|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 152
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Oor die goddelike orde op die geestelike lewensweg
152 Die Romein Markus, wat baie aandagtig na elke woord van My aan die hoofman geluister het, kom na My toe en sê: “Heer en Leraar! Ek het die betekenis van U woorde goed begryp en die strekking daarvan diep in my hart ingeprent; maar Ek kan dit tog nie nalaat om hier openlik te beken dat die lewe van die mens onder sulke omstandighede, waarin hy homself moet ontwikkel, absoluut geen grappie is nie. Die reël is vinnig en maklik uit te spreek, maar nie so vinnig en maklik ten uitvoer te bring nie!
[2] U sê dat die mens dit tot `n halwe meesterskap moet bring in die oorwinning van sy sinne en begeertes en ook veral in sy jong jare, waarin hy steeds oorwegend hang van die bekoorlikhede van die wêreld, voordat hy mag hoop dat U hom sal ondersteun en dan tot die volledige meesterskap sal bring. Dat klink weliswaar baie goed en waar en tot op `n sekere hoogte ook maklik en mens sien ook al gou in dat dit volgens U skeppende orde ook wel so sal wees en moet wees. Maar wanneer mens bedink dat dit vir byna elke jong mens, oor wie die bekoringe en verlokkinge van die wêreld steeds `n groter mag het as oor iemand wat al ouer begin te word en die aantreklikhede van die wêreld baie maklik die rug toekeer, wel buitengewoon moeilik is om hom met al sy sinne en begeertes van die wêreld af te keer en met manlike krag die geestelike weg in te gaan en daarop voort te bou. Aangesien dit hier gaan om die allerhoogste en belangrikste van die mens, sou ek tog die volgende vraag wil stel, wat my na my menslike wese van dink verstandig toeskyn, naamlik of dit vir elkeen vrugbaarder sou wees as U, o Heer en Leraar, hom liewer ten tye van sy grootste swakheid helpend ondersteun en hy dit sodoende met U hulp tot die helfte na die lewensmeesterskap sou bring, waarna die bereik van die tweede helfte met behulp van eie lewenskrag en wilskrag nie sulke groot probleme sou oplewer as die bereik van die eerste helfte van die lewensmeesterskap nie.
[3] Ek weet immers uit my hoogs eie lewenservaring, met hoeveel krag die bekoringe van die wêreld dikwels my hele beter denke en wil teen die grond geslaan het, my fantasie opgesweep en my hele gemoed met brandende hartstogte vervul het! Ja, Heer en Leraar, toe sou dit goed gewees het as U kon gehelp het om die onstuimige geweld van my hartstogte in my te temper! Nou temper ek dit met min moeite baie maklik self en op baie punte kom die selfverloëning vanself. Natuurlik is dit geen verdienste wanneer `n mens met sy lewenskrag maar net met klein dwerge van wêreldse hartstogte te kampe het en jy dit daarom ook makliker bestry en oorwin as in die kragtige jeug, waarin `n baie groot leër van gepantserde reuse van hartstogte op die mens afstorm en die swak stryder maklik en volkome verpletter.
[4] Wanneer daar byvoorbeeld in `n kleiner of groter dorp `n huis aan die brand geraak het, dan glo ek dat dit tydens die brand tog hoog tyd is om die een wie se huis aan die brand geraak het, te help blus; want as dit hom geluk om van sy huisbrand self meester te word, en die helpers kom eers daarna, wanneer die grootste gevaar al gewyk het, dan lyk dit vir my dat hulle hulp nie op die regte oomblik gekom het nie! Maar ek wil hierdie vraag van my nie reeds as maatgewend self beantwoord het, deur wat ek nou gesê het nie, en vra U dus vir U mening!”
[5] Ek sê: “My vriend, jy het ook hierdie keer baie verstandig gepraat en het heeltemal gelyk, volgens die aardse wyse van dink en die daarmee saam verbonde wyse van handel; maar Ek ken die mens en sy lewensproses onteenseglik beter as jy of watter ander verstandige mens dan ook, en Ek kan jou en julle almal die saak van die ware lewensontwikkeling dan ook nie anders toon, uiteensit en gee as wat dit ook volgens die volste waarheid is en ook nie anders kan wees nie.
