|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 116
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die hoofman en die herbergier herken die Heer
116 Maar terwyl Ek so met Agricola spreek, het die hoofman, beide sy metgeselle wat by hom in diens was, en ook die herbergier skerp opgelet, en die hoofman sê na die woorde van Agricola: “Heer en Leraar en wonderbaarlike Heiland, soos U nou ook spreek, het ek nog nooit `n mens hoor spreek nie! Ek het die indruk - en wel baie sterk - dat daar agter U iemand anders skuil as wat U in U onskuld blyk te wees! U is seker die groot Man uit Galilea, oor wie Cornelius en enkele ander Romeine my al vertel het? En as U inderdaad Hy is, dan is alles nou vir my duidelik en weet ek self met Wie ons dan tot ons hoogste saligheid te make het. Maar wees nie kwaad vir my nie, omdat ek dit hier geuiter het!”
[2] Ek sê: “O, absoluut nie - maar dit is wel wonderlik dat die heidene die lig vroeër sien as so baie Judeërs, wat tog reeds vanaf die oerbegin tot die lig geroep was! Maar dit is nou soos dit ook is, daarom het Ek al bepaal dat die lig nou van baie Judeërs weggeneem sal word en aan die heidene gegee word. Hulle was vir `n lang tyd blind gewees en het vurig verlang na die lig, en omdat hulle na die lig verlang, sal hulle dit ook vind; maar die Judeërs pronk daarmee dat hulle die enigstes is wat die lig het; nou het hulle egter so blind geword dat dit moeilik is om hulle weer siende te maak.
[3] My woorde is die lig en die lewe en My dade getuig daarvan dat My woorde lewend is, omdat die Gees wat daarin is, geen dooie, maar `n ewiglewende en bo alles magtige Gees is; want voordat daar ooit iets geskape was, was daar al die Woord wat julle nou hoor. Die Woord was by God, en God Self was die Woord. Maar die Woord het nou vlees geword en woon nou onder julle. Ek het na My eiendom gekom, na hulle wat Myne is, en hulle het My nie herken nie!
[4] O, die groot blindheid van die Judeërs, en wel veral die wat in die tempel en die sinagoges sit en hulle op die voorgrond plaas! Wanneer Ek hulle roep, hoor hulle niks, en as Ek hulle die groot lig laat sien, dan kyk hulle nie daarna nie. Daarom, wee hulle op die dag van die oordeel wat oor Jerusalem sal kom! Maar nou niks meer verder daaroor nie!”
[5] Hierop sê die herbergier: “O Heer en Leraar! U blyk enigsins ontstem te wees oor my, omdat ek U nie dadelik dieper herken het nie, soos ook die Romeine U herken het; maar daaraan kan ek tog niks doen nie! Heer en Leraar, sê ronduit dat in U die volheid van God liggaamlik woon, dan sal ek en my hele huis dit glo! Want die tekens wat U doen, kan immers alleen God doen en die mens eers dan slegs enkele oomblikke, wanneer hy deur God se Gees gedurende enkele oomblikke deurdring en gegryp is; want geen mens sou die eindelose mag en krag van God se Gees in homself kan verdra en daarby die lewe behou nie!
[6] Maar wie, derhalwe net soos U, die volheid van God se Gees liggaamlik in homself bevat en dra en ook voortdurend aldus leef en handel, hy is soveel soos God Self. Want as God se Gees deur Sy woord en wil vir ons mens `n liggaam met `n lewende siel kan skep en gee, waarom sou Hy nie vir Homself, as dit Hom sou behaag, ook `n uiters suiwer liggaam kan gee volgens die orde van Sy liefde en wysheid nie?!
[7] Daaruit kan U, o Heer en Leraar, wel haas eindeloos duideliker as ek tot die slotsom kom dat ek tot die Judeërs behoort wat traag van begrip is, maar vinnig en maklik glo wat ek as onmiskenbaar waar herken; word dus nie vir my kwaad daaroor nie, omdat die hoofman as heiden U vroeër herken het as ek, wat `n Judeër is!”
[8] Ek sê: “As Ek vir jou sou kon kwaad word, sou Ek nie na jou toe gekom het nie! Ek het egter al lankal geweet wat jou vandag sou oorkom, en Ek het met hierdie vriende van My hierheen gekom om jou te help! En noudat Ek dit gedoen het, is Ek tog verseker nie kwaad vir jou nie, maar is die beste en grootste vriend van jou. Maar wat Ek so flussies gesê het, geld vir alle Judeërs en alle volkere op aarde en ook vir diegene wat op die sterre woon.
