Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die korrekte boetedoening

42 Almal sê: “Ja, waarlik mees wyse Heer en Leraar, die ware en volmaakte boetedoening is en bly dus die enigste egte geneesmiddel vir die siel (sacramentum), en al die ander is niks en het geen lewenswaarde nie. Dit sien ons nou almal goed en baie suiwer in. Maar wat dink U, o Heer en Leraar, van die streng boetedoening in sak en as? Is die sak en die as noodsaaklik by streng boetedoening?”

[2] Ek sê: “Dit is net so min nodig as wat dit nou van julle kant ook nie nodig was om My daarna te vra nie, aangesien Ek julle tog al voldoende duidelik gesê het, waaruit die ware en by My enige waardevolle boetedoening van `n sondaar bestaan. Wat vir `n heiliging moet sak en as die mens dan bied vir sy siel? Sak en as was by die oues ingestel as simboliese beelde, waaronder die korrekte boetedoening verstaan moes word; want die sak staan vir die uiterlike deemoed en die as vir die ware innerlike deemoed van die siel. Maar enkel die dra van `n sak en die bestrooiing van die hoof met as het `n mens ewemin heiliging gebring as vas en kastyding, - net soos `n soldaat, wat uit angs en vrees vir die vyand in `n veilige gat wegkruip in plaas van om moedig `n geveg met hom aan te gaan, baie waarskynlik nie met `n oorwinningskrans gekroon sal word nie.

[3] Daarom: weg met sak en as, weg met die kastyding en vasting, en weg met die offer van bokke en weg met alle ander tempeloffers ter wille van die vergewing van sonde; want dit het vir My nie die minste lewenswaarde nie! Maar in plaas daarvan moet mens `n vaste en onbuigsame wil tot waaragtige innerlike verbetering van die lewe aan die dag lê asook `n lewende liefde tot God en die naaste, en die ten volle geloof in God en Sy menswording in My; want slegs dit wy die mens en maak die siel sterk en geheel en al lewend in My Gees, wat in haar heers!

[4] Bly daarby, en onderrig dit ook aan alle ander volkere, dan sal julle My die dreigende oordeel oor alle heidene in latere tye bespaar; maar julle moet nie sidder en bewe vir die mense nie, maar met goeie en moedige wil hulle openlik die volle goddelike erns van die waarheid verkondig! En ook al sal julle nie heeltemal in staat wees om in `n kort tyd die hele heidendom afdoende en suksesvol te bestry nie, die suiwer waarheid sal in latere tye baie goed daartoe in staat wees. Want die groot oordeel oor die ryk van die leuen deur My aangekondig sal bestaan in die oorwinning van die waarheid, en dit sal geen ander waarheid wees as wat Ek julle nou hier verkondig het nie.

[5] In die tyd sal Ek weer manne en selfs maagde opwek, wat die mens hierdie waarheid ewe suiwer en helder uit My mond in hulle hart sal deurgee asof Ek dit nou Self met My liggaamlike mond aan hulle verkondig, en die waarheid sal vir alle blinde heidene die magtige en onverbiddelike regter wees.

[6] Dus geen sak en geen as meer nie, maar in alles die volle waarheid en `n vaste wil!

[7] En so, My leerlinge en vriende, het Ek nou volkome duidelik en nie in beelde tot julle gespreek nie, en eweso dien julle dit ook duidelik te verstaan en te begryp, en wel deur die daad; want die weet alleen het vir die siel weinig of heeltemal geen nut nie! Wie egter deur die daad van die waarheid `n egte offer bring, die sal die ewige lewe ontvang.

[8] En sê My nou nogmaals, of daar nog een of ander duistere domheid op julle druk, en of julle hierdie heldere woorde van My ook volgens die volle waarheid begryp het! Ek vra julle dit egter nie omdat Ek nie sou weet hoe en of julle dit alles begryp het nie, maar Ek vra dit alleen sodat julle julleself in julle hart ook self sal afvra, hoe die waarheid daar in jouself uitsien; want alleen dit behoort tot julle eie lewe. En nou kan julle nogmaals spreek!”

[9] Almal sê soos uit één mond: “O Heer en Leraar, ons het nou alles wat U ons uitgelê het goed begryp, en sien ook die volle waarheid in van wat daar gesê en uitgelê is! Ons sal dit daarom ook mettertyd uitvoer, in die eerste plek vir onsself, en sal dit so ook getrou meedeel aan die ander mense wat van goeie wil is. Maar ons betwyfel nietemin sterk of hierdie goue helder waarheid wel vreugdevol deur die baie blinde mense aangeneem sal word as dit wat dit in feite is. Want wie siende is, sal dit ook seker steeds vreugdevol bely by die aanbreek van die dag; maar vir volkome blindes is nag en dag nagenoeg gelyk. 

[10] Daar is nou egter `n baie groot aantal mense wat na die gees volkome blind is en hulle slegs gelukkig voel in die ou geheimsinnige seremonies en teenoor God, wat hulle nog nooit leer ken het nie en dink dat die mense sondig wanneer hulle die een of ander van die ou gebruike sou moet opgee en sodoende die ou mens as `n ou, half vergane kleed sou uittrek en `n geheel nuwe kleed sou aantrek.

[11] Met sulke mense sal moeilik te praat en te handel wees, wat maklik te voorsien is; want wie nie reeds langs die weg van baie ervaringe tot `n helderder denke gekom het nie, sal hierdie verligtende waarheid dan ook nie as sodanig geheel in sy hart opneem nie, maar aan ou vasgeroeste gewoontes bly hang en die ou misterieuse, ou sedes en gewoontes beskou as `n hoog bo alles in ere te hou godsdiens en hierdie nuwe, verligtende waarhede uiteindelik as kettery beskou en jou verag en vervolg. En so sal dit moeilik word om hierdie verligtende waarhede aan die baie blindes te verkondig en hulle by te bring dat dit ook vir hulle geld.

[12] So bestaan daar by die Judeërs `n ou gewoonte, waarvolgens elkeen teenoor `n priester `n belydenis moet aflê, sodat hy sowel hulle sonde as hulle goeie werke ken, dit teenoor mekaar afweeg en vergelyk, om aan die hand daarvan ter versoening van die sonde die boetedoening en die reinigingsoffers vas te stel. Die een wat homself nou so aan `n priester getoon het en vervolgens ook dit gedoen en volbring het wat hom deur die priester opgelê was, beskou homself daarna as volkome gereinig en voor God geregverdig; maar as mens hom van naderby beskou, dan is en bly hy na `n dergelike reiniging nog altyd heeltemal dieselfde onverbeterlike mens en begaan hy tot sy volgende bieg nie net weer die ou sonde nie, maar dikwels ook nog `n paar nuwes, en daaruit blyk duidelik dat die ou reinigingsgebruik die mens nie alleen nie beter nie, maar eintlik nog slegter maak as wat hy voorheen was.

[13] Maar as jy sou probeer om teen hierdie ou onsin op te tree en te onderrig, sal jy moet vlug as jy nie gestenig wil word nie! - Wat het U, o Heer en Leraar, daaroor te sê?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205