Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Historiese opmerkings oor die Dawidshuis

123 Daarop loop ons deur alle vertrekke, wat met allerlei kosbaarhede versier was.

[2] Toe ons daarna weer in ons eetsaal kom en aan tafel gaan sit, wat nog goed voorsien was van allerlei spyse en drank, en sommiges nog iets eet en drink, sê die Romeine: “Werklik, dit is `n ware koningshuis en dit getuig van die vroeëre grootheid van die Judese volk! Net één ding vra ons onsself af met betrekking tot die geskiedenis, naamlik hoe die huis in die tyd van die Babiloniese oorheersing, wat tog lank na koning Dawid veertig volle jare geduur het, gespaar gebly het! Want soos mens ook kan lees, het die koning van Babilion die land verower en Jerusalem en die tempel vernietig en hulle vervolgens ook meester gemaak van alle skatte van die land en dit na Babilon toe gesleep. Het hy toe niks geweet van die groot skatte van die opmerklike ou koningshuis nie?”

[3] Die herbergier sê: “Volgens die kroniek van die huis het die Babiloniërs die huis gespaar! Want ten eerste het hulle tog hoofsaaklik alleen in die tien stede ingegaan om Jerusalem te keer en ook in Samaria en in Galilea. Hierdie streek rondom Bethlehem, wat destyds nog baie armsalig daaruit gesien het, het hulle meer gespaar en `n matige losgeld geneem; en die bewoners het hulle nie in gevangenskap weggevoer nie, maar het slegs onderdanigheid van hulle verlang, volledige erkenning van die heerlikheid van Babilon en die jaarlikse betaling van `n belasting. Wie gewillig daarmee saam ingestem het, en dit wat hulle verlang het, op die vasgestelde tyd betaal het, was dan met rus gelaat; maar waar die Babiloniërs teen hardnekkige verset gestuit het, was alles natuurlik met die grond gelyk gemaak en huise en stede was geplunder en verwoes. Maar dit was nie in Bethlehem die geval nie en daarom staan die ou Bethlehem nog daar soos dit ook in die tyd van Dawid gebou is, en so ook die huis. Bowendien het God hierdie streek, wat nog altyd aan JaHWeH God die meeste getrou gebly het, ook nie so hard laat teister soos die trotse ou Jerusalem en die tien ryk handelstede nie, wat baie goud en silwer besit het. Dit is, dink ek, dan ook die rede waarom die Babiloniërs hulle hier meer bedees gedra het, as in die ander stede en plekke.”

[4] Agricola sê: “Ja, ja, so sal dit wees; want toe die Babiloniërs heersers oor die groot Judese ryk geword het, kon hulle dit immers redelikerwys nie ontdoen van alle arbeidskragte nie. As hulle dit gedoen en die land ontvolk het, wie moes dan hulle belasting betaal? Maar dat hulle die meeste van die destydse vooraanstaandes as gyselaars in gevangenskap meegesleep het na Babilon, is baie seker en waar, en so kon hierdie plek en hierdie streek, waar die volk hulle rustig en sonder verset oorgegee het, ook meer gespaar gebly het. Ons Romeine, wat as soldate en veroweraars ook beslis nie so barmhartig met die verowering omgegaan het nie, het dit ook gedoen en het ons teenoor `n volk of teenoor `n stad of gemeente, wat hulle openlik en vriendelik aan ons oorgegee het, nooit as vyande betoon nie, maar dadelik as vriende.”

[5] Hierop versoek die herbergier die Romeine om tuis nie te verraai wat hulle hier gesien het nie. 

[6] Agricola sê: “Wees jy nie bekommerd daaroor nie, want die eiendomsreg is vir ons Romeine heilig en ons wette slaan diewe, rowers, moordenaars en verraaiers aan die kruis! Besit daarom geheel onbekommerd wat jy het en wees volgens jou vermoë goed vir die arm mense, soos die Heer en Leraar jou ook aangeraai het, dan sal jy met rus gelaat word; want ons Romeine glo ook in die Heer en in die vervulling van Sy beloftes.” 

[7] Na hierdie woorde van die Romein staan ons van die tafel af op, begewe ons weer na buite en begin ons gereed te maak vir die terugkeer na Bethanië, waarvan die herbergier natuurlik niks wil weet nie. Maar omdat ons tog daarop aandring, vra hy ons om tenminste nog `n uur by hom te bly. Dit doen ons dan ook, praat nog met mekaar oor enkele dinge en begin daarna, begelei deur die herbergier, op die terugweg. Die herbergier, sy vrou, sy kinders en ook sy moeder en die geneesde kneg bedank My nog vóór ons vertrek op die aller hartlikste wyse en vra My om hulle nie te vergeet, wanneer hulle weer sou siek word nie. Dit verseker Ek hulle, gee hulle My seën en laat hulle toe weer gaan, buiten die herbergier, wat, soos ook reeds opgemerk, ons na Bethanië begelei.   


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205