[9] Maar nou wil Ek jou nog iets sê en dan sal jy dit duideliker begryp, waarom Ek nou as die beste en ware vriend na jou toe gekom het.
[10] Kyk, daar naby die stad is taamlik vooraan en nie ver van die weg nie, `n grot, wat nog hedendaags as skaapstal dien! Toe keiser Augustus die eerste volkstelling in die Judese land voorgeskryf het, was Ek daar rondom middernag gebore uit `n jong vrou, wat nooit `n man beken het nie. As herkenningsteken vir die mens, sodat hulle gewaar sou word Wie daar in die vlees van die mens gekom het, gebeur daar groot tekens aan die hemel en ook op die aarde, wat eerste deur julle herders gesien was.
[11] Jy, destyds nog `n herder op die uitgestrekte weideland, wat huidiglik nog steeds julle gemeenskaplike besit is, was een van die eerstes wat na die grot gekom het en die pasgebore Koning van die Judeërs begroet het en aan Hom eer bewys het.
[12] En toe julle die kore van die engele hoor, sê julle vir van die herders wat na die grot gekom het: “Kyk, kyk tog net! Die gesig van die kleintjie straal soos die moreson, en in die grot is dit so lig soos helder oordag! Hierdie is meer as net `n pasgebore koning van die Judeërs! Hy is die beloofde Messias; wat Die Een wat deur alle profete voorspel is! Hy sal vir ons verlossing bring en daarom moet ons Hom aanbid!”
[13] Jy was dan ook die een, wat die ander herders die volgende kort Psalm voorgesing het*: “God is ons barmhartig en seën ons! Hy laat Sy aangesig oor ons straal - sela! - sodat ons op aarde Sy weg kan ken en onder alle heidene Sy heil! U, God, die volkere dank, alle volkere danke U!. Die volkere verheug hulle en juig, omdat U die mens regverdig rig en die mens op aarde regeer, sela. U, God, die volkere dank, alle volkere dank U! Die land gee sy gewas; God, ons God, seën ons! God seën ons en die hele wêreld vrees Hom!” *(Psalm 67)
[14] Kyk, jy het hierdie Psalm destyds gesing, gedrywe deur jou innerlike gees, en wat op My betrekking gehad het, en het naderhand, toe jy na jou vader eienaar van die landgoed geword het, nie ver hiervandaan `n mooi gesnyde klip laat plaas en eiehandig die Psalm daarop geskrywe, sodat hy vir elkeen goed te lese en te herken sal wees, aangesien jy hom met onuitwisbare verf in die Hebreeuse, Griekse en Romeinse skrif en tewens in die drie tale geskrywe het!
[15] Daaruit kan jy nou goed aflei dat Ek jou baie goed ken en dat Ek nie vir jou kwaad is, soos wat jy dink nie, want jy was immers één van die eerstes wat My reeds by My geboorte herken het en My die regte eer gegee het, en so sal jy ook sekerlik nie die laaste wees wat My nou weer sal herken nie!”
[16] Hierdeur word die herbergier tot trane toe geroer en sê: “God, Heer en Leraar! Dadelik toe Ek U gesien het, kom dit voor my gees dat dit so sou wees; maar Ek wou dit tog nie hardop uitspreek nie. Maar aangesien U My nou barmhartiglik daaraan herinner het, is dit wel bo alle twyfel verhewe dat U dieselfde is, vir wie my lieflingspsalm alleen, reeds twee-en-dertig jaar gelede bedoel was. O, wat `n eindelose groot heil het daar nou oor my huis gekom! O Heer, o God! Watter Psalm sal ek U dan nou voorsing?”
[17] Ek sê: “Ons hou dit by die Psalm wat jy die eerste keer vir My gesing het; want dit bevat tog alles wat ooreenkomstig die ewige waarheid is, en Ek is daarmee tevrede!”
[18] Toe vra die herbergier My of hy nie in die huis aan sy vrou, sy geneesde moeder, sy kinders en ook sy geneesde kneg mag vertel, wat se heil daar oor hulle almal gekom het nie.
[19] Ek sê: “Dit doen ons eers na die middagmaal, wat nou nie lank meer op hom sal laat wag nie. Tot dan sal ons egter nog iets anders te bespreek kry.”
|
|
|
|
|