan die ou, reeds geheel verdorde en morsdood boom van die tempel. Wanneer hulle as nog bruikbare ente op `n jong en vars stam geplaas word, kan hulle binnekort nog baie goeie vrugte tevoorskyn bring.

[5] Eén ding wil Ek vandag nog vir hulle doen, en dit bestaan daaruit dat al tien `n baie gedenkwaardige droom sal hê. Dit sal hulle môre en nog lank daarna baie gesprekstof gee en hulle tot nadenke stem. Waaruit die droom sal bestaan, sal hulle julle môre in Bethanië met al hulle welsprekendheid goed vertel.

[6] Nou sal ons egter met ons aandete begin; want Ek moes julle immers eers alles woord vir woord meegedeel het, wat daar buite met die tempeldienare gebeur en bespreek is. En dus, My vriend Lasarus, kan julle nou die welbereide visse, goeie brood en nog meer goeie wyn op die tafel laat sit! Want gedurende hierdie nag, wat vir julle almal `n baie gedenkwaardige nag sal wees, sal ons onsself nie aan die slaap wy nie, maar wakker bly en daarby nog baie meemaak. Doen daarom nou, vriend, wat Ek jou gesê het!”

[7] Daarop gaan Lasarus dadelik met RafaEl na buite, en binne enkele oomblikke was daar uitstekend vir alles gesorg. Ons eet en drink nou baie welgemoed en bespreek daarby baie, wat tot nut van die mens dien, en ook wat die Fariseërs onder mekaar bespreek het en wat ooreengekom was.

[8] In die besonder beleef die Romeine, Nikodemus en Josef van Arimatea groot vreugde daarin dat die tien ergste Fariseërs, wat in die Hoë Raad steeds onbuigsaam teen My ten stryde getrek het, hulle nou tog tot ander gedagtes laat bring het.

[9] Ek sê: “Daardeur is weliswaar `n groot oorwinning vir die goeie saak van die lewe bevog, maar die hel is daarom nog voortdurend uitermate werksaam, en die vors van die leuen en duisternis is nou aktiewer as voorheen om die saaisel van die nuwe lewe uit My ten gronde te rig, en voordat daar van nou af `n jaar sal verloop het, sal julle die bose vrugte van sy aktiwiteite al baie goed waarneem!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205