Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die onderrig van leraars

200 (Die Heer:) “En sien, so het nou Die Een aan wie alle mag in die hemel en op aarde van die ewigheid uit Homself gegee is, tot jou en julle almal, wat hier aanwesig is, gespreek, en daarom kan julle ook glo dat Ek alles wat Ek julle beloof het, ook sal doen; julle hoef dus vir julleself oor niks anders besorg maak as dat julle My leer net so suiwer aan die volkere sal deurgee as wat julle dit van My verneem het!

[2] Ek het julle die leer en die mag om in My Naam wonderwerke te doen, verniet gegee, en so moet julle dit alles ook verniet aan die volkere gee! Maar as die mense julle ter wille van My Naam sal liefhê en julle in alle vriendelikheid wil dien, dan mag julle die vriendelikheid ook wel aanneem, soos dit ook deur Moses toegestaan is; want wie die liefde deur die liefde dien en so God se ware altaar op aarde dien, mag ook van die altaar lewe!

[3] Wanneer iemand uit ware liefde `n leraar, kneg en profeet wat deur My geroep is, iets goeds sal aandoen, sal Ek dit ook aanneem asof hy dit vir My gedoen het, en hy sal die loon van `n profeet ontvang. Want selfs diegene wat in hulle onskuld en in die blindheid, waaraan hulle self geen skuld het nie, die valse leraars en profete offers bring, vergoed Ek dit ryklik, omdat hulle glo dat hulle God daardeur behaag; so sal Ek dit soveel rykliker aan die mens vergoed, wat uit ware liefde vir My iets goeds bewys het aan diegene wat Ek na hulle toe gestuur en vir hulle opgewek het.

[4] In die toekoms kan julle daarom ook vir diegene sê wat troos en hulp by julle gevind het en na gelang van hulle ou sedes en gewoontes vir julle sal vra watter offer hulle daarvoor moet betaal: “Ons het dit gedoen vanuit God se liefde, wat ons `n so `n magtige barmhartigheid verniet verleen het! As julle nou ook die liefde van God in julle het, wat julle deur ons leer ken het, doen dan wat hierdie liefde julle gebied; want daar is baie arm mense om ons heen, wat julle liefde nodig het! Maar vir dit wat ons in die Naam van die Heer vir julle gedoen het, bestaan geen tarief meer soos vroeër nie, maar vanaf nou tot aan die einde van die tyd doen ons dit vir niks; want ook ons het die uiterste kosbare barmhartigheid verniet van God ontvang vir die heil van elke mens, wat werklik glo in die God wat ons verkondig, om hulle aan Sy gebooie te hou, Hom bo alles lief te hê en sy naaste soos homself.”

[5] Wanneer die mens dan vrywillig die een of ander vir julle doen of gee, dan kan julle dit ook sonder beswaar in alle liefde en vriendelikheid aanneem. Maar van die arm mense moet julle ook onder hierdie voorwaarde niks aanneem nie, maar julle moet hulle bowendien nog in alle liefde en vriendelikheid ondersteun, sodat hulle volledig bewus kan word van God se ewige liefde en vriendelikheid.

[6] Nou het Ek, veral aan julle Essene, bekendgemaak hoe dit in die toekoms met alles gestel moet wees en ook sal wees, en wat My egte leerlinge moet doen en kan verwag, en nou kan ons hierdie heuwel dan ook verlaat en ons na onder na die herberg begewe, waar die oggendmaal al gereed gestaan het. Daarna sal ons eers begin met die werk, waarvan julle My in die volste geloof gevra het om na julle toe te kom.

[7] Wat Ek egter hier vir julle gesê het, hou dit voorlopig vir julleself, aangesien Ek dit ook sonder vreemde getuies op hierdie eensame heuwel aan julle toevertrou het; maar diegene wat in julle voetspore sal tree, moet julle volledig hiervan op die hoogte stel! Want as iemand nie weet hoe hy sy amp moet vervul nie en nie daarvan op hoogte is wat die amp inhou nie, hoe sal hy dit dan uitoefen? Daarom moet elkeen wat My amp op aarde onder die mense wil uitoefen, goed daarin tuis wees en self werklik geheel en al van alles oortuig wees, anders is en bly hy `n dooie en blinde leraar!

[8] Want `n leraar wat in My Naam waaragtig en in oortuiging onderrig, het meer nodig as kennis om die Skrif te lees en dit vervolgens aan ander mense voor te lees. Ek sê vir julle: die letter is dood en ook die een wat hom maar net lees, terwyl hy dit self nie begryp nie en dus ook nie daarvolgens handel nie, sodat hy in die gees sal ontwaak en tot die lewe kom; die gees alleen maak lewend en gee die regte begrip en die daadkrag.

[9] Soos julle ook nou deur God onderrig is, moet in die hele verdere toekoms ook elke ware leraar eers deur God onderrig wees, voordat hulle `n goddelike amp op hulle neem; want as `n mens, in watter vak dan ook, `n goeie arbeider wil word op die vlak van `n meester, moet hy dit tog eers wel van `n meester in die vak leer. By die vak egter, waar dit om die belangrikste en mees heilige van elke mens gaan, is Ek alleen die Heer. Wie dus die mens daarin met die korrekte resultaat wil onderrig, moet dit dan ook eers van My leer!

[10] Daarom sê Ek vir julle dat diegene wat in julle voetspore sal tree en die amp wat Ek julle nou toevertrou sal voortsit, goed onderrig moet wees in al die dinge wat Ek julle nou hier toevertrou het. Vir die ander mense is dit egter genoeg dat hulle werklik in My glo, My bo alles liefhet en die naaste soos homself. Want dit omvat alles van Moses, die wet en alle profete; en die resultaat daarvan is die ewige lewe en in die teenoorgestelde geval die ewige dood, waaruit `n siel nouliks tot die lewe sal ontwaak.”

[11] Nou sê die owerste nog: “O Heer en Leraar, ons het almal U baie belangrike lewenswoorde gehoor, begryp en ook innig ter harte geneem; slegs één ding is altans vir my tot nou toe nog nie heeltemal duidelik nie. Wat ons in die amp wat U ons toevertrou het, moet doen en in ag neem het ons van U, die enig ware Heer, nou goed gehoor en geleer; maar hoe sal diegene wat kan, wat later ons amp op hulle sal neem, dit kan doen, aangesien U tog seker nie altyd persoonlik onder ons sal wees nie, soos dit ook nou gelukkigergewys vir ons die geval is?”

[12] Ek sê, terwyl ons reeds die heuwel afloop: “Julle het self nog lank nie alles van My geleer wat julle nodig het, om die amp wat Ek julle toevertrou het, heeltemal goed te kan uitoefen nie, en tog sal julle binnekort sonder My persoonlike aanwesigheid al die res van My leer! Want al is Ek ook met My liggaam as persoon aanwesig soos nou ook, dan is Ek dit egter wel in die Gees van My Liefde, Wysheid, Mag en Krag; en hierdie Gees sal julle altyd leer wat julle moet doen en spreek. Hy sal julle die woorde wat julle moet spreek, in julle hart en in julle mond lê.

[13] En net soos julle ook op hierdie manier deur My Gees in alle wysheid uit God onderrig sal word, sal ook julle ware opvolgers sonder tussenkoms van My liggaamlike persoonlikheid in alles onderrig word. Want waarlik sê Ek vir julle: waar Ek nou spreek en werk, spreek en werk My Gees ook alleen, God is soos die Vader in ewigheid, en nie My liggaamlike persoon nie, wat eers ontbind moet word om geheel en al in die heerlikheid van die Vader binne te gaan.

[14] En as julle dit nou weet, sal julle nou ook goed begryp hoe `n mens ten behoewe van die ewige lewe altyd deur My onderrig kan en sal word, ook sonder hierdie liggaamlike persoonlikheid van My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205