Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer met Syne op die heuwel Aralot

188 Soos gewoonlik was ons ook hierdie keer reeds voor sonsopkoms op die been en gaan dadelik na buite. Die herbergier en sy seun Kado, wat ook al op was, merk dat Ek en My leerlinge na buite gaan, en daarom kom Kado My ook vinnig agterna en vra My om nie te vertrek voordat Ek met My leerlinge `n goeie bereide oggendmaal genuttig het nie.

[2] Ek sê vir hom: “Dit sou Ek ook gedoen het, as jy My nie agterna gekom het nie; maar omdat jy dit uit liefde vir My doen, is dit `n ware vreugde vir My hart en daarom nooi Ek jou ook nou uit om saam met ons die heuwel op te gaan. Op hierdie heuwel het Joshua eens gestaan, die profeet wat die volk van Israel die beloofde land binnegelei het, met die ark van die verbond, en deur middel van `n magtige basuingeskal vernietig hy hierdie stad, wat in daardie tyd groot was en omring deur `n nagenoeg onverwoesbare muur en haar magtige inwoners en soldate, wat heidene was en bose afgodery bedrywe het, oorwin en vernietig hy hulle tot op die laaste man.

[3] Ons gaan die heuwel op - en dit lê nie so ver hiervandaan nie, omdat die huidige Jerigo hom nader aan die heuwel bevind as die oue, wat meer as honderd keer so groot was as die huidige; dit dra weliswaar die ou naam, maar besit van die ou Jerigo niks anders as enkele ruïnes nie. Vanaf die heuwel sal Ek julle die ware plek en die omvang van die ou Jerigo laat sien!”

[4] Kado sê: “O Heer en Leraar! Dit is werklik teveel van U goddelike barmhartigheid vir My, sondige heiden! Maar aangesien U nou eenmaal so barmhartig wil wees, wil dan ook barmhartiglik toestaan dat my vader saam met ons gaan; want hy is `n groot vriend van sulke dinge, wat verlore gegaan het in die gryse oudheid deur die alles vernietigende tyd. Daarom gaan ek hom nou dadelik haal.”

[5] Ek sê: “Dit is nie nodig nie, want kyk, hy kom ons al agterna, en die een wat Ek gister siende gemaak het, loop saam met hom!”

[6] Kado merk dit ook dadelik op en word baie bly; ons loop op ons gemak verder en beide het ons dan ook weldra sonder moeite ingehaal.

[7] `n Halfuur later bevind ons onsself al op die genoemde heuwel, waarvan die voet, begroei met olyfbome, eiendom van ons herbergier was, en waar mens vanaf die hoogste punt aan alle kante `n wye uitsig gehad het.

[8] Toe ons met almal onsself bo-op die heuwel bevind, waar baie plek was, gaan Ek op `n klein rotsblok staan wat midde op die heuwel lê en presies `n halwe manslengte hoog was, en op die punt, waar alle aanwesiges My goed kon sien en hoor, sê Ek: “Luister! Op hierdie klip, waar Ek nou op staan, het My kneg Joshua eens gestaan! Dit is weliswaar nie vir die mens van lewensbelang nie, maar tog doen dit geen enkele siel kwaad as hy tuis is in die geskiedenis van die oudheid nie, want `n siel wat goed tuis is in die geskiedenis van die tye en volkere, sal nie so maklik tot bygeloof verval soos `n siel, wat geen korrekte kennis het van die oudheid en daarom alles oftewel na die ryk van die fabels verwys, wat vir haar geen waarheid is nie, oftewel na die terrein van die bygeloof, waarvan `n mens dan weldra maklik alles letterlik aanneem, wat hy êrens besonders gehoor het.

[9] En kyk, so gaan dit nou met die meeste Judeërs, waarvan sommiges Joshua as `n mitiese figuur beskou het en onder mekaar gesê het dat hy in werklikheid glad nooit bestaan het en waarvan weer ander blinde-, lig- en kleingelowiges die geskiedenis van hierdie profeet heeltemal letterlik aanneem soos wat dit ook in die boek geskrywe staan. Maar ook dit is `n ewe groot dwaasheid, waaruit al hele groot twispunte en allerlei ongeloof, bygeloof en `n groot aantal dwalinge voortgekom het!

