Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

God se openbaringe aan die volkere

196 (Die Heer:) “Daar is geen volk op die hele aarde, waaraan God Hom nie op die regte tyd sou geopenbaar het nie; maar dan moes die ouers volgens God se wil, hulle kinders voortdurend sodanig opgevoed het dat hulle uitsluitlik in die lewende geloof aan die een, ware God gebly het en daardeur ook bly handel het volgens God se bekende wil. Maar omdat die regte deemoed en selfverloëning uit liefde tot God, maar al te gou te lastig geword het vir die mens, soos Ek ook al gesê het, het hulle dit agterweë gelaat en verval hulle tot liefde vir die wêreld en eieliefde. Dit verduister hulle siele, waardeur hulle sodanig met die dooie materie verenig, dat hulle al die suiwer geestelike kwytraak; en daarna was dit vir die valse profete baie maklik gewees om die sterk verduisterde mens nog duisterder te maak as wat hulle deur hulle traagheid, reeds vanaf hulle geboorte was.

[2] As gevolg van die feit dat `n mens `n volledige vrye wil het, oor homself moet beslis en hom geestelik moet ontwikkel, is die traagheid in elke mens vanuit God gelê; maar sodanig dat hy dit met sy wil kan oorwin, wat hom in die begin natuurlik wel baie moeite en net soveel selfverloëning kos. 

[3] As die mens reeds vanaf sy kindertyd tot die regte werksaamheid aangespoor kan word in gehoorsaamheid, deemoed, sagmoedigheid en in die regte selfverloëning opgevoed kan word, sal hy weldra sterk en magtig word in die suiwer en ware kennis van God en in die liefde tot Hom, en God sal Hom dan opnuut aan hom kan openbaar, sonder om sy vrye wil te skaad, waarna daar meer lig en meer lewe in die siel kom; maar omdat die mens nie hulle aangebore traagheid geleer bestry en oorwin het nie, omdat die ouers reeds te laks daarvoor was, stik die mens in hulle noodsaaklikerwys aangebore traagheid, reeds lank voordat hulle ook maar `n poging aangewend het om dit in homself te beveg en te oorwin.

[4] En kyk, so gaan dan die een volk na die ander oor in die nag van die lewe en verloor elke innerlike, geestelike lewenslig! Maar wanneer dit verloor is, hoe kan daar dan `n nuwe openbaring plaasvind? Dan is dit van God uit gesien wyser om so `n volk sonder enige verdere openbaring te laat en dit op te voed en tot werksaamheid te bring deur middel van die bittere gevolge wat uit die traagheid moet voortkom; want eers dan word die mens, deur die nood tot enige nuttige werksaamheid gedwing en kan hulle daardeur weer die vermoë verwerf, waarin God Hom aan hulle kan toon en opnuut kan openbaar, soos dit ook nou die geval is.

[5] En deur wat Ek julle almal, heidene en Judeërs, nou getoon het, sal julle goed insien dat God geen enkele volk van hierdie aarde sonder openbaring gelaat het nie; maar wanneer hulle dit met verloop van tyd kwytgeraak het, dan kom dit altyd alleen deur hulself, soos Ek ook julle laat sien het. En jy, blinde Arabier, sê My of jy dit nou ook goed met jou skerp wêreldse verstand begryp het!” 

[6] Die Arabier sê: “Heer en Leraar, Ek het dit goed begryp en so is dit ook presies soos wat U ook gesê het; maar as die traagheid `n kwaad is wat by die mens aangebore is en dat hy dit met die krag van sy vrye wil moet beveg en oorwin, moet God hom tog ook behulpsaam wees daarby en wel op so `n manier dat die, in homself swak mens, ten minste in `n bepaalde periode van sy lewe makliker heer en meester oor sy aangebore traagheid sou kan word! Want om `n mens in sy traagheid heeltemal ten gronde te laat gaan, sonder dat daar hulp aan hom gebied is, dit vind ek nie so verenigbaar met goddelike liefde, wysheid en erbarming nie! 

[7] Ek sê: “Nou sien jy dit weliswaar nog nie in nie; maar wanneer jy self in die gees gewek sal wees, sal jy ook die rede van dit alles insien en goed begryp. Maar omdat dit nou al middernag geword het en Ek en My leerlinge `n lang reis gemaak het, wil ons ons ledemate die noodsaaklike nagrus gun; en daarmee is die werk vir vandag beëindig!”

[8] Toe die herbergier dit van My hoor en Ek van die tafel af opstaan, bring hy My saam met My ou leerlinge na `n slaapvertrek, waar ons onsself dadelik ter ruste begewe.

[9] Die ander leerlinge, die Essene en die vreemdelinge bly egter nog `n paar uur bymekaar en daar word nog baie gepraat oor My dade en lesse. En die Arabiere word gelowiger en begin in te sien wie Ek was. Maar na `n rukkie oorval die slaap hulle almal en hulle spandeer hulle nagrus aan die tafel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205