Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor ruïnes waar geeste spook

39 (Die Heer:) “My Skrifgeleerde vriend, jy het in jou vraag aan My, gewag gemaak van geeste wat verskriklik tekere gaan in ou kastele en ou plaashuise, en Ek sê vir jou dat dit daar in die besonder in hierdie tye - inderdaad so daarmee gestel is; maar Ek kan jou daarby ook die volste versekering gee dat dit absoluut geen gevaarlike geeste, maar dikwels wel baie gevaarlike en deur en deur slegte mense is, wat in samewerking met heidense magiërs, ook gewese Joodse priesters en ontslane of uit hulleself vertrekte Essene is wat hulle boosaardige spel speel. Hierdie mense het allerlei slegte gespuis in `n goeie betaalde diens en versamel deur roof, moord en allerlei ander, egte duiwelse bedrieglike kunste, groot skatte, en die ou kastele met hulle onderaardse gange is vir hulle uiters geskikte werkplekke vir hulle besigheid.

[2] Wanneer `n argelose mens naby hierdie ware helse neste kom, dan word hy, sodat die bedrog nie aan die lig kom nie, in geen geval in die omgewing geduld nie, maar word hy soveel angs ingejaag deur hulle bose kunste, dat hy vervolgens self die beste beskermer en verdediger van `n dergelike helse nes word; want hy vertel dit aan duisend ander mense van mond tot mond en almal beskou dit as iets verskriklik bonatuurlik, en geeneen van die duisend waag hulle daarna ooit meer in die omgewing van so `n werklike helse nes nie. Maar, soos Ek ook op hierdie vraag van jou dadelik aan die begin al opgemerk het, laat `n goeie gewapende Romeinse leër maar net naby so `n berugte kasteel met spookgeeste kom, dan sal die geeste hulle nie verroer nie, maar so vinnig as wat hulle kan, op die vlug slaan deur hulle geheime onderaardse gange.

[3] Ek sê vir jou: in dergelike deur jou genoemde kastele en ou plaashuise bly maar weinig werklik duiwels geworde mensesiele, wat hulle liggame al lankal afgelê het, maar wel dikwels een van die groter aantal siele van mense wat nog in die vlees hulle meer as duiwelse slegte lewe lei en gewoonlik baie erger is as die absolute duiwels aan die ander kant! Ek dink dat hierdie saak nou deur hierdie uiteensetting wel vir jou helder geword het! Of as jy nog een of ander vertwyfeling het, laat dit ons dan hoor!” 

[4] Hierop kom die Romein Agricola weer na vore en sê: “Aha, is dit wat daar in dergelike neste gebeur? Dis goed dat ek dit ook nou uit die mond van die mees waaragtige getuie gehoor het! Die soort spookgeeste sal ek goed weet om uit te drywe! Ook by ons in Europa ken ek `n groot aantal sulke berugte neste, en aan die praktyke van sulke geeste van vlees en bloed sal spoedig `n einde gemaak word!”

[5] Ek sê: “Dit sal egter beduidend moeiliker met julle gaan as wat dit hier in die land van die Judeërs die geval sou wees; want julle invloedryke heidense priesters is besonder geïnteresseerd betrokke by hierdie bose spel. Solank My leer wat nou aan julle gegee is, geen duidelike vordering gaan maak nie, help dit maar min om die Europese spookneste met geweld aan te vat. Maar die beste middel vir sulke uiterste bedrieglike onsin is voorligting vir die beter deel van die volk; want as hulle dit eenmaal goed weet, hoe dit in werklikheid met hierdie dinge gestel is, dan hoor die gepeupel dit weldra ook, en dit is dan die vinnigste en vernaamste uitdrywer van sulke bose geeste van vlees en bloed.

[6] Wie die voëls wil vang, moet nie dadelik met knuppels in die struike begin te slaan nie, maar hy moet eers die nette span en dan eers die knuppels in die struike gaan gooi, dan sal vele voëls hulleself tegelyk in die nette vang.