[6] Volgens die aardse verstandige denke van die mens sou in die hele wêreld van die skepsele op hierdie aarde byna alles gekritiseer kan word; maar volgens die hoogste liefde en wysheid van God moet alles so word en wees soos dit nou geword het.
[7] Is dit in `n sekere sin nie vreemd dat God die mens `n swaar liggaam gegee het, wat hy in die eerste plek moeilik en moeisaam moet ronddra en saamsleep en waarmee hy onverwags van `n hoogte kan val en reëlreg die dood kan vind? Sou dit nie verstandiger gewees het om die mens net so `n ligte liggaam te gee as `n muggie nie - dan sou die mens daarmee van die grootste hoogte na benede kon spring en hy sou duidelik geen kwaad oorkom nie, en as hy in die water sou val, sou hy ook nie ondergaan en verdrink nie!
[8] Maar hoe sou dit met so `n mens met so `n ligte liggaam gaan in `n storm of ook by `n enigsins hewige wind? Sou dit hom nie weldra soos `n donsveertjie optel en hom wegdra nie, miskien baie dagreise ver? Hoe sou mens met sulke ligte liggame dan op aarde hulle tuiste hê en kan behou? Sou hulle met sulke ligte en tere hande die sware aarde wel kon verbou en stewige woonhuise vir hulleself kon bou?
[9] Deur hierdie voorbeeld sal julle nou wel begryp waarom `n mens op hierdie aarde `n swaar liggaam moet hê, ook al is hy sodoende blootgestel aan baie gevare, wat hy egter met behulp van sy verstand en sy vermoë tot beoordeling, ook altyd kan bestry en uit die weg ruim, wanneer hy dit maar ernstig wil; want slegs diegene kom in die gevaar om, wat hulle dikwels moedswillig in die gevaar begeef. Maar laat ons ons kritiese beskouing oor die geaardheid van baie skepsele nog ietwat voortsit!
[10] Wat dink julle: is dit verstandig dat byvoorbeeld ontkiemende plante, terwyl hulle nog uiters teer is, hulle bo die grond van die aarde begin te verhef in `n tyd wat meestal nog ru en stormagtig is, en vanweë hulle swakte en teerheid, maar al te dikwels en maklik deur die sterk storms beskadig word en daarna nie tot nut van die mense of diere, tot vrugte kan uitgroei en ryp word nie? Sou dit eintlik nie verstandiger wees om die gewasse dadelik al vanaf die begin so volledig te laat sterk word en uit die grond van die aarde te laat ontstaan dat die ruwe storms hulle dan nie meer kan beskadig, of om in die eerste tyd van ontwikkeling die ruwe en bose storms te gebied dat hulle moet bly rus? Kyk, dit sou die menslike skranderheid tog op baie goeie gronde van die wyse en almagtige Skepper van alle dinge kan laat verlang; want waarom sou julle iets laat ontwikkel in `n tyd, waarin dit wat homself ontwikkel, nog aan duisend vyande en gevare blootgestel is?!
[11] Kyk, so dink en pieker baie duisende mense dikwels met hulle begripsvermoëns en hulle wêreldse verstand; maar daarom kan God tog nie buite Sy ewige orde tree nie en laat Hy voortdurend alles wat ontwikkel, uiterste teer en swak begin, omdat Hy alleen weet en sien onder watter omstandighede die natuurgeeste `n stewiger ontwikkeling en bestaan bewerkstellig kan word.
[12] Maar God beskerm daarby tog altyd die tere ontwikkeling van `n geskape ding en in die tyd van die oes is daar dan tog bykans steeds soveel van alles dat die mens, wat in die besonder vir God liefhet en hulle aan Hom toevertrou, in alle opsigte genoeg het en God ook vir alles dank. Ja, daar kan ook tye en jare wees, wat maer is en die mens dikwels die mees noodsaaklike nie gee nie; maar sulke tye laat die Heer dan net kom, wanneer die mens uit louter wêreldse belang begin om Hom heeltemal te vergeet. Maar vir die mens wat ook in die dae van beproewinge en kwellinge nog aan God die Heer vashou, sal ook in sulke tye gesorg word en sal sekerlik weinig nood lei, wat Ek julle volstrek kan verseker.