[10] Soos baie van julle ook sal weet, het Joshua, toe hy die Israeliete onder voortdurende geleide van die Heer vanuit die woestyn die beloofde land binnegelei het, het hy `n groot aantal tekens en wonderwerke gedoen; ten eerste is dit feitlik waar, maar ten tweede het sy leiding en dade tewens `n geestelike sin, wat nou helaas deur geen enkele Judeër meer begryp word nie. Daarom word daar dan ook oral deur die Fariseërs oor die handeling en die dade van Joshua soveel onsinnighede verkondig en geleer; dit is dan ook te verstane dat Judeërs wat enigsins helderder dink, hulle herhaaldelik erg gestamp het aan die leer van Moses en die profete. Daarom het Ek julle nou dan ook na hierdie heuwel en weer na hierdie plek gebring, waarop Joshua by die verowering van die ou stad Jerigo sy eerste groot wonderdade verrig het, soos die Gees van die Heer hom ook gebied het.

[11] Kyk! Daar lê die heuwel Aralot, en die plek waarop ons nou staan heet Gilgal, en is dieselfde plek waar Joshua volgens die gebod van JaHWeH die kinders van Israel vir die tweede maal met klipmesse besny het!

[12] Hierdie rots, waarop Ek nou staan en vir julle die ou geskiedenis weer in herinnering roep, bestaan uit die twaalf klippe, en net soveel priesters, toe die volk met droë voete die Jordaan oorgetrek het, uit die middel van die Jordaan hierheen gebring het en dit as teken van die wonderbaarlike leiding deur God se mag hier geplaas en saamgevoeg het op die manier soos wat hulle ook nou nog steeds daar is. Daardeur gee Joshua die volk simbolies te kenne dat die twaalf stamme van Israel, voorgestel deur die bymekaar gelegde en saamgevoegde twaalf klippe, ook `n vaste liggaam vorm en so as `n verenigde en magtige volk onder die wette, die beskerming en die leiding van God as `n oordeel teenoor alle heidene moet staan en ook as `n harde rots, waaraan almal hulle kan stamp wat in stryd met God se wil handel.

[13] Sien! Presies op die punt het Joshua die ark opgestel. Deur hom sewe maal rondom die ou stad Jerigo te dra stort tydens die sewende keer se dra, op die sewende dag, by die geweldige geskal van die basuine die mure van die stad in. Vervolgens dring die Israeliete die stad binne en slaan op God se bevel alles met die swaard neer wat daar leef, behalwe die hoer Ragab, wat op God se bevel saam met haar huis en verwantes ontsien moes word; want sy red die spioene wat Joshua na die stad gestuur het van die vervolging deur die heidense koning, deurdat sy hulle goed in haar huis verberg!

[14] Op hierdie heuwel word ook al die goud en silwer en alle edelstene, wat die Israeliete uit die verwoeste stad gehaal is, ter ere van God voor die ark van die verbond neergelê, en ook deel Joshua op hierdie heuwel alle Israeliete die gebod mee, volgens die wil van God, dat die verwoeste stad nooit meer opgebou moes word nie, en dat die een wat dit tog sou doen en die werk sou begin om dit aan te pak, deur God daarvoor gestraf sou word. - En so weet julle nou wat hierdie heuwel se betekenis is. 

[15] En op dieselfde plek waar die ark eens gestaan het, staan nou in lewende lywe Die Een wat as `n magtige vors met `n swaard in die hand na Joshua toe gekom het en vir hom gesê het: “Joshua, trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan is gewyd!” Toe eers besef Joshua wie die magtige vors was en het hy Hom daarom ook aanbid. 

[16] Julle weet nou ook almal wie Ek is, en niemand van julle aanbid My nie. Julle sou dit wel wil doen, maar Ek wil dit Self nie hê nie, omdat Ek julle op `n hoër lewensplan stel as waar Joshua in al sy mag ooit gestaan het en omdat Ek elke gebed met die lippe verafsku; want van nou af aan is die liefde tot God en tot die naaste die enigste gebed wat vir My aangenaam is, waarop Ek let en na luister!

[17] En so weet julle nou in kort wat se heuwel dit is, en nou kan ons ons blik na die weste rig en daar die groot woeste vlakte sien, waar die ou heidense stad eens gestaan het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205