[7] Waar bepaalde hoofbeginsels van `n wêreldse regering te nou verbonde is met die bedrieglike priesterdom, daar is in die eerste instansie nie so veel met openlike geweld uit te rig nie; maar in `n latere fase sal dit wel baie goed gebruik kan word.

[8] Maar hier in die land van die Judeërs, en veral in Galilea, het Ek self al `n paar sulke plekke van bedrog vernietig, waaroor Cyrenius julle iets sal kan vertel. Daar bestaan egter nog enkeles, en daarmee sal Ek weldra nog afreken, soos Ek dit ook met die slegte afgodstempel in Samosata aan die Eufraat gedoen het.

[9] Maar by julle in die diep heidense Europa is daar nou niks anders teen sulke spookwerke te doen nie, as net dit wat Ek julle vroeër aangegee het.

[10] Eendag sal Europa vir Asië in geloof verreweg oortref; maar nou is sy oor die algemeen nog baie rou en onryp, omdat sy nog te diep in die allerduisterste heidendom sit en dit ook na baie honderde jare nie volledig sal kan laat vaar nie. Daar sal egter ook vele in My Naam in die volste waarheid staan, maar ook voortdurend meer of minder deur die heidene vervolg word. Maar eers sal Ek `n groot oordeel laat uitgaan oor alle heidene, watter dan ook, en dit sal dan vir alle heidene die genadeslag wees. - Maar nou sal ons die Skrifgeleerde nog laat praat. 

[11] Sê jy nou, My Skrifgeleerde vriend, wat jy nog nie begryp nie! Want as `n ware Skrifgeleerde moet jy die Skrif ook volledig begryp, en dus gee Ek nou aan jou en die ander die geleentheid om in alles, wat nog vir julle onduidelik is, by My die korrekte lig te kry.” 

[12] Die Skrifgeleerde sê: “Heer en Leraar, deur U goedheid en barmhartigheid is alles nou, wat vir My die belangrikste lyk, al volledig opgehelder; maar aangesien Uself so flussies gewag gemaak het van `n allergrootste oordeel oor alle heidene, kan U ons tog ook die tyd van naderby aandui, wanneer dit alles sal gebeur.

[13] Weliswaar het Daniël en Jesaja ook in duistere beelde daaroor gespreek, en U self het twee volledige hoofstukke van Jesaja verklaar, wat daarna verwys, net soos die sekere ondergang van Jerusalem; maar oor `n bepaalde tyd het U niks spesiaal daarby te kenne gegee nie. Aangesien ons egter nou al so baie van U gehoor het, sou U daaroor, en veral oor die laaste oordeel oor die heidene oor die hele wêreld, ook iets nader kan meedeel, net soos oor van watter aard die oordeel sal wees en watter tekens dit vooraf sal gaan. Want sonder bepaalde waarskuwings laat U nooit `n oordeel oor die mense kom nie.”  

[14] Ek sê: “My beste Skrifgeleerde vriend! Jy het werklik `n baie goeie vraag gestel, en Ek sal dit ook vir julle almal beantwoord; maar julle moet vir julle die heidendom in die tyd, waaroor Ek spreek, nie so voorstel as die heidendom nou in hierdie tyd nie. Die afgodstempels van die huidige tyd sal weliswaar al lankal vernietig wees; maar in die plek daarvan sal daar deur die Antichris ontelbaar baie ander gebou word, en dit selfs in My Naam, en hulle priesters sal hulle uitermatig laat eer as My plaasvervangers op aarde en sal hulle inspan om alle wêreldse skatte na hulle toe te trek. Dit sal hulle vetmaak; maar die volk sal geestelik en liggaamlik in groot nood verkeer.

[15] Kyk, wanneer daardie heidendom die oorhand sal kry, sal die groot oordeel ook weldra oor die nuwe hoer van Babilon uitgestort word! Nadere besonderhede sal Ek later aan julle vertel, maar laat ons nou eers ietwat wyn vir ons neem!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205