Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die verhouding tussen God en die mens

128 Ek sê: “Ja, ja, My baie opregte vriend, jy sou met jou skerp opmerking heeltemal gelyk gehad het, as die sake tussen God en die mens so daarvoor gestaan het soos wat jy vanuit jou opgedoene ervaringe, veral van die hele mensdom, nou voor My uiteengesit het; maar die sake staan baie anders en sodoende het jou skerp beskrywing van die verhouding tussen God en die mens geen ander oorsaak as `n volslae gebrek aan kennis van die verhouding tussen God en die mens nie.

[2] God het Sy wil reeds vanaf die oerbegin baie getrou aan die vrye mensdom geopenbaar, dus aan die eerste mensepaar - en die belangrikste nakomelinge van die eerste mensepaar het in permanente verbinding gestaan met God en met die engele, wat voorheen ook as liggaamlike mense geleef het, al is dit dan op `n ander hemelliggaam, en hulle was baie duidelik in alle dinge onderrig en was daardeur dan ook volmaakte mense en hoofde van die hele natuur; want aan hulle wil was selfs alle ander skepsele en ook die elemente onderworpe. 

[3] Maar hulle baie kinders, wat geleidelik verskillende woonplekke op die aarde uitgesoek het en sodoende selfstandig geword het, wou vir hulle die voogdyskap van God en nog minder die van hulle ouers en orige verwante laat welgeval. Hulle het daarna gestreef om ryk en beroemd in die wêreld te word, en toe hulle dit geword het, het hulle ook traag en hoogmoedig geword en het hulle weinig meer bekommer oor God en Sy wil, wat hulle nog baie goed geken het. Hulle het gedoen wat hulle wou. En al het God hulle ook vermaan deur allerlei tugtiging, wat Hy hulle altyd deur middel van allerlei tekens en ook deur wyse boodskappers bekend gemaak het, dan het hulle gelag, God en Sy vermanings bespot en die boodskappers wat na hulle toe gestuur was, mishandel.   

[4] Onder mekaar het hulle vervolgens skole opgerig volgens hulle eie idees. Maar hulle leraars het weldra hulle bekende swakhede uitgebuit en het hulle onderwys so ingerig dat dit die gemeente gevlei het en hulleself hemelhoog verhef het. Sulke leraars het nou leiers van die mense en van `n gemeente geword, en weldra tot magtige konings en was as sodanig ook steeds die eerste grondleggers van afgodery, afgodedom en van blinde bygeloof of ook volkome goddeloosheid.

[5] Maar God het tog daarmee saamgegaan en laat ook onder sulke heidene steeds manne opstaan wat hulle deur leringe en dade die groot ellende toon waarin hulle geleef het, en toon hulle ook die regte weë van die lewe. Maar sulke manne het steeds maar weinig leerlinge gekry en word deur ander volksleraars en priesters en sogenaamde wêreldse geleerdes verag, vervolg en as gek verklaar, en die hooggeplaaste en wêreldse maghebbers wil van sulke deemoedpredikers heeltemal niks weet nie.

[6] Maar wanneer dit nou so is, soos ook teenswoordig die baie voorbeelde, selfs ten aansien van My, maar al te duidelik laat sien - wat moet God dan nog doen vir die mens, om hulle by die lewende geloof in Hom te hou, sonder om ooit hulle vrye wil aan te tas?

[7] Ook hierdie keer, noudat Ek persoonlik onder die Judeërs gekom het om hulle weer om My heen te versamel, het Ek daarvoor gesorg dat Ek in al julle bekende wêrelde aan die mens bekend gemaak word op `n manier wat by elke afsonderlike volk pas. Gaan maar daarheen en vra dit vir die mense en volkere, dan sal jy antwoorde kry waaroor jy jouself sekerlik hoogstens sal verbaas!

[8] Maar jy dink nou - en dit is eweneens volkome onwaar - dat slegs die siele wat van nou af aan `n ewige lewe na die dood sal hê, die is wat nou My woord hoor, in My glo en volgens My leer sal lewe en handel, maar dat alle ander siele vir ewig vernietig sal word.

[9] Vir `n dergelike mening van jou, wat nou ook deur baie ander mense gehuldig word, kan Ek jou op suiwer verstandelike wyse voorlopig net sê dat die lewe van elke mens `n krag uit God is, wat God Self met al Sy almag ewemin kan vernietig as Homself; want as God die lewenskrag, wat alleen uit Hom voortgekom het, sou kon vernietig en verdelg, sou Hy daarmee eers by Homself moet begin, omdat uiteindelik Hyself immers sedert ewigheid alles in alles is! God kan wel alle materie, wat niks anders is as idees wat deur Sy wil vasgehou word, oplos en haar tot die geestelike en onveranderlike laat terugkeer, maar Hy kan dit ewig nie vernietig nie, omdat Hy Homself en Sy ewige heldere gedagtes en idees nie kan vernietig nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205