|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 169
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die Heer in die herberg te Jerigo
169 Langs die nuwe weg kom daar egter ook meer volk agter ons aan; want hulle het gesien wat Ek vir die blinde gedoen het, verwonder hulle buitengewoon daaroor en prys God en volg My die stad in. Hierdie stad heet Jerigo, wat die leerlinge eers verneem het, toe ons in die ou stad aankom, wat baie kaal en skraal daar uitgesien het en meer ruïnes, as goeie, bewoonbare huise gehad het.
[2] Toe ons al taamlik by skemering die stad binnetrek, kom die mense, wat ons by die genesing van die blinde agterna gekom het, en wat merendeels bewoners van Jerigo was, na My toe en vra My of Ek nie by hulle sou wil bly nie.
[3] Maar Ek sê: “Dit sal Ek wel doen - maar julle het almal klein huisies en ons is met baie mense hier; bring ons daarom liewer na `n herberg, waar ons opgeneem kan word!”
[4] `n Man sê: “Heer en Majesteit, daar is weliswaar twee herberge; maar die herbergiers daarvan is baie op wins beluste Grieke, wat steeds behoorlik weet om hoe die gaste te pluk, en reeds by die inkom in hulle, nie al te aanbevelenswaardige kamers nie, nadruklik by hulle begin uit te vra hoeveel geld en watter ander skatte hulle met hulle saam voer. En as die reisigers sê dat hulle nie baie geld en nog minder ander skatte het nie, dan word hulle glad nie opgeneem nie. Maar ons het gesien wie U is, en wat se mag aan U deur God gegee is, en dit sou ons daarom spyt as U ook so iets in hierdie stad van ons sou oorkom. Maar ons sal wel ons bes doen sodat U en U leerlinge en vriende by ons so goed as moontlik herberg en versorging vind!”
[5] Ek sê: “Julle goeie wil geld by My al as daad; maar Ek het God se Gees in My en Hy sê My wat Ek moet doen, en daarom moet Ek nou in die eerste groot herberg van die op wins beluste Griek oornag. Aanvanklik sal hy teenstribbel, maar daarna sal hy tog doen wat Ek wil. Maar julle kan My wel daarheen begelei en ook nog `n paar uur by My bly!”
[6] Die man sê: “Heer! U wil dit so hê, en daarom geskied dan ook U wil!”
[7] Hierop trek ons verder die stad in en kom dan ook baie gou by die sentrale plein, waar die groot, duur herberg hom bevind; die herbergier daarvan kom ook weldra na buite en vra ons of ons by hom wil binnekom.
[8] En Ek sê: “Vriend, dit wil Ek graag doen, maar goud of silwer sal jy nie by My vind nie; maar ander skatte, waar jy tot nou toe nog geen vermoede van het nie, het Ek in oorvloed by My! As jy dit sal leer ken, sal jy `n geweldige afkeer kry van jou goud en silwer!”
[9] Toe sê die herbergier, wat hom baie vriendelik voordoen: “Wel nou, kom dan maar binne, want ek kan alles baie goed gebruik!”
[10] Nou gaan ons dadelik die huis binne en neem aan verskeie tafels plaas. Toe ons almal al heeltemal op ons gemak by die tafels sit en op elke tafel lampe aangesteek word, vra die herbergier baie voorkomend wat ons te ete en te drinke wil hê.
[11] En Ek sê: “Brood en wyn het jy wel in voorraad, en meer het ons vandag nie nodig nie. Maar jy moet ons goeie brood en die beste wyn gee; want die wyn wat jy die gaste gewoonlik vir baie geld voorsit, is geen wyn nie, aangesien dit van appels en pere gemaak is, en die wat uit kruisbessies berei is, drink Ek nie. Jy mag ons maar net wyn voortsit wat verkry is uit die goeie, ryp druiwe wat rondom die Libanon groei, en wat jy ook in ruim mate in skoon sakke besit!”
[12] Enigsins verras sê die herbergier: “Vriend, na my beste wete was jy nog nooit in hierdie omgewing nie en jy kan dan ook nie weet watter wyn ek in my kelders het nie! Een of ander burger van hier, wat beslis nie my vriend is nie, en wat my met dergelike dinge wil belaster, moes jou dit verraai het! Vertel my sy naam, sodat ek hom kan straf, dan sal ek julle alles skenk wat julle hier sal verteer!”
[13] Ek sê: “Vriend, jy vergis jou; geen mens het jou verraai nie! Ek weet nog baie meer van jou huis en van jou baie uitgebreide herberg; maar sorg nou maar daarvoor dat ons vinnig die gevraagde kry!”
[14] Die herbergier sê: “Ek het my dienare al `n teken gegee, en alles sal weldra geheel volgens U wens daar wees!”
|
|
|
|
|