|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 177
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die merkwaardige verskynsel op die eiland Patmos
177 Ek sê: “My vriend, jou vlees het dit nie vir jou geopenbaar nie! Maar laat ons hier voorlopig nie meer daaroor praat nie; later sal ons wel weer daarop terugkom! Maar vertel ons nou, Kado, oor `n gebeurtenis wat jou twee jaar gelede op Patmos oorgekom het!”
[2] Toe Ek dit vir Kado sê, sê hy: “Beste Heiland, Heer en Leraar, wat my drie keer agtermekaar op Patmos oorgekom het, en wel veral op ons groot landgoed, wat op sigself wel baie gedenkwaardig en opmerklik is; maar elke woord uit U mond is tog nog onuitspreeklik baie gedenkwaardiger en opmerkliker as duisend sulke belewenisse soos die van my, hoe goed en waarheidsgetrou dit ook vertel word. As ek die gebeurtenis enigsins uitgebreid sal vertel, ontneem ek U die tyd waarin U ons in U barmhartigheid baie meer lewewekkende dinge kon skenk!”
[3] Ek sê: “Die vernaamste het Ek al vir julle gesê en vir baie ander dinge sal daar ook nog tyd gevind word; want ons het vyf uur tyd, voordat dit nodig sal wees om ons ledemate ietwat rus gee. Jy kan ons jou belewenis dus baie openhartig en uitgebreid vertel, want Ek weet dat jy `n goeie spreker is.”
[4] Kado sê: “Omdat U, o Heer en Leraar, dit wil hê, is dit so in U Naam! Om hierdie saak vir alle aanwesiges aanskouliker en duideliker weer te gee, sal dit nodig wees om ook iets meer te vertel oor die gebied, waar die wonderbaarlike my oorgekom het, aangesien sommige van die aanwesiges hulle waarskynlik geen voorstelling kan maak van die eiland, wat vir die grootste deel nog in ons besit is. En nou dus ter sake!
[5] Die eiland waarvan hier gespreek word, behoort weliswaar tot die klein soort, maar is groot genoeg om `n paar honderd aktiewe mense baie goed te voed. Weliswaar is die eiland, net soos baie ander Griekse eilande, bergagtig, maar dit is vrugbaar, wanneer dit goed bewerk word. Die wyn is goed, en ook die vye, dadels en nog `n groot aantal ander boomvrugte. Met die akkerbou en die veeteelt sien dit nie so goed daaruit nie; maar in plaas daarvan is die visvangs rondom die hele eiland baie ryk. Dit was nou net `n algemene oorsig van die eiland Patmos.
[6] Ons vernaamste grondbesit op die eiland is in die suidooste. Dit is `n klein dorpie, wat heeltemal langs die see gebou is, wat `n klein inham daar het. Land inwaarts agter die dorp verhef `n gebergte homself, wat nie hoog of steil is nie, en wat vir die merendeels met wynstokke en olyfbome beplant is; aan die oostekant word dit ietwat hoër, en waar dit heeltemal tot aan die see reik, is dit hoog en loop dan taamlik steil af na die see.
[7] Op hierdie hoogte is `n ou en nog buitengewone stewig geboude toring, wat ook ons eiendom is; dit het ons gedeeltelik verander in `n baie aangename woning, en die onderaardse, baie ruim kelders daarvan was tot `n wynkelder omgebou.
[8] Die toring was waarskynlik nog deur die Fenisiërs gebou. Waarvoor hulle dit wel gebruik het, is wel ietwat moeilik te raai, aangesien hy, te oordeel volgens sy vorm, oftewel `n vuurtoring of `n tempel, of miskien `n soort gevangenis vir misdadigers en kon net so goed ook `n depot of bewaarplek van allerlei soort geroofde goedere gewees het. Kortom, dit behoort nou al tot `n gryse verlede, en dit sou nouliks die moeite werd wees om die rede te ontrafel, waarom die Fenisiërs wel ons toring ooit gebou het.
