|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 109
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die Heer verlaat Bethanië
109 Toe ons die oggendmaal reeds vir meer as die helfte agter ons gehad het, kom die tempeldienare, wat hulle vroue en kinders besoek het, en Lasarus wys hulle `n oop tafel aan en laat bring wat ons het, en hulle eet en drink.
[2] Maar toe ons heeltemal klaar was met die oggendmaal, kom die tempeldienare, wat hulle oggendmaal ook beëindig het, na My toe en verontskuldig hulle vir die besoek aan hulle vroue en kinders en vra My of Ek nie ook hulle wou besoek en seën nie.
[3] Maar Ek sê vir hulle: “Luister, wie in My glo, My woord aanneem en daarvolgens leef en handel, het ook My seën in oorvloed; streef daarom daarna dat julle vroue en kinders, wat nou nog sterk aan die los seremonies van die tempel hang en My en My leerlinge heimlik as ketters teen die tempel beskou, ook in My glo en volgens My leer sal handel, dan sal My seën hulle ook ten deel val! Maar soos dit ook nou nog hier met hulle gesteld is en hulle maar net daaraan dink dat hulle seuns hopelik ook gou tot die aansienlikes van die tempel sal behoort, is Ek werklik nie begerig om na hulle toe te gaan en hulle spesiaal te seën nie. Gaan maar en onderrig hulle eers, dan sal môre wel sien of hulle al vir My seën ryp is! Julle kan vandag hier bly en die saak met julle vroue en kinders bespreek. As Ek vanaand weer hierheen terugkom, kan julle ook weer na My toe kom!”
[4] Toe Ek dit vir die paar tempeldienare gesê het, vra hulle My waar Ek die dag sou heengaan, sodat die een of die ander My in geval van nood agterna sou kon kom.
[5] Ek sê: “Ten eerste sal daar by julle absoluut geen noodsituasie intree nie en ten tweede bly RafaEl hier vanweë die jonges, en julle kan hom om raad vra; daarom hoef julle nie te weet waarheen Ek vandag sal gaan nie. Maar as Ek terugkom, sal julle wel hoor waar en hoe Ek gewerk het.”
[6] Met die antwoord was die tempeldienare tevrede, bedank My daarvoor en begewe hulle weer na hulle vroue en kinders.
[7] Daarop sê Ek vir die orige aanwesiges: “Wie My graag wil volg na waar Ek nou heen gaan, volg My!”
[8] Op hierdie uitnodiging van My staan almal op en maak hulle gereed vir die reis. Ook Maria van Magdala vra of sy My mag begelei.
[9] Ek sê: “Dit staan jou vry; maar Ek sien liewer dat jy hier bly by die susters van Lasarus en hulle help met die bedien van die gaste, wat deels al hier is en deels vandag nog sal kom. Maar as daar gaste uit Jerusalem en ook uit ander plekke hier aankom en na My sal vra, sê dan nie waar Ek is nie, dan sal hulle weer net so verder reis soos hulle gekom het!”
[10] Maria van Magdala bedank My vir hierdie woorde en bly by die twee susters; so bly ook Helias met die haar gesin en die arm gesin uit Emmaus.
[11] Maar ons maak ons gereed en gaan eers na die huis van die herbergier in die dal, wat by ons was, saam met die herbergier van die herberg aan die groot heerweg nie ver van Bethlehem nie, wat ook nog by ons was en na My lesse geluister het.
[12] Toe ons by die herbergier aankom, loop alle huisbewoners ons tegemoet, begroet ons en was baie bly om ons te sien. Die vrou vra My of Ek met almal wat by My was, die middag hulle gaste wou wees.
[13] Maar Ek sê: “Vrou, jou goeie wil geld vir My as `n volbringde daad; maar wat jy vir die arm mense sal doen in My Naam, sal ook deur My beskou word asof jy dit vir My gedoen het. Daar sal vanmiddag ook `n groot aantal gaste hierheen kom, en sommiges sal na My vra; maar vertel nie waar Ek is nie, en as iemand julle sal vra waar Ek heengegaan het, spreek dan die waarheid en sê: “Ons weet dit nie!” En dit is ook die rede waarom Ek vandag My leerlinge nie vooraf gesê het waar Ek heengaan en wat Ek sal doen nie. Vir die aand sal Ek ook weer hierlangs kom en `n uur bly. Hou julle nou by wat Ek julle aangeraai het!”
[14] Almal beloof My dit, waarop ons in die dal verder na die suide trek; ons kom baie mense tee, meestal Grieke en ook Egiptenare, wat met allerlei ware via Jerusalem na Damaskus trek: niemand van hulle bekommer hulle oor ons nie en ons kon ons weg dan ook volg sonder om opgehou te word.
[15] Toe ons so ruim `n uur geloop het, vra Lasarus, wat steeds aan My sy loop, My tog stilletjies: “Heer en Leraar! Nou sou U My tog kan sê waar U heengaan. Want ek en almal wat hier is, sal U verseker nie verraai nie!”
[16] Ek sê: “Ons gaan na `n plek naby Bethlehem. Wat daar sal gebeur, sal julle almal daar en op die regte plek sien en te wete kom.”
[17] Lasarus sê: “Dit is wel goed dat ek dit nou ten minste weet. Maar dan moet ons wel vinnig loop; want die weg daarheen is nie bepaald kort nie.”
[18] Ek sê: “Tog sal ons daar op die regte tyd en vroeg genoeg aankom; want dit is vir My moontlik om ook `n lang weg in `n korter tyd af te lê.”
[19] Lasarus sê: “O Heer en Leraar, Ek weet wel dat niks vir U onmoontlik is nie; maar tog vra Ek U, om hierdie enigsins saai weg nie heeltemal swyend te loop nie, en omdat selfs die mees onbeduidend lykende woord uit U mond, My steeds met nuwe krag besiel.”
[20] Ek sê: “Ja, ja, dit het jy baie goed en waar gesê; want My woorde is in sigself ook suiwer gees, krag en lewe. Maar nou loop ons weer swygsaam verder, want weldra sal ons `n troep Romeinse soldate teëkom wat na Galilea gaan, en met hulle sal ons ietwat moeilikheid kry!”
|
|
|
|
|