[13] En kyk, so sou Ek vir jou op die gebied van die dinge van die natuurlike wêreld nog baie dinge op menslike wyse kan bekyk en kritiseer; maar daarom sou Ek sedert ewigheid die eenmaal bestaande wette van My orde tog nie kan ophef of `n ander vorm gee nie!
[14] En kyk nou verder! Soos dit ook met al die geskapenes gestel is, so is dit volgens My orde ook met die verkryging van die meesterskap oor die lewe van die mens. Hy moet nou eenmaal aanvanklik selfstandig optree en met die wapen wat aan hom gegee is, die afstormende hartstogte op hom begin te bestry. As hy dit doen, sal hy, na gelang die mate van sy oorwinninge daarvan, ook vir verdere en ernstiger gevegte en oorwinninge, hulp deur My verleen word, en so sal hy ten slotte tog, ondanks alle storms wat hom aan alle kante weerstand bied, die doel van die lewe bereik, soos wat jy ook as heiden, wat deur baie hartstogte beleër is, nou tog, deurdat Ek jou tegemoet gekom het deur die egte lewensdoel, al so goed as volledig bereik het. - Het jy dit nou in die korrekte gees in jou opgeneem?”
[15] Markus sê: “Heer en Leraar, Ek glo dat ek die gees van U woorde van die goeie kant, goed in my opgeneem en begryp het! Maar wanneer ek aan ons Rome dink, en in die besonder aan die verwende en wêreldse genotsugtige bewoners daarvan, dan word ek egter bang; want hierdie wêreldse mense ken nou maar net hulle verhemelte, hulle buik, die grootste luukse en het `n onversadigbare drang na genoegdoeninge van allerlei soort. Bowendien is by die meeste die ergste hoogmoed in `n sodanige graad ingewortel, wat die mense van die armer klasse gladnie meer tot die mens reken en met hulle doen wat hulle wil en wat hulle ook maar enige genoë verskaf, hoe onterend en diep beledigend dit ookal is vir die menslike waardigheid.
[16] Dit is nie genoeg dat mense in die groot, meer as ryk huise en paleise voortdurend die een swelgparty na die ander hou en hulle daarby tot waansin toe drink, maar mense sorg daarby ook vir die brutaalste luste vir die oog en strelinge vir die oor. By `n dergelike feesgelag laat mense ook kampvegters kom, wat tot groter vermaak van die gaste, oftewel met die swaard net solank moet veg tot daar één ter plaatse dood bly lê, of daar moet twee atlete net solank met mekaar worstel, tot die sterkste en behendigste sy teenstander sodanig beskadig het deur hom herhaaldelik op die grond te gooi en deur geweldige vuishoue te slaan dat hy daarna baie gou die gees gee; en dan word die kampvegters daar vóór die geveg nog nadruklik op gewys dat jy ten eerste waardig moet veg en dat ten tweede die gesterfde met alle waardigheid moet sterf.
[17] Ja, Heer en Leraar, as ek nou aan alles terugdink en dit naas U goddelike leer beskou, dan kan ek egter nie anders as om bang word nie! En dan bedoel ek eintlik dat by `n volk, wat sedelik so vreeslik ontaard het, waar daar weliswaar in die grond van die saak niks daaraan gedoen kan word nie, U hulp op wonderbaarlike wyse sou moet kom, om dit van vooraf te bewerk, sodat ons vervolgens U woord op `n iets meer bemeste grond sou kan uitstrooi, waar dit met meer sekerheid goeie wortels sou vorm en tot `n seënryke vrug sou opgroei. Want soos daar nou nog ook aansienlike en meer as ryk Romeine is, sal U leer moeilik of heeltemal geen ingang by hulle vind nie, behalwe maar net toevallig in een of ander huis wat gelyk is aan een van ons. Hierdie weldeurdagte bedenking is dan ook die rede, waarom ek so flussies die vraag gestel het.”
|
|
|
|
|