[9] Maar, soos ook gesê is, bied hy nou deur sy nuwe voorkoms ten eerste `n pragtige uitsig tot ver oor die land en see en dien hy daarom tot `n baie aangename woning, en ten tweede dien hy vir die bewaar van wyn en ook ander vrugte. Op die hoogste punt is `n groot ligskottel van brons geplaas, wat in die donker en stormagtige nagte met pik en naftaleenolie gevul en aangesteek word, sodat skippers in nood, reeds van ver kan sien in watter rigting hulle moet koers om `n veilige en bykans nooit deur storms geteisterde inham te kan bereik. Dit was `n noodsaaklike beskrywing van die gebied, en nou kan ek dan ook wel begin met die vertel van die seldsame gebeurtenis wat ek meegemaak het.
[10] Twee jaar gelede, so ongeveer gedurende die jaargety, bevind ek my met my gesin en enkele dienare op die beskrewe plek en het die grootste en beste deel van die goeie oes onderdak gebring. En aangesien ons na die gedane arbeid `n goeie rus vir ons geneem het, rus ons dan ook op `n mooi aand op die ruim stoep van ons toringhuis en kyk vandaar na die see met haar golwespel, die vissersbote wat op die see ronddobber, waarvan daar ook enkeles met hulle vangs stewig na die oewer roei, en so was daar by die ondergaande son nog baie besondere dinge om na te kyk, wat ons see steeds in ryk mate opgelewer het.
[11] So sit ons baie vrolik bymekaar, totdat die nag met sy sterregewaad hom heeltemal oor die see en die land uitgestrek het. Die see word toe ook so volkome rustig dat ons ver weg in haar rustige spieël die sterre byna net so suiwer sien straal as wat hulle aan die hoë en wye uitspansel te sien was. Omdat dit nou ietwat koel begin word het, gaan my gesin die huis binne; ek self bly egter nog met `n paar dienare op die stoep en praat met hulle oor allerlei sake en besigheid, wat die volgende dag sou gebeur.
[12] Toe ek nog so in gesprek was, maar intussen my blik tog oor die wye rustige vlakte van die see laat dwaal, om te sien of daar nie hier of daar iets te ontdek is, waar `n mens meer aandag aan sou kon wy nie, sien ek vanuit die ooste `n sneeuwit wolkie wat vinnig op ons eiland afkom. En hoe nader dit kom, hoe helderder en groter word dit. Baie naby die eiland word dit so helder dat die see deur die lig daarvan in die wye omtrek so sterk verlig was, dat mens alles baie noukeuriger kon onderskei soos by die lig van die vol maan.
[13] Toe die genoemde wolkie die eiland heeltemal bereik het, verhef hy homself skielik tot op dieselfde hoogte as ons toringhuis. Op die oomblik dat hy homself verhef het, was dit egter hemelsbreed nog so ver van ons toringhuis verwyder dat mens `n uur nodig sou gehad het om die plek te bereik waarbo die verligte wolkie, wat nou rustig swewend stilstaan, hom bevind het.
[14] Die wolkie staan egter maar `n kort tydjie stil; daarna begin dit nogmaals te beweeg, dit kom reg op ons toringhuis af, wat my en my twee dienare geen aangename gevoel gee nie, en ons ag dit raadsaam om so vinnig moontlik die huis in te vlug en af te wag wat daar ten slotte alles nog uit die verskynsel sou voortkom.
[15] Ons het nog maar nouliks die groot kamer bereik, of die wolkie was al by die toringhuis en versprei deur sy sterk straling `n byna daghelder lig in die hele huis, wat heeltemal deur die wolkie omhul was. Ons was in die huis, almal baie moedige en baie koelbloedige mense, en tog durf niemand na buite gaan om te ondersoek wat daar tog aan die gang was met die wonderlike wolkie nie. Ja, nuuskierigheid en veral my weetgierigheid spoor ons aan om na buite te gaan en te ondersoek hoe ver die wolkie hom oor die huis uitgesprei het, maar tog kon ons ons vrees sover bemeester dat ons ons nuuskierigheid en weetgierigheid kon bevredig.
[16] Die wonderlike wolkie bly nou onveranderlik om ons huis hang en beweeg nóg na links nóg na regs, en ons word baie bang, sodat ons die aandete wat gereed gestaan het, nie durf gebruik nie.
[17] Een ou, troue dienaar van my huis, wat baie vertroud was met die see en die uiteenlopende verskynsels daarvan, sê na `n lang nadenke: “Daar skiet my iets te binne! `n Skipper uit Palestina, wat hier aanlê en wyn en soet water in sy skip laai, het my `n jaar gelede vertel dat dit nou in die ryk van die Judeërs lyk asof die ou god Zeus, saam met alle ander gode, die Olympus wil verlaat en daar êrens sy woonplek wil oprig.
[18] Hy, die skipper, het in `n plek in die ryk self mense gesien en hulle ook dopgehou - en hy vertel: wat hierdie mense maar wil en uitspreek, gebeur dan ook onmiddellik. Slegs deur die woord genees hulle die mees kwaadaardige siektes, blindes word siende, dowes hoor, lammes en kreupeles en jiglyers, jonk en oud, kry regte ledemate en spring rond soos herte en gaselle, en selfs gestorwenes kry `n nuwe lewe. Behalwe dit, word daar nog duisende ander nooit gehoorde wonderdade verrig, net deur die wil en die woord van hierdie godsmense.
[19] Wie kan hierdie mense anders wees as alleen die hoë gode?! Die aardse mense het in ons tyd alle geloof in die gode verloor, en die aansienlikes het hulle al sedert `n lang tyd in die arms gewerp van verskillende filosowe en wysgere en alle bestaan van die gode tot `n inhoudlose fabel gemaak, wat selfs vir die gewone volk nouliks meer deug; maar die hoë gode het hulle nou waarskynlik weer eens opnuut ontferm oor die blinde en ongelowige mense en het nou in die nog mees gelowige ryk van die Judeërs in mensegedaantes na die aarde neergedaal, om hulle te toon dat hulle, ewig bly bestaan, ondanks die feit dat hulle nou al deur ontelbaar baie wysgerige ateïste volkome geloën word. Baie Grieke en Romeine reis nou daarheen en oortuig hulle nou self van hierdie wonderbaarlike waarheid.
[20] Wel nou - spreek my ou, troue dienaar verder, - kan dit nie so wees dat die gode, wat nou in die ryk van die Judeërs setel, ons in die ligte wolkie een of ander beskermgees gestuur het, omdat ons tog nog iets van die ou geloof besit en dit ook, vir sover moontlik, nog beoefen, om sodoende ook aan ons `n teken te gee van hulle bestaan op aarde? Dit is nou so my mening en dit kan ook tewens as `n volle waarheid beskou word, omdat die verhaal van die skipper my nou vir die eerste keer sedert `n jaar gelede, te binne geskiet het, terwyl ek my dit andersins waarskynlik nouliks nooit weer sou herinner het nie. Die wolkie het kennelik my herinnering wakker gemaak.”
[21] Toe my dienaar uitgepraat was, skep ons moed en gaan na buite om ons wolkie te bekyk. Maar ons was nog maar nouliks buite, of die wolkie verhef homself en trek hom weer baie vinnig terug na waar dit vandaan gekom het. Ons kyk die wolkie net so lank agterna, tot dit in die verte heeltemal uit ons oë verdwyn. Daarop gaan ons nadenkend gestem weer die huis binne, eet welgemoed ons maaltyd en begewe ons daarna spoedig ter ruste.”
|
|
|